Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister

Vervolgens vestig die Prediker ons aandag op wysheid in die beoefening van godsdiens.  Hy fokus op die hart van die Israelitiese godsdiens, die offerkultus in die tempel.

Dit is ook die eerste keer dat hy die leser aanspreek: “Wees baie versigtig …”.  Hy sal dit hierna meer gereeld begin doen, waarmee hy sy self-nagevorsde lewenswysheid in die vorm van onderrig begin uitdeel  (Pred 5:7; 7:9-10, 13-14, 16-18, 21; 8:2-3; 9:7-10; 10:4, 20; 11:1-2, 6, 9-10; 12:1-8, 12-14).

Sy oorwoë mening is dat luister in die tempel meer waarde het as praat – iets wat Jakobus in die NT eintlik in alles situasies aanbeveel (Jak1:19 –“elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie …”).  Luister het meer waarde as offers, veral die offers wat met min nadenke gebring word.  Die rede is dat die fokus op offers jou fokus kan verskuif van die Een oor wie dit in die tempel gaan, na die ritueel waarmee jy besig is. En dan is jy besig met alles behalwe met God, en om van Hom te leer.  “Enter to learn” vertaal Peterson in The Message.

Geen wonder dat Jesus die tempel in die NT skoongemaak het van die handelaars wat die klem op (die geldmaak uit) die offers geplaas het, eerder as die ontmoeting met God in die huis van Sy Vader (Joh 2:13-22).  Daarna kon Jesus sy lering oor die geestelike geboorte aan Nikodemus met gesag oordra, sonder om na die tempel te verwys (Joh 3), sowel as sy lering aanbied oor die aanbidding in Gees en waarheid buite die tempel aan die Samaritaanse vrou (Joh 4).  Die tempel was eintlik altyd net ’n plek van ontmoeting met God, iets wat oral in Sy wêreld moontlik was, en sal bly.

Die rede hiervoor is nie omdat God ver is nie, of nie ook in die tempel teenwoordig was nie, soos ‘n mens sou kon aflei uit die kontras tussen God in die hemel en ons op die aarde nie.  Die Prediker spel drie redes uit:

  • Die eerste rede is dat God soewerein en in beheer is, en ons van Hom afhanklik.   Daarom moet die luister na Hom die eerste plek in ons lewens kry, al is Sy weë soms onnaspeurbaar, en kan ’n mens net dele daarvan verstaan.
  • Die tweede rede is dat God nie gemanipuleer kan word nie. ‘n Stortvloed van woorde sal Hom nie oorrompel nie, soos Jesus ook in die Bergrede sê (Matt 6:7). Om met ontsag jou fokus op die luister na God te plaas, is die pad van wysheid in jou godsdiens beoefening.
  • Die derde rede is die goeie nuus dat God hoor, baie beter as wat ons dink. Hy het nie ’n stortvloed van woorde nodig om ons gebede te verhoor nie (Matt 6:7).  Om die waarheid te sê, God hoor nog voordat ons praat, omdat Hy weet wat ons nodig het (Matt 6:8)!  Die slegte nuus is egter, volgens die Prediker, dat ons gevaar kan loop om nie met Sy goeie ore rekening te hou nie! Hy het die eerste keer al gehoor … en jou woorde tel voor God!

Die slotsom is dus, wees baie versigtig wat jy vir God sê – hier beskryf as iets wat in die tempel plaasvind waar ‘n priester kon hoor, soos ons lees van Hanna in Eli se teenwoordigheid (1 Sam 1:9-19). En, sê die Prediker, wat jy steeds kies om vir God te sê-beloof, doen dan wat jy sê-beloof (soos Hanna inderdaad gedoen het)!

Om God te dien (ontsag vir Hom te hê) is die hoogste goed, iets wat hier al begin deurskemer, en in die laaste hoofstuk sy finale opsomming sal wees van wat regtig waarde het.

Let op dat die Prediker ook hiervan, soos met sy vorige uitsprake oor saamwees, nie sê dat dit waardeloos is nie.  Om met mekaar in ’n gemeenskap of vennootskap te leef, en dit te doen saam met, en vanuit ’n luisterverhouding met God, is die Prediker se hoogste goed, die lewenswysheid wat die meeste sin maak.

En ’n mens wil-wil die liefdesgebod – wat Jesus saamgevat het as liefde vir God bo alles, en liefde vir jou naaste soos jouself (Matt 22:37-40) – hierin begin raaksien.

luister, ontsag, Prediker, wysheid


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: