Skip to main content

Hooglied 3:1-5 – Liefde kom tot sy reg binne families

So pas het die vrou die hoop uitgespreek dat die man haar veilig sal laat voel in hulle liefde, dat hy haar vrees sal help besweer van die afskeid van haar ouerhuis.  Nou worstel sy in haar droom/nagmerrie met haar eie behoeftes.

Hoewel sy hom beskryf as die een wat sy liefhet, letterlik: “die een wat my siel liefhet” – dws die een aan wie haar binneste verkleef geraak het – wil sy nie, selfs nie in haar droom nie, onbehoorlik optree nie.  Sy wil hom eers gaan haal na die geborgenheid van haar ma se huis, háár veilige ruimte.

Dat sy hom na haar ma se huis bring, dra die betekenis van haar soeke na veiligheid, vastigheid, en aanvaarding, iets soortgelyks as wat ons lees van Isak wat sy vrou Rebekka by sy ma Sara se huis laat bly het (Gen 24:67), hoewel die rolle hier omgekeer is.  Die vrou van Hooglied beskryf daarmee haar begeerte aan ouerlike goedkeuring van haar liefde.  Sy het ‘n sterk behoefte aan die liefde van die man, maar sy het net so ‘n sterk behoefte dat dit nie onbehoorlik of onvanpas sal wees binne die konteks van haar familielewe nie.

Die wagte wat die stad patrolleer is al op baie maniere metafories geïnterpreteer.  Sommige dink daaraan as die samelewing se reëls, ander weer aan die beskerming van maagdelikheid (Garrett).  In die lig van die geweldige prioriteit wat op maagdelikheid in Israel geplaas is, maak laasgenoemde vir my sin.

Met die herhaling van die frase rondom die vroue van Jerusalem (ook in 2:7; 5:8; 8:4) lewer sy waarskynlik verder kommentaar op haar eie droom-behoeftes, dat die liefde nie ryp gedruk moet word voor die tyd daarvoor aanbreek nie.  Dit dui aan die een kant op haar keuse teen die insluiting in die harem van Salomo, en aan die ander kant op haar keuse om die liefde net binne die veilige ruimte van familie-wees te geniet, soos dit met die huweliksluiting in die volgende perikoop moontlik word.

Daar is ‘n hele paar ooreenkomste tussen dié gedig en die een wat ons in hoofstuk 5:2-8 lees – die verlange na die man, die soeke in die stad, en die verwysing na die vroue van Jerusalem. In hoofstuk 5 is die konteks egter haar aanvanklike weiering van die man se toenadering, en stel dit haar bloot aan  verguising deur die wagte.  Die ander gedigte wat daarop volg, sluit dan by dié soektog aan, maar daaroor later.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

families, Hooglied, liefde, saamwees


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders