2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel
Die verhaal van Joahas en Israel se wel en wee word in hierdie hoofstuk ietwat vreemd vertel met vers 10-13 wat bes moontlik beter aan die einde van die hoofstuk sou pas, en die verhaal van die redder wat nie regtig goed inpas in die lewe van Joahas self nie, eerder in die lewe van Joas, sy seun, of Jerobeam II, sy kleinseun.
Dit is onduidelik wie die redder was en wanneer die uitkoms gekom het. Dit kan wees dat verwys word na Elisa se profesie aan Joahas se seun Joas, wat inderdaad teen die Arameërs geveg het en drie oorwinnings behaal en ’n paar stede teruggewen het van Ben-Hadad, seun van Gasael, af. Dit kan ook Jerobeam II wees, Joas se seun, wat hy na sy oupagrootjie vernoem, waarvan ons spesifiek lees dat hy Israel gered het (hfst. 14). Ander geleerdes dink dat na die opkomende Assiriese mag verwys word wat die Arameërs se mag begin inperk het.
Hoe dit ook al sy: beide Israel en Juda (hfst. 12) lei in hierdie tyd onder Gasael van die Arameërs, soos Elisa voorspel het. Maar Joahas, ten spyte daarvan dat hy nie afgewyk het om sonde te doen nie, smeek die Here om genade. En die Here verhoor sy gebed en gee ’n redder. Tog word steeds negatief oor sy lewe geoordeel, omdat hy in die weë van Jerobeam gewandel het, en, wil dit voorkom, weer ’n Asjerabeeld in Samaria opgerig het, nadat Jehu dit verwoes het.
Anders as Elia word Elisa soos ’n gewone mens siek en sterf. Op sy sterfbed is daar ’n roerende en tegelykertyd onthutsende ontmoeting met Joas, waar Joas Elisa as die militêre fundi van Israel eer (“u was vir Israel die strydwa met sy ruiters”), en Elisa vir hom kwaad word omdat hy die simboliese aksie wat Elisa hom beveel swak uitvoer.
Let op hoe Elisa selfs in sy dood wonderwerke doen, met ’n lyk wat weer lewend word toe dit aan sy bene raak. Sy sterflikheid word ironies genoeg daardeur beklemtoon, want hy staan nie self op nie. Let ook op hoe die Here steeds die verbond met Abraham, Isak en Jakob in gedagte hou in sy genadige redding van Israel, ten spyte van die sondes van die koning.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - April 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - April 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - April 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - April 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - April 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - April 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - April 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - April 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - April 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - April 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - June 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - June 2, 2010
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.