1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid

Let op hoe Salomo erkenning verleen nie net aan wat sy pa vermag het in die vestiging van die koninkryk nie, maar veral die rol van God daarin uitlig.  Die belofte van die Here dat Salomo die tempel sal bou, word nou Salomo se roeping wat hy op uitnemende wyse binne 7 jaar uitvoer (ongeveer 960 vC is bouwerk begin).  Beloftes het immers baie keer ook ons samewerking nodig!  Let ook op met hoeveel wysheid Salomo die versoek om hout aan koning Hiram van Tirus rig.  Salomo het ook ’n uitstekende plan met die houtkappery.  Hy span nie net Hiram se mense teen betaling in nie, maar gee sy mense, dws sy dwangarbeiders, skofte om te werk: 1 maand weg met die kappery in Libanon en 2 maande terug by die huis.

Die dwangarbeid sou egter op die lang duur nie deug nie.  Die breuk na Salomo se dood met die koningskap van Jerobeam I was veral as gevolg van die dwangarbeid.  Interessant is dat volgens 2 Kronieke 2:17 en 18 baie van die arbeiders nie volksgenote was nie.  ’n Mens wonder in watter mate dit ook tot spanning aanleiding gegee het.

’n Nuwe belofte word nou ook aan Salomo gemaak (6:11-13) dat God tussen die Israeliete sal woon en hulle nie sal verlaat nie.  Let op hoe ’n groot verantwoordelikheid die Here tog ook met die belofte op Salomo lê: “As JY volgens my voorskrifte leef … sal Ek my beloftes nakom teenoor jou.”

Van een kant gesien sou die tempel die godsdiensbeoefening in Israel verenig, en was dit inderdaad die ideaal wat reeds in Deuteronomium uitgespreek is.  Van ’n ander kant gesien het die tempel juis in Jerusalem die stad in konflik en kompetisie met die ander heiligdomme in Israel gebring.  Die impak daarvan sou lank hierna nog gevoel word.

Salomo skeep ook nie af met die bou van sy paleis nie, maar die fokus bly op die bou van die tempel.  Hiram van Tirus was die vakman (verband met die koning – 2 Kron 2:1-16).  Soos die skrywers sê, daar is so baie brons gebruik dat dit nie geweeg kon word nie.

Salomo was by net een veldslag betrokke (2 Kron 8:3) en dit nadat hy die tempel gebou het.  Die tempel kon net in ’n tyd van rus en vrede gebou word.

View all posts in this series

Konings


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: