2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem

Manasse was nou werklik ’n afvallige koning in direkte kontras met sy pa Hiskia.  Dit is asof Manasse ’n lys gemaak het van alles wat vorige konings verkeerd gedoen het, en dit een vir een uitgevoer het.  Deur sy lang regeringstyd was daar regtig niks positiefs wat die skrywers van Konings kon kry om van hon te sê nie.  Hulle ignoreer selfs die klein verhaaltjie van hoop waarvan 2 Kron 33 vir ons vertel.  Hoekom?  Want, met die Baäl-godsdiens regdeur die Asjera-aanbidding tot by kinderoffers het hy die Here uitgetart en geminag met die “stinkende afgode” en die einde van die volk se tyd in Jerusalem verhaas.  Konings oordeel daaroor baie skerp.

Manasse se naam beteken: “die een wat laat vergeet” en sy ouers het heel moontlik ’n baie positiewe verwagting van dié seun van hulle gehad.  Hy het egter die naam deur die modder gesleep deur die volk van God te laat vergeet.

Let op hoe die Here besluit om Jerusalem met dieselfde maat te meet as Samaria en die ballingskap ’n al hoe groter moontlikheid raak.

Sy seun Amon volg in sy pa se voetspore, maar amptenare sweer teen hom saam en maak hom na slegs twee jaar se regeringstyd dood.  Hulle kry hulle verdiende loon deurdat die burgers van die land weer teen die amptenare optree en hulle uitwis, sodat die jong Josia, die laaste goeie koning van Juda, die troon kon bestyg.

View all posts in this series

Konings


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: