1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek
Ek kan dit op ’n manier nie kleinkry dat soveel onomwonde bewyse van God se mag aan Agab gewys word nie, en hy steeds nie tot gehoorsaamheid aan God alleen beweeg word nie. Twee keer kondig die Here aan wat in die oorlog gaan gebeur, en verslaan die Arameërs voor Israel uit, baie spesifiek om aan Agab te wys dat Hy Here is. Maar steeds is Agab ongehoorsaam deur nie vir Ben-Hadad dood te maak nie, en eerder ’n verdrag met hom te sluit (vgl Asa in 1 Konings 15), en die Here te ignoreer.
Dit wil voorkom asof Israel op dié stadium onderhorig aan die Arameërs (Sirië) was. Dit wil ook voorkom asof die skrywers van die Koningsboek Agab minag, deur net 2 keer sy naam te gebruik, en die res van die tyd slegs van die koning van Israel te praat.
Die Here tree egter deur ’n onbekende profeet tot die stryd toe en begelei Agab met die regte strategie in die oorlog teen Ben-Hadad. Let op hoe Ben-Hadad die oorwinning reeds vier deur saam met die ander konings (van kleiner koninkrykies) te drink. Dit bekom hom egter suur.
Dieselfde lot tref Ben-Hadad met die tweede oorlog in die vlakte, maar hy word teen die wil van die Here deur Agab begenadig. Die profeet se optrede om die Here se toorn oor Agab te verkondig is ietwat bisar, maar tog baie effektief, en laat Agab bedruk, ’n bedrukking wat ook in die volgende verhaal van Nabot en sy wingerd ’n rol sal speel.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - April 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - April 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - April 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - April 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - April 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - April 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - April 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - April 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - April 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - April 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - June 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - June 2, 2010