WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom

Hiskia word koning in Juda en vir die eerste keer is daar ’n koning wat ’n ongekwalifiseerde regmerkie agter sy naam kry.  Hy gehoorsaam die Here in alles, selfs in die vernietiging van die hoogtes wat so ’n knaende probleem vir die volk van die Here reg deur die koningstyd was.  Interessant genoeg maak die koperslang van Moses (Num 21) ook hier sy opwagting, maar as ’n afgodsbeeld, wat Hiskia daarom met reg verwoes.  Dit is darem tragies as die dinge van God belangriker as God self raak en selfs aanbid word!

Geen wonder dat Hiskia voorspoedig was nie, want die Here was by Hom op ’n manier wat net nie moontlik was met van die vorige konings van Juda nie. En stukkie vir stukkie kry hy dit reg om sy onafhanklikheid terug te wen van die Assiriërs en Filistyne.

’n Paar dinge tref my in die verhaal van Hiskia.

  1. Die bedreiging van die Assiriërs kom van God af.  Let op hoe Sanherib dit selfs deur sy hoofadjudant só verwoord: “ek het nie sonder die Here opgetrek teen hierdie plek nie” (18:25).
  2. Maar die Assiriërs oorskry hulle mandaat, soos die boodskap van Jesaja dit uitspel (19:20 vv): “Ek weet hoe jy teen My te kere gegaan het …” (19:27).
  3. God se heilsboodskap aan Hiskia en die volk word gedoen: “om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil” (19:34).
  4. Gebed (Hiskia met die briewe in die tempel, interessant genoeg voor die ark in die Allerheiligste) en die onderskeiding van God se wil (profesie van Jesaja) speel ’n belangrike rol om by God se planne in te skakel.
  5. God bewerk die verlossing, sonder dat Juda ’n vinger verroer.
  6. God luister na die gebed om genesing van Hiskia (vgl Jes 38), maar dit plaas ongelukkig ’n skaduwee (ironies gegewe die teken van die skaduwee!) oor sy lewe, omdat hy self in hoogmoed (vgl Sanherib) met sy skatte spog en daarvoor geoordeel word.

Terloops, 18:13-16 waarskynlik ’n korter berig oor die veldtog van Sanherib, en 18:17-19:37 (vgl ook Jesaja 36:1-37:38) ’n langer berig oor sekere aspekte daarvan, wat doodgewoon langs mekaar geplaas is.  Dit beskryf nie noodwendig twee veldslae nie, hoewel daar ook geleerdes is wat dit as twee gebeure sien.

View all posts in this series

Konings


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: