2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk
Die goeie werk wat Joas gedoen het, word voortgesit deur sy seun Amasia. Nie net het hy gedoen wat reg is in die oë van die Here, maar hy voer ook die wet van Deuteronomium 24:16 uit, dat kinders nie vir die vaders se sondes gedood mag word nie, deur die amptenare wat sy pa vermoor het, dood te maak, maar die kinders te laat leef. Hy was ook effektief teen die Edomiete, hoewel hy steeds nie die hoogtes vernietig het nie, wat hom verkwalik word. Hy misreken hom egter lelik met Joas van Israel deur hom tot ’n oorlog uit te lok en lelik tweede te kom. Hoewel Joas sy lewe spaar is dit ten koste van ’n deel van die muur rondom Jerusalem en ’n groot klomp goud en silwer uit die huis van die Here. Ook ’n paar gyselaars is na Samaria geneem, waarskynlik om te verseker dat hulle aan hom belasting betaal.
Dieselfde lot wat sy pa getref het, ’n sameswering, tref egter vir hom ook, heel waarskynlik vanweë die dwase oorloë wat hy onderneem. Sy vlugtog help niks nie, en hy sterf in Lakis. Sy seun Asarja word koning, maar ons lees ons in hoofstuk 15 verder oor sy regering.
Met die dood van Joas van Israel word Jerobeam II koning van Israel en hy geniet ’n baie lang regeringstyd, trouens, hy was heel moontlik hulle beste koning, ten spyte van die feit dat hy steeds, soos sy voorsate, doen wat verkeerd is in die oë van die Here. Die Konings skrywers dig darem een goeie ding aan hom toe, die herstel van ’n groot deel van die Dawidiese grense van Israel, wat Damaskus (histories gesproke het hulle weer ’n handelsarea daar gehad) en Hamat weer onder Israelitiese gesag gebring het.
Dit word egter steeds toegeskryf aan die genade van die Here wat deur die profesie van die profeet Jona aan Israel verkondig is. Daarby het dit ekonomiese welvaart gebring wat tot ’n groot kloof tussen ryk en arm sou lei, wat veral deur die profeet Amos aangespreek is. Amos se voorspelling dat Jerobeam deur die swaard sou val (Amos 7:11) word nie vir hom waar nie, maar wel vir sy nageslag, Sagaria (2 Kon 15:10). Kort hierna het die ballingskap vir die Noord-ryk van Israel gekom, waarna daar geen herstel meer moontlik was nie.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - April 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - April 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - April 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - April 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - April 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - April 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - April 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - April 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - April 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - April 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - June 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - June 2, 2010