Skip to main content

2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here

Ek sien twee bewegings raak in hierdie hoofstuk.

Aan die een kant is daar die groeiende bewuswording by koning Josia dat die volk regtig ver afgedwaal het van God se pad, wat tot daadwerklike praktiese toewyding en geestelike hervormings lei.

  • Dit begin met sy herstelwerk aan die tempel, die plek waar God Homself openbaar – let op hoe sy optrede ooreenkom met een van sy grootjies, Joas (2 Kon 11-12).
  • Dit verdiep met die ontdekking van die wetboek, die plek waar God sy wil openbaar – darem ontstellend dat die priesters die Woord van God letterlik verloor het, terwyl hulle met die werk van die tempel aangegaan het!
  • En dit word prakties met die geestelike onderskeiding wat Gulda aan die dag lê deur die lewende woord van God vir Josia uit te lê.

Iets soortgelyks is nodig vir ons in ons private geloofslewe: 1) ‘n totale oorgawe aan God se teenwoordigheid – ons is immers vandag ‘n tempel van die Here (1 Kor 6); 2) ‘n totale oorgawe aan God se Woord – soos dit in die Bybel vir ons oorgelewer is; 3) ‘n totale oorgawe aan die praktiese riglyne wat God ons deur geestelike onderskeiding gee. 

Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here.

Maar daar is ‘n ander ontstellende beweging sigbaar in die hoofstuk: dat die oordeel van God nie meer afgewend kan word deur Josia se hervormings nie, al het hy “in alles die pad van sy voorvader Dawid geloop en daar nie links of regs van afgewyk nie.” (22:2).  Al konsessie wat God gee, is dat die oordeel nie in die tyd van Josia sal gebeur nie.  Die nalatenskap van veral Manasse was net te sterk (23:26).

En onthou, dit was ‘n tyd van die grootste profetiese aktiwiteit in Juda se geskiedenis: Gulda, Jeremia, Sefanja en dalk ook Nahum en Habakuk tree in hierdie tyd op met Esegiél wat ‘n tydjie later in die ballingskap sy opebaringe bekend sou maak.  Selfs die profete, of die koning, ondersteun deur die priester Gilkija,  kon dus die ballingskap nie keer wat binnekort sou kom nie.

God se eer is op die spel deur die doen en late van sy volk oor ‘n hele paar eeue, en selfs hierdie omvattende hervorming kan sy oordeel, om sy eer te herstel, nie keer nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Konings


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda