1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou
Die tema van gehoorsaamheid onder die konings al dan nie, word voortgesit in hierdie hoofstuk.
Abia, Rehabeam se seun by Maäga, ’n (klein)dogter van Abisalom, word koning in Jerusalem. Abisalom verwys waarskynlik na Absalom (vgl 2 Kron 11:20). Maäga word ook as Migaja aangedui, ‘n wisselvorm van Maäga (2 Kron 13:2). Migaja se pa word daar egter as Uriël aangedui wat waarskynlik beteken dat sy Abisalom se kleindogter was. ’n Interessante idioom word gebruik in die Hebreeuse teks om sy ongehoorsaamheid uit te druk: “sy hart was nie lojaal/volledig/perfek toegewy aan die Here nie”. Vergelyk dit met die “luisterryke hart” van Salomo (1 Kon 3:9) soos “gehoorsaamheid” in die oorspronklike teks lui.
Die Here seën hom egter ter wille van Dawid. Soos die geval was met sy pa, is daar oorlog tussen hom en Jerobeam van Israel (lees in 2 Kron 13 hieroor, waar dit blyk dat die Here aangeroep word deur Abia en Hy vir hulle die stryd wen – Kronieke dui Abia se ma aan as Miga).
Sy seun Asa was ’n goeie en gehoorsame koning in Juda wat groot hervormings gebring het. Hy het die tempelprostitute verban, die afgodsbeelde verwoes, selfs sy ouma Maäka as koninginmoeder onttroon en haar Asjerabeeld vernietig. Hoewel die hoogtes nie heeltemal verdwyn het nie, was Asa, volgens die Konings skrywers, sy hele lewe lank getrou aan die Here. Hy was ook ‘n slim strateeg en hernu ’n ou verbintenis met Ben-Hadad en die Arameërs (Siriërs) in Damaskus in sy oorlog teen Baesa van Israel.
Die Kronieke skrywers (2 Kron 16:7-10) beoordeel dié verbintenis egter uit ’n ander hoek, deurdat die siener Ganani Asa voor stok kry omdat hy nie op God in sy stryd met Israel gesteun het nie, maar op die Arameërs. Dit was volgens Ganani die rede waarom hy nooit vrede sou ken nie, maar voortdurend in oorlog gewikkel sou wees. Let op die pragtige belofte wat in Ganani se profesie voorkom:
“Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou.” (2 Kron 16:9)
Ook die terloopse verwysing na die voetkwaal wat Asa opdoen (1 Kon 15:23) word in Kronieke (2 Kron 16:12) gewyt aan sy keuse om dokters te vertrou eerder as die Here. Twee jaar later is hy oorlede.
Nadab, seun van Jerobeam, was, soos ’n mens nou al verwag, ’n ongehoorsame koning. Sy kortstondige regering word beëindig deur Baesa wat in ’n veldtog teen die Filistynese stad Gibbeton vir Nadab om die lewe bring. Dit lei tot ’n familiemoord, waar al die nasate van Jerobeam uitgeroei word, presies soos Agija van Silo voorspel het (dit is ’n ander Agija as Baesa se pa wat ook die naam Agija dra).
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - Apr 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - Apr 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - Apr 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - Apr 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - Apr 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - Apr 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - Apr 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - Apr 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - Apr 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - Apr 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - Jun 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - Jun 2, 2010