WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer
Elia wil die einde van sy lewe sonder Elisa tegemoet gaan, miskien om alleen te wees, anders juis as ’n toets aan Elisa of hy sy leier alleen sal laat of nie. Ons weet nie regtig nie.
Die wonder by die Jordaan herinner ’n mens weer aan die ooreenkomste tussen Elia en Moses. Maar let op dat die simboliese handelinge met die mantel begelei word deur die aanroep van die Here, beide hier met Elia en later met Elisa. Die mantel het dus nie magiese krag wat outomaties wonderwerke doen nie. Dit is God wat in beheer is en wonderlike dinge doen.
Elisa se versoek vir ’n dubbele deel van Elia se gees verwys moontlik na die dubbele erfporsie wat eersgeborenes kon kry (Deut 21:17), waarmee hy eintlik net vra dat hy Elia se opvolger sal wees en nie om twee keer meer effektief as Elia te wees nie. Dit herinner ook aan die oordrag van die Gees op die 70 oudstes in Moses se tyd (Num 11).
Let op dat Elia in die stormwind weggeneem word, en nie in die wa en perde van vuur nie, soos dikwels verkeerdelik aangeneem word. Die versoek van die profete om Elia te gaan soek, hoewel vrugteloos, het te make met die gebruik van daardie tyd dat ’n lyk begrawe moet word.
Die vloek oor Jerigo, wat ook die water besoedel het, word in ’n wonder deur Elisa opgehef. Let weereens op dat die sout nie magiese krag het nie, maar dat dit die Here is wat die water bruikbaar maak.
Die straf vir die aantasting van Elisa se gesag as profeet klink vir ons baie wreed. Hou egter in gedagte 1) dat dit die Here se eer is wat in gedrang is as ’n profeet geminag word en 2) dat dit in Bet-El gebeur waar sinkretisme beoefen is. Die tragiese verhaal is dus ’n harde woord aan ’n omgewing wat die Here nie wil dien nie en bevestig ook die gesag van Elisa.
Die stryd tussen Moab en Israel is ook bekend uit ’n inskripsie op ’n gedenksteen wat by Dibon ontdek is. Weereens is daar samewerking tussen Israel en Juda. Elisa word egter opgesoek as die manskappe se water opraak. Dat hy nie ontbied word, soos ons soms by Elia gesien het nie, wys dat die voorafgaande gebeure by die Jordaan en Jerigo, sowel as die tragiese gebeure met die kinders ’n ontsag vir Elisa geskep het, selfs by die konings.
Ons kom agter uit die lierspeler wat ingespan word, dat Elisa ’n ekstatiese profeet was wat ’n atmosfeer geskep het waarin hy die stem van die Here kon hoor. Sy voorspelling dat die Here sal voorsien word waar, en hulle kan Moab verslaan. Die kinderoffer vervul Israel egter met soveel afgryse dat dit hulle keer van ’n totale verwoesting van Moab. Mesa interpreteer dit, volgens die inskripsie, as ’n oorwinning vir homself.
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - Apr 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - Apr 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - Apr 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - Apr 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - Apr 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - Apr 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - Apr 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - Apr 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - Apr 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - Apr 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - Jun 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - Jun 2, 2010