2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word
Die verhaal van Elisa as wonderwerker word voortgesit, waarin hy weereens nie net ’n impak het op die groter gebeure in die land nie – die Arameërs se bedreiging word twee keer afgeweer wanneer hulle met blindheid geslaan word en as die Here verwarring onder hulle saai – maar ook op die kleiner verhale van gewone mense – ’n verlore byl wat weer terugbesorg word aan ’n arm profeet.
Dit gee vir ons ’n visie op God, vir wie ’n mens met alles kan vertrou, omdat Hy nie net besorgd is oor die groot dinge wat almal se lewens raak nie. Hy is ook besorgd oor die kleiner dinge wat in die alledaagse lewe verkeerd loop. Dit is egter slegs vir die geloofsoog sigbaar. Let op hoe Elisa vir Gehasi (in die eerste oorlog) help om dié aspek van God raak te sien, maar hoe die adjudant (in die tweede oorlog), ‘n vertroueling van die koning van Israel, die uitkoms wat God bring uiteindelik sien, maar weens sy gebrek aan geloof in God, nie kan geniet nie. Sy gebrek aan geloof in God se belofte veroorsaak sy dood.
Die tydperk van die eerste oorlog tussen die Arameërs en die Israeliete word nie nader gedefinieer nie, en ook nie hulle konings nie. Let op hoe naby Elisa aan die Here leef, sodat mense later dink dat hy alomteenwoordig is, en weet wat selfs in die Aramese koning se slaapkamer gebeur! Hy is natuurlik bekend by die Arameërs deur die verhaal van Naäman.
Die Here se barmhartigheid word ook geïllustreer met die ete wat die Arameërs in Samaria te beurt val, eerder as die dood.
Die tweede oorlog waarin Ben-Hadad (III) Samaria beleër was in 797 vC, heel moontlik redelik lank na die vorige een (vgl 6:23 – “Die bendes van die Arameërs het toe nie weer in die land Israel gekom nie”), wat ook met ’n droogte saamgeval het. Dit lyk ook asof Elisa nie meer die koning van Israel (Joahas of Joas) se guns geniet nie (vgl 7:31 – hy wil Elisa doodmaak).
View all posts in this series
- WEEK 1: Bybelskool oor 1 en 2 Konings - April 19, 2010
- Van die dood van Dawid tot die val van sy koninkryk - April 20, 2010
- Indeling van 1 en 2 Konings – leesplan - April 21, 2010
- 1 Konings 1-2 – Salomo word koning te midde van groot intriges - April 22, 2010
- 1 Konings 3-4 – Salomo kry ‘n luisterryke hart van die Here - April 23, 2010
- 1 Konings 5-7 – Salomo bou die tempel in vervulling van die belofte aan Dawid - April 26, 2010
- 1 Konings 8-9 – Die tempel ‘n huis van gebed - April 27, 2010
- 1 Konings 10-11 – Die Here is lief vir Salomo, maar hy is lief vir perde en vroue - April 28, 2010
- Salomo – ‘n oorsig van sy lewe - April 29, 2010
- WEEK 2: 1 Konings 12 – Die magswellus van Rehabeam skeur die ryk … deur die beskikking van die Here
- 1 Konings 13 – ‘n Man van God se gehoorsaamheid word getoets … en God se geloofwaardigheid - April 30, 2010
- 1 Konings 14 – God is nie onverbiddelik nie - May 3, 2010
- 1 Konings 15:1-31 – Die Here help dié wat met hulle hele hart op Hom vertrou - May 4, 2010
- 1 Konings 15:33-16:20 – Onbetroubare eiesinnige leiers - May 5, 2010
- WEEK 3: 1 Konings 16:21 – 18:46 – Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking - May 6, 2010
- 1 Konings 19 – God ly nooit aan uitbranding nie! - May 7, 2010
- 1 Konings 20 – Die Here bewys Homself aan Agab, sonder effek - May 10, 2010
- 1 Konings 21 – Die Here handhaaf geregtigheid - May 11, 2010
- 1 Konings 22 – 2 Konings 1 – Die Here bepaal die gang van sake - May 12, 2010
- WEEK 4: 2 Konings 2-3 – Die Here is in beheer - May 13, 2010
- 2 Konings 4-5 – God help gewone mense sowel as vernames - May 14, 2010
- 2 Konings 6-7 – God kan met alles vertrou word - May 17, 2010
- 2 Konings 8 – God bly getrou aan sy beloftes - May 18, 2010
- 2 Konings 9-10 – God soek volledige gehoorsaamheid, en niks minder nie - May 19, 2010
- WEEK 5: 2 Konings 11-12 – Platteland en stad verenig weer voor die Here in Juda - May 20, 2010
- 2 Konings 13 – Die Here se genade seëvier telkens oor sy oordeel - May 21, 2010
- 2 Konings 14 – God se genade word steeds weerstaan in die Noord-ryk - May 24, 2010
- 2 Konings 15 – Die boodskap is duidelik: die konings faal die Here - May 25, 2010
- 2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword - May 26, 2010
- WEEK 6: 2 Konings 18-20 – God luister waar sy eer in gedrang kom - May 27, 2010
- 2 Konings 21 – Genadetyd raak kort vir Jerusalem - May 28, 2010
- 2 Konings 22 – Die Bybel moet geleef word in die teenwoordigheid van die Here - May 31, 2010
- 2 Konings 23 – Die Woord is ‘n gemeenskapsboek - June 1, 2010
- 2 Konings 24-25 – Die Here wou dit nie vergewe nie - June 2, 2010