2 Konings 16-17 – Hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword

Agas word koning in Juda en volg nie die voorbeeld van sy pa, Jotam nie.  Hy loop die pad van die konings van Israel, nie net in terme van die afgodsoffers nie, maar selfs deur die offer van sy eie seun.  Hy gaan ook ’n verdrag met die opkomende Assiriërmag van Tiglat-Pileser III aan om die uitdaging van die Arameërs en die Noord-ryk af te weer, die sogenaamde Siro-Eframitiese oorlog (Jes 7), en dompel Juda nie net in die skuld daardeur nie, maar bring ook van die Aramese godsdiensgebruike terug na Jerusalem na ’n besoek aan Damaskus. Let op hoe die priesters saamwerk om die heiligdom van God te ontheilig en hoe Agas ter ere van homself offer.  Ten spyte van die profeet Jesaja se ernstige aandrang dat hy op die Here moet vertrou en nie op die Assiriërs nie, kan hy homself nie so ver kry om God te vertrou nie.

Hoewel Hosea, die 19de koning van Israel, minder kras geoordeel word as die konings van Israel voor hom, ten spyte selfs van die feit dat hy Peka vermoor het om die troon te bestyg, is hy die laaste koning van Israel in wie se tyd die ballingskap uiteindelik ’n werklikheid word vir die 10 noordelike stamme in die jaar 722 vC.  Die genadetyd het uitgeloop vir Israel.  Hosea verbreek sy aanvanklike ooreenkoms met Salmaneser, koning van die Assiriërs, deur nie belasting te betaal nie, en by Egipte (koning So van die Nyldelta, nie die farao nie) hulp te soek, en word gevange geneem, en na drie jaar se beleg, word Samaria ingeneem en die Israeliete na Assirië weggevoer.

Hierna volg ’n opsommende verklaring van die rede vir die ballingskap wat uiteraard in die eerste plek vir die ballinge self verduidelik waarom hulle in ’n benarde posisie in die vreemde sit.  Maar in die tweede plek is dit ’n aanduiding van wat God verwag van sy mense:

  1. dankbaarheid/verering vir God vir verlossing (17:7),
  2. ’n lewenstyl volgens sy wil en nie volgens die gangbare gebruike van die ander volke nie (17:8) en
  3. aanbidding van God alleen en volgens sy voorskrifte wat ander gode uitsluit (17:9-12).

Interessant dat die skrywers meld dat Israel dinge aan God toegedig het wat nie waar was nie.  Dit het begin met die goue kalwers wat Jerobeam in Dan en Bet-El opgerig het, wat tot verkeerde persepsies van God aanleiding gegee het, en daarom deur die volk en die konings nagevolg is.  Hoewel die Here oor eeue moeite gedoen het om die volk deur die profete en sieners te waarsku, en sy beeld te herstel, het die konings en die volk die waarskuwings in die wind geslaan en die gevolge gedra.  Hulle het mense van geen betekenis geword:

“hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword” (17:15)

Die ballingskap het egter ’n verdere nadraai gehad, immigrante van oral oor is deur die Assiriërs in die Noord-ryk se grondgebied kom vestig.  Hulle het Samaria oorgeneem en in die stede daar gaan woon.  Hieruit het die Samaritaanse volk ontstaan, uit die vermenging van Israeliete wat in die land agtergebly het, met die immigrante uit alle wêrelddele.  Selfs die terugbring van een van die priesters om die nasies te leer om die Here te vereer, na ’n plaag van leeus deur die Here gestuur is, het nie die situasie ooit heeltemal herstel nie.  Sinkretisme was aan die orde van die dag: die Here is vereer, EN ’n mengelmoes van eie afgodsbeelde.  Dit verklaar Jesus se woorde aan die Samaritaanse vrou: “julle aanbid sonder om te weet wat julle aanbid” (Joh 4:22).

View all posts in this series

Konings


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: