Skip to main content

Rigters 8 – Gideon verhinder die Here se invloed deur politiekery, gierigheid en afgodery

Presies wat die Here wou voorkom, gebeur nou met Efraim wat Gideon verkwalik dat hy hulle uitgesluit het van die oorwinning teen die Midianiete. Gideon probeer hulle heel diplomaties die heuning om die mond smeer met die metafoor van die na-oes van Efraim se druiwe wat dan kwansuis beter sou wees as die volle oes van sy familie in Manasse, Abiëser.

Hy probeer ook wys daarop dat dit God is wat die oorwinning gee, soos in hulle geval met hulle oorwinning oor die twee leiers, Oreb en Seëb, maar loop deurentyd die gevaar dat hy selfs met hierdie paaiende gesprek die oorwinning reeds na ‘n bloot menslike een toe gedegradeer het. Hy begin blote diplomatiese politiek bedryf.

Hy slaag wel daarin om die Efraimiete se bui te laat sak en vrede met hulle te maak, maar die skade is reeds gedoen.

Dit sien ‘n mens by die mense van Sukkot (van Gad) wat hulle nie wil help nie in die agtervolging van twee ander Midianitiese konings, Sebag en Salmunna. Hulle wil sarkasties weet of Gideon-hulle al die twee gevang het dat dit hulle sou verplig om vir Gideon en sy manne kos te gee.

Dit laat Gideon sy humeur verloor en wraak sweer teen hulle, ook teen die mense van Pniël wat hom en sy manne op dieselfde laakbare manier hanteer.

Met Gideon se oorwinning oor dié twee Midianitiese konings na ‘n uitmergelende oorlog het hy dan ook wraak geneem teen 77 van Sukkot se amptenare en leiers, en hulle ‘n les geleer met ‘n wrede marteling met doringstruike en haakdorings. Pniël se toring is platgeslaan en die mense van die stad doodgemaak.

Die verhaal raak nog meer tragies as Gideon sy oudste seun, Jeter, nog ‘n blote kind, probeer oorreed om die twee gevange konings, Sebag en Salmunna, om die lewe te bring. Einde ten laaste maak hy hulle self dood en neem die maanversierings aan hulle kamele se nekke vir hom self. Dié versierings was moontlik ‘n aanduiding van hulle koninklike status.

Geen wonder dat die Israeliete nou vir Gideon koning wil maak nie. Hulle wil hê dat daar ‘n dinastie van konings uit sy nageslag moet kom weens sy heldedade. Die Here en sy verlossing word dus op die agtergrond geskuif, ook in die gedagtes van die mense.

Tot sy krediet weier Gideon dié aanbod, want die Here moes die enigste koning bly, het hy gesê. Maar, Gideon se gierigheid kry die oorhand oor hom, en hy vra ‘n enorme hoeveelheid goud as betaling. Daarmee maak hy ‘n efodbeeld.

Dit is onseker presies hoe dit gelyk het, maar ‘n efod was die skouerkleed van die hoëpriester wat gebruik is wanneer hy die Here se beslissing gevra het (Eks 39). Die Urim en die Tummim was in ‘n sak in die kleed (Eks 28; Lev 8). Miskien was die beeld in die vorm van ‘n mens met ‘n priesterskleed aan.

Hoe dit ook al sy, die efodbeeld is uiteindelik aanbid as ‘n afgodsbeeld. Die beeld het dus vir Gideon self en vir sy mens ‘n valstrik geraak en hulle ontrou aan die Here gemaak.

Ten spyte van die verspilde kanse om die volk te leer dat die oorwinning werklik aan God self behoort en dat niemand sy eer moet probeer steel nie, het hierdie oorwinning 40 jaar se vrede gebring van die Midianiete.

Gideon het sewentig seuns gehad by ‘n hele aantal vrouens. Een van hulle, Abimelek, ‘n seun by ‘n byvrou uit Sigem, dws ‘n Kanaäniet, sou egter vir groot onrus sorg ná Gideon se dood. Die Israeliete het ook begin om ná sy dood die Baäls weer te vereer en Baäl-Berit as god aanvaar. “Berit” is die woord wat vir “verbond” gebruik word, wat aandui dat die Israeliete Baäl letterlik in die plek van Jahwe, die Verbondsgod wat hulle uit Egipte verlos het, aanbid het.

Die familie van Gideon het ook in diskrediet geraak wat die tafel dek vir die onverkwiklike gebeure rondom Abimelek in die volgende hoofstuk.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Rigters


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda