Rigters 5 – Die lied van Debora en Barak
Hierdie lied van Debora en Barak is baie besonders. Die meeste geleerdes reken dit dan ook as ‘n gedig wat uit dieselfde tyd kom as wat dit beskryf.
- Ek stel voor dat jy die gedeelte eers deurlees in The Message om die digterlike ritmes daarvan te waardeer.
- Daarna kan jy kyk na die enkele opmerkings wat ek by ‘n paar van die verse maak.
- Heel laaste kan jy dan ‘n paar van die perspektiewe wat ek uit die gedeelte aanstip lees.
The Message
1 That day Deborah and Barak son of Abinoam sang this song:
2 When they let down their hair in Israel,
they let it blow wild in the wind.
The people volunteered with abandon,
bless God!
3 Hear O kings! Listen O princes!
To God, yes to God, I’ll sing,
Make music to God,
to the God of Israel.
4–5 God, when you left Seir,
marched across the fields of Edom,
Earth quaked, yes, the skies poured rain,
oh, the clouds made rivers.
Mountains leapt before God, the Sinai God,
before God, the God of Israel.
6–8 In the time of Shamgar son of Anath,
and in the time of Jael,
Public roads were abandoned,
travelers went by backroads.
Warriors became fat and sloppy,
no fight left in them.
Then you, Deborah, rose up;
you got up, a mother in Israel.
God chose new leaders,
who then fought at the gates.
And not a shield or spear to be seen
among the forty companies of Israel.
9 Lift your hearts high, O Israel,
with abandon, volunteering yourselves with the people—bless God!
10–11 You who ride on prize donkeys
comfortably mounted on blankets
And you who walk down the roads,
ponder, attend!
Gather at the town well
and listen to them sing,
Chanting the tale of God’s victories,
his victories accomplished in Israel.
Then the people of God
went down to the city gates.
12 Wake up, wake up, Deborah!
Wake up, wake up, sing a song!
On your feet, Barak!
Take your prisoners, son of Abinoam!
13–18 Then the remnant went down to greet the brave ones.
The people of God joined the mighty ones.
The captains from Ephraim came to the valley,
behind you, Ben-jamin, with your troops.
Captains marched down from Makir,
from Zebulun high-ranking leaders came down.
Issachar’s princes rallied to Deborah,
Issachar stood fast with Barak,
backing him up on the field of battle.
But in Reuben’s divisions there was much second-guessing.
Why all those campfire discussions?
Diverted and distracted,
Reuben’s divisions couldn’t make up their minds.
Gilead played it safe across the Jordan,
and Dan, why did he go off sailing?
Asher kept his distance on the seacoast,
safe and secure in his harbors.
But Zebulun risked life and limb, defied death,
as did Naphtali on the battle heights.
19–23 The kings came, they fought,
the kings of Canaan fought.
At Taanach they fought, at Megiddo’s brook,
but they took no silver, no plunder.
The stars in the sky joined the fight,
from their courses they fought against Sisera.
The torrent Kishon swept them away,
the torrent attacked them, the torrent Kishon.
Oh, you’ll stomp on the necks of the strong!
Then the hoofs of the horses pounded,
charging, stampeding stallions.
“Curse Meroz,” says God’s angel.
“Curse, double curse, its people,
Because they didn’t come when God needed them,
didn’t rally to God’s side with valiant fighters.”
24–27 Most blessed of all women is Jael,
wife of Heber the Kenite,
most blessed of homemaking women.
He asked for water,
she brought milk;
In a handsome bowl,
she offered cream.
She grabbed a tent peg in her left hand,
with her right hand she seized a hammer.
She hammered Sisera, she smashed his head,
she drove a hole through his temple.
He slumped at her feet. He fell. He sprawled.
He slumped at her feet. He fell.
Slumped. Fallen. Dead.
28–30 Sisera’s mother waited at the window,
a weary, anxious watch.
“What’s keeping his chariot?
What delays his chariot’s rumble?”
The wisest of her ladies-in-waiting answers
with calm, reassuring words,
“Don’t you think they’re busy at plunder,
dividing up the loot?
A girl, maybe two girls,
for each man,
And for Sisera a bright silk shirt,
a prize, fancy silk shirt!
And a colorful scarf—make it two scarves—
to grace the neck of the plunderer.”
31 Thus may all God’s enemies perish,
while his lovers be like the unclouded sun.
The land was quiet for forty years.[1]
‘n Paar opmerkings
Vers 1-3: LEIERS: Die vertaling dat “leiers” in Israel opgetree het, lui in Hebreeus: “met loshangende lang hare het hulle hulle gegee”. Dit dui waarskynlik op ‘n gelofte wat ingehou het dat hulle nie hulle hare mag geskeer het nie, soos ons later van Simson ook sal lees.
Vers 4-5: EPIFANIE: Hiermee word die ervaring dat God inderdaad met hulle deur die woestyn vanuit die suide getrek het tot in die land in herinnering geroep. Kosmiese tekens het dit begelei.
Vers 6-8: DEBORA TROEF DIE SOSIALE ONRUS: Die beperking van hulle sosiale ruimte deur gevare op reis word geskets as agtergrond vir die wonderlike uitkoms wat die moeder in Israel, Debora, gebring het. Niemand het die verval gekeer nie. Die volk het agter ander gode aangegaan, maar niemand het daaroor gekla en dit teengestaan nie. Selfs Samgar het dit nie beslissend verander nie, totdat Debora op die toneel verskyn het.
Vers 9-11: LOOF DIE HERE: Israel kan die Here nou loof vir die uitkoms, want Debora het die ander leiers geïnspireer. Die oorwinning is egter vir almal.
Vers 12-18: DEBORA EN BARAK VOER ISRAEL AAN: Die ontwaking van Debora en Barak het al die magtige leiers in beweging gebring. Vyf en ‘n halwe stamme het gereageer: Naftali (Barak), Efraim, Benjamin, die halwe stam van Manasse in die land (Makir), Sebulon, en Issaskar. Vier en ‘n halwe stamme het dit geïgnoreer: Ruben, die halwe stam van Manasse buite die land sowel as Gad (albei van Gilead), Dan, en Aser. Juda en Simeon word nie genoem nie, waarskynlik omdat hulle te ver suid was.
Trouens, daar was baie beraadslaging by die saalsakke en suipplekke, sê Debora en Barak, maar opsaal en saamveg was ver van Ruben se gedagtes! Dan en Aser het as’t ware by die see gewag, maar nooit ‘n seil gespan om te gaan help nie!
Daarteenoor was Sebulon nie bang vir die dood nie en Naftali het die dood getrotseer op die hoogland. Só is die oorwinning behaal.
Vers 19-23: GOD HET TEEN DIE KONINGS GEVEG: Die konings van Kanaän het geveg so al wat hulle kan, maar die Engel van die Here het hulle met kosmiese finesse getroef. Selfs die aarde het teen hulle saamgespan en met die chaoswater van die oertyd verwoes. Meros, ‘n dorpie wat baie naby was, word vir hulle lafhartige onbetrokkenheid vervloek.
Vers 24-27: JAEL HET DIE KROON GESPAN: Jael word uitgesonder in haar oorwinning oor Sisera. Haar gasvryheid het hom soos ‘n koning laat voel, net om verbrysel te val by haar voete.
Vers 28-30: SISERA SE MA SE SMART: Die gedig eindig met Sisera se ma se smart. In plaas daarvan dat hy ‘n meisie of twee in die oorlog verkrag het, was daar korte mette gemaak met hom deur net een formidabele vrou, Jael.
Vers 31: ‘N GEBED VIR GOD SE KONINKRYK OM TE KOM: “Mag al u vyande so omkom, Here, maar mag dié wat vir U liefhet, wees soos die son wat in sy volle krag skyn.” Dit het Messiaanse trekke.
“Daarna was daar veertig jaar lank vrede in die land.”
‘n Paar perspektiewe
1. Die volk se eenheid is in hierdie tyd van dreigende anargie telkens in gedrang en kom ironies genoeg eers aan die einde van die boek Rigters tot sy reg met die noodwendige dissiplinering van Benjamin se wandade.
Hier sien ons hoe Debora nie doekies omdraai oor Ruben en van die ander stamme se versaking van hulle plig teenoor die res van die volk (vers 15-16), selfs die dorpie Meros (vers 23). Dit blyk duidelik uit die lied dat Debora aanvaar het dat al die ander stamme vir Naftali en Sebulon sou help, ook die omliggend dorpe, al het sy net vir hulle spesifiek die opdrag gegee.
Sy verkwalik daarom die mense van Ruben, die mense van die halwe stam van Manasse en Gad buite die land (albei van Gilead), en die mense van Dan en dié van Aser in die weste van die land dat hulle nie saamgeveg het nie.
Ook Juda en Simeon was nie betrokke nie, hoewel sy nie oor hulle uitwy nie. Hulle afwesigheid is egter meer verstaanbaar, omdat dié oorlog ver van hulle af in die noorde plaasgevind het.
Dit was dus net die mense van Efraim, die halwe stam van Manasse in die land (Makir), Benjamin, en Issaskar wat genoeg omgegee het om saam met Naftali en Sebulon te veg. Daarvoor loof Debora hulle.
2. Dit is ook duidelik dat daar ‘n dubbele werklikheid sigbaar is in die geveg. Aan die een kant is die volk opgeroep tot die oorlog en moet hulle met alles wat hulle het die Here se leiding volg. Aan die ander kant wil dit uit die lied van Debora en Barak voorkom of daar iets baie ongewoons gebeur het, iets wat hulle vyande se groot vrees verklaar.
Daarom praat hierdie lied in vers 4-5 daarvan dat die aarde gebewe het, die hemel reën gegee het, die wolke strome water gegee het, en dat die berge weggesmelt het voor die Here. En in vers 20-21 word vertel van die sterre wat uit hulle bane gewyk het en die Kisonspruit wat die vyand met sy oerwater meegesleur het.
Nou, dit is ‘n gedig waarin met beeldspraak gewerk word. Maar dit kan wees dat iets daarvan ook letterlik gebeur het. Miskien was daar ‘n geweldige wolkbreuk, en ‘n aardbewing by die Kisonspruit, wat ‘n groot vloed veroorsaak het. Moontlik was daar selfs een of ander kosmiese gebeure, hoewel sterre ook op engele kan dui. Nietemin, dit het die leër van Sisera onkant gevang, sodat hulle gevlug het.
Daarom dat die lied in Rigters 5 dit so sterk en duidelik stel, dat hierdie oorwinning van God af gekom het. Die Israeliete het hulle hart uit baklei, hulle het die leër van Sisera afgemaai, sodat daar nie eers een oorgebly het nie. Maar die oorwinning het aan die Here behoort.
3. Hierdie vers word later in Openbaring 1 gebruik om die voorkoms van die Here Jesus te beskryf, soos dit ook vroeër in Daniël 7 en 10 op die Messias van toepassing gemaak is. Die hele lied van Debora vorm waarskynlik ook die agtergrond vir die beskrywing van die vyande van die Here wat teen Hom oorlog voer in Openbaring 16. Die lied van Debora en Barak het dus woorde gegee vir wat mettertyd as die Messiaanse verwagting bekend begin staan het.
Ekskursie oor ware leierskap
Bybelse leiers word gewoonlik geroep deur een van drie vure in hulle lewe (Laurie Beth Jones in Jesus CEO):
- Die eerste is die brandende bos ervaring – ‘n bonatuurlike ervaring waar iemand soos Moses geroep is.
- Die tweede is die brandende hart ervaring – iemand wie se hart aan die bloei gegaan het vir ’n land in nood soos Nehemia.
- Die derde is die brandende land ervaring, iemand wat nie anders kan as om betrokke te raak by ‘n situasie van verval soos hier in Rigters 4 met Debora.
A. Hierdie tipe leierskap is onontbeerlik vir die kerk van die Here.
Ons het mense nodig wat kan luister na God en begin doen wat Hy op hulle hart lê.
Rigters 4 wys vir ons hoe Debora deur die brandende land aangevuur word om leierskap te openbaar. Wat sy gesien het en wat sy gehoor het van haar land terwyl sy as profetes vir hulle opgetree het, het haar oortuig dat iets gedoen moes word. Dit laat haar vir Barak roep en aan hom die opdrag van die Here oordra. Dit laat haar strategies betrokke raak om met wyse raad die gang van die oorlog te bepaal. Dit laat haar saamgaan toe Barak dit van haar vra. En dít laat haar sing in Rigters 5 van die oorwinning wat God gebring het.
En let op: wat hierdie verhaal vir ons sê oor leierskap, is dat dit niks met posisie of aanstellings of vermoëns in die eerste plek te make het nie. Dit is ook heeltemal geslagloos. Leierskap is iets wat suiwer afhang van wat gehoor word, wat gesien word en hoe daarop voor die Here gereageer word. Dit is wanneer die hart se vuur aangesteek word om die Here se wil in ‘n krisissituasie te doen, dat ware leierskap na vore kom. En dít is onontbeerlik.
God gee dieselfde beloftes en voorsiening vir leiers vandag.
En die vraag is: Vir watter situasie roep die Here jou vandag?
Wat laat jou hart brand? Watter goed wat jy raaksien laat jou dink die land is aan die brand? Of is dit iets in die gemeente wat jy dink aan die brand is? En is dit nie miskien die stem van die Here wat met jou praat en jou oproep om iets daaraan te doen nie?
Hierdie verhaal is bedoel om jou die moed en oortuiging gee om dit onder God se leiding aan te pak.
B. Leierskap is per definisie die inspirasie om mense in ‘n rigting te beweeg wat hulle nie andersins gewillig sou wees om te neem nie.
Van tyd tot tyd vra goeie leierskap van mense om onbekende terrein te betree en verg dit baie moed.
En dit gaan baie keer gepaard met konflik op grondvlak, mense wat wil saamgaan en mense wat nie wil saamgaan nie. Uit Rigters 5 kom ons agter dat Debora en Barak ook nog die apatie van die mense Oos van die Jordaan moes hanteer: Ruben, Gad en die halwe stam van Manasse wat oos van die Jordaan gebly het (albei van Gilead) sowel as dié wat langs die see gebly het: Dan en Aser.
Dit was net dié Israeliete Wes van die Jordaan wat saam geveg het: Efraim, Makir (‘n deel van hulle grondgebied was by die ander helfte van die Manasse stam wat wes van die Jordaan gebly het), Benjamin, Sebulon, Issaskar en Naftali.
Maar Debora het haar nie daardeur laat afsit nie. Sy het drie dinge gedoen:
- INTERPRETASIE: Sy het na God se stem geluister en dit vir die volk as profeet geïnterpreteer.
- INSPIRASIE: Sy het gekonsentreer op dié mense wat sy kon inspireer en saam met haar neem, Barak en die 5 ½ stamme wat die oproep gehoorsaam het. Sy het die ander aangespreek, maar haar nie deur hulle apatie laat onderkry nie.
- IMPLEMENTERING: Sy het gesorg dat die planne wat die Here haar gegee het, geïmplementeer is, deur Barak na die Kisonspruit te begelei, en die hele tyd voor te vat. Só kon die Here se werk deur sy ingrype sowel as die heldin Jael tot sy volle verwesenliking kom.
Twee dinge wat ek by Bill Hybels in dié verband geleer het:
- Make the big ask en
- Don’t say other people’s NO for them.
As die Here jou ‘n visie gee, is dit baie keer so dat jy mense moet vra om dit saam met jou waar te maak. Die raad wat Bill gee, is dat jy die konteks en agtergrond vir mense moet uitspel, dit duidelik en bevatlik moet kommunikeer, en dan voorstel dat dit voor die Here besluit word. Bill maak die volgende stelling:
“The nature of human beings is such that we tend not to drift into better behaviors. We usually have to be asked by someone to consider taking it up a level.” (Axiom p 23)
Bill maak darem ook die volgende stelling wat ‘n mens hoop gee daarvoor:
“When handled properly, people are actually quite flattered to be asked to do significant things for God.”
So die uitdaging is:
- Hoe lees jy self die situasie wat die Here nou op jou hart lê?
- Wie moet dit saam met jou aanpak?
- Wat is die beste manier om dit reg te kry?
En die tyd is nou, vandag, selfs nie eers môre nie, vandag, om te doen wat die Here van jou vra.
C. En laat ons eerlik wees. Dit kos jou alles wat jy het!
Jael is vir ons net so ‘n kragtige voorbeeld as dié van Debora, van die moed om risiko’s te neem. Die moed kom uit ‘n diep oortuiging en verbintenis aan die God en die mense van Israel. Sy dra by daartoe dat hulle weer kan wees “soos die son wat in sy volle krag skyn”. Sy leer ons ook dat om risiko’s te neem geensins roekeloos is nie. Let op die berekende wyse waarop sy Sisera op sy gemak stel, meer doen as wat hy vra, totdat sy uiteindelik die risiko neem om hom dood te maak.
Vandag sal ons nie meer sulke dade pleeg nie. Maar die oproep om met moed jou oortuigings na te streef, bly dieselfde.
Ons moet onthou, leierskap word nie gebore in gemak of in gemaklike of beheerbare situasies nie. Leierskap word gebore in pynlike oomblikke van ’n gemeenskap of ’n gemeente se geskiedenis.
Ek weet nie wat jy op die oomblik raaksien of wat jy op die oomblik hoor nie. Dit kan goed in jou omgewing wees – kinders op ons strate, geweld teen ons ouer mense, verskeurdheid tussen kerke wat dieselfde Here dien. Dit kan dinge in die gemeente wees – die jongmense wat geestelike leiding in die kategese en ander aktiwiteite nodig het, die behoefte aan ‘n groei in omgee groepe, die behoefte aan pastorale uitreik na families wat onder druk verkeer.
Dalk voel jy die hand van die Here op jou skouer om iets daaraan te doen. Of dit nou ’n brandende braambos, ’n brandende hart of ’n brandende land is.
Die tyd om te antwoord daarop is nou.
[1] Peterson, E.H., 2005. The Message: the Bible in contemporary language, Colorado Springs, CO: NavPress.
View all posts in this series
- Inleiding op die boek Rigters - February 22, 2018
- Rigters 1:1-2:5 – Die geduld en genade van die Here met die verval en verydeling van hierdie tyd - February 23, 2018
- Rigters 2:6-3:6 – Die volk vergeet die groot dade van die Here en verval in ongehoorsaamheid - February 26, 2018
- Rigters 3:7-31 – Otniël, Ehud en Samgar red en rig die volk - February 27, 2018
- Rigters 4 – Debora, die formidabele moeder in Israel - February 28, 2018
- Rigters 5 – Die lied van Debora en Barak - March 1, 2018
- Rigters 6 – Die Here se geduld met Gideon maak hom gereed as rigter - March 2, 2018
- Rigters 7 – Gideon oorwin die Midianiete met 300 man - March 5, 2018
- Rigters 8 – Gideon verhinder die Here se invloed deur politiekery, gierigheid en afgodery - March 6, 2018
- Rigters 9 – Die Here straf Abimelek vir al die onreg wat hy pleeg - March 7, 2018
- Rigters 10 – Tola en Jaïr lei Israel vir 45 jaar maar die Here raak onwillig om te red - March 8, 2018
- Rigters 11-12 – Die Gees verander Jefta van dapper held en militêre leier in ‘n rigter - March 9, 2018
- Rigters 13 – Simson word as rigter gebore vir die vrou van Manoag - March 12, 2018
- Rigters 14-15 – Simson word verraai deur Timna asook Juda, maar verlos telkens sy mense - March 13, 2018
- Rigters 16 – Simson word verraai deur Delila, maar vernietig die tempel van Dagon - March 14, 2018
- Rigters 17-18 – Miga illustreer die waarheid dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek - March 15, 2018
- Rigters 19-21 – Drie uitmergelende verhale - March 16, 2018
- Rigters 19 – Die gruwelike verkragting
- Rigters 20 – Die gruwelike burgeroorlog - March 19, 2018
- Rigters 21 – Die gruwelike ontvoering - March 20, 2018