Skip to main content

Rigters 7 – Gideon oorwin die Midianiete met 300 man

Dit is nie om dowe neute dat die Gideon met die aanvang van die volgende hoofstuk met sy bynaam Jerubbaäl beskryf word nie. In hierdie naam lê alreeds die magteloosheid van Baäl en enigiemand wat hulle teen die Here verset, opgesluit. Die Midianiete het by die sogenaamde Waarsêershoogte by mekaar gekom wat oor die Jisreëlvlakte getroon het. Gideon-hulle het met ‘n groot leër by En-Garod by die Gileadberg suid daarvandaan kamp opgeslaan.

Let op hoe die Here die hele veldtog beheer, soos dit vroeër was in die tyd van Josua. Die Here is egter baie bewus daarvan dat ‘n blote oormag oor die Midianiete die Israeliete die idee sou kon gee dat dié oorwinning deur hulle eie vermoëns geskied het. Daarom laat Hy Gideon dié van sy leërmag wat bang is huis toe stuur. Twee-derdes het die aanbod benut.

Die Here verminder egter dié steeds formidabele mag na net 300 man deur net dié te kies wat die water by die rivier opskep met hulle hand. Dié wat soos ‘n hond die water opgelek het, is huis toe gestuur. Die onderskeiding lyk effe lukraak, maar dit kan wees dat dié 300 se paraatheid deurgeskemer het met hulle groter bewussyn van wat om hulle aangaan.

Dié nag stuur die Here hom saam met sy slaaf Pura na die Midianiete se laer toe en laat hulle luister na ‘n droom wat ‘n man vir sy maat vertel het. Die droom – wat waarskynlik deur die Here gestuur is – oor ‘n ronde garsbrood wat ‘n Midianitiese tent omstamp, word deur die maat as ‘n metafoor vir God geïnterpreteer wat  Midian in Gideon se mag oorgee.

Dié droom oortuig Gideon om later die nag sy manne in drie groepe van 100 elk op te kommandeer en elkeen met ’n ramshoring en ’n leë erdekruik met ’n fakkel daarbinne die Midianiete tegemoet te loop en buite die Midianitiese laer te skree: “Vir die Here en vir Gideon!” Die oorlog het immers behoort aan die Here.

Iets wat ‘n mens maklik mis in die Afrikaanse vertaling is dat daar in die oorspronklike nie staan dat Gideon die Here “gedank” het nie, maar “aanbid” het. Dit was nie ‘n skietgebed nie, maar ‘n erkenning van God se voorsiening, waarskynlik deur op sy aangesig voor die Here te val.

Wanneer die 300 hulle opdrag uitvoer, gee hulle hulle eie interpretasie van Gideon se opdrag, maar erken, soos hy, die Here se voorrang in die uitroep: “Die swaard van die Here en Gideon!” Ironies genoeg het hulle nie ‘n swaard in die hand nie. Dit is werklik die swaard van die Here!

Die hele kamp van die vyand het op die vlug geslaan. Om die waarheid te sê, die Here het dit bewerk dat hulle mekaar net daar in die kamp begin doodmaak. Die Here beveg dus die vyand met hulle eie wapens! Die “swaard van die Here” was eintlik in die hande van die vyande wat mekaar daarmee doodgemaak het.

Die res van die mense het gevlug, sodat Gideon die res van die Israeliete uit Naftali, Aser en die hele Manasse opgeroep het om die Midianiete te agtervolg. Daarmee maak hy eintlik die fout om die oorwinning in ‘n bloot menslike een te begin verander. En dit sou hom wreek in die verhaal wat volg.

Ook die Efraimiete is opgeroep en hulle maak uiteindelik die twee leiers van die Midianiete dood, Oreb en Seëb. Met die twee se koppe in die hand het hulle na Gideon toe gekom, maar nie met dankbaarheid in hulle hart nie. Nee, Gideon se keuse om teen die Here se bevel mense op te kommandeer om te voltooi wat God begin het, sou hom wreek in die konflik wat dit onmiddellik oproep. Wie moes nou die eer kry vir die oorwinning … Efraim?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Rigters


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda