Rigters 16 – Simson word verraai deur Delila, maar vernietig die tempel van Dagon

Drie verdere verhale word oor Simson vertel. Op die oppervlak word hy aangedryf deur sy wellus vir die Filistynse vroue. Onder die oppervlak is die Here besig om hom as rigter in te span om die volk van die verdrukking deur die Filistyne te verlos.

Simson en die prostituut van Gasa – Rigters 16:1-3

Op ‘n keer was Simson in nog ‘n belangrike stad in Filistynse gebied, Gasa. Daar het ‘n Filistynse prostituut sy oog gevang en hy het by haar oornag. Die Filistyne wou hom verras by die stadspoort, maar hy het die stadspoort met deure, kosyne en al uitgeruk en tot by ‘n berg regoor Hebron in Judese gebied gedra.

Die verhaal dien eintlik maar net om sy legendariese krag ten toon te stel. Die heldedaad het niemand se lewe gekos nie.

Simson en die Filistynse Delila van die Sorekvallei – Rigters 16:4-22

‘n Ruk later het Simson verlief geraak op Delila van die Sorekvallei. Sy word omgekoop met ‘n reuse bedrag om die bron van sy krag vas te stel. Drie keer vertel hy vir haar ‘n storie en elke keer blyk dit dat hy haar mislei.

‘n Mens wonder hoe sy dit reggekry het om hom vas te bind, behalwe as dit deel van hulle liefdespel was. Sewe klam boogsnare en nuwe toue kan hom nie vasgebind hou nie. Selfs nie om sy sewe haarlokke in die materiaal van haar weefstoel vas te weef, slaag daarin om hom te beteuel nie.

Dit is eers wanneer hy haar sy lewensgeheim vertel dat hy aan God gewy is en sy krag van hom sal wyk as sy hare afgeskeer word, dat hulle hom kan oorrompel nadat sy hom op haar skoot aan die slaap gemaak, en sy sewe haarlokke afgeskeer het.

Dié keer kon hy homself nie verdedig teen die Filistyne nie, want die Here het hom verlaat. Hulle het hom gevange geneem, sy oë uitgesteek en hom met ’n dubbele bronsketting in die tronk in Gasa vasgebind waar hy die meul moes draai.

Die enigste stukkie hoop van dié tragiese gebeurtenis was dat – soos dit maar met hare gaan – sy hare wat afgeskeer was, weer begin groei het …

Simson vernietig die tempel van die Filistynse god Dagon – Rigters 16:23-31

Die Filistyne het ‘n groot fees gevier vir hulle god Dagon en met Simson die spot gedryf. Min wetende dat die Here ook in dié gebeure teenwoordig was. Tussen die sentrale twee tempelpilare in die tempel arena het hy ‘n laaste gebed gebid tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God, dat ek my met een daad op die Filistyne kan wreek oor my twee oë!

Die Here het hom verhoor en dié dag het Simson die Filistyne ‘n gevoelige slag toegedien nie net met die feit dat 3 000 mense doodgemaak is dié dag nie, maar omdat dit ‘n klomp van hulle leiers en hooggeplaastes ingesluit het. Die onmag van Dagon is daarmee gewys, soos dit in die tyd van Samuel ook deur die ark gewys sou word (1 Sam 5).

Op ‘n manier verrig Simson dus sy grootste verlossingsdaad toe hy op sy swakste is, in die tronk, sonder oë. Maar, in sy laaste doodskreet, met sy arms soos aan ‘n kruis om die pilare gevou, raak hy ‘n Christusfiguur. En wys sy offerdood op die ware Christus wat deur sy dood eeue later ook die oorwinning sou behaal. Dié keer nie net oor ‘n groepie Filistyne nie, maar oor die grootste vyand van almal, die sonde en die dood.

Simson kry uiteindelik rus in sy pa se graf. Hy was twintig jaar lank ‘n rigter van die Israeliete.

View all posts in this series

Rigters


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: