Skip to main content

Rigters 16 – Simson word verraai deur Delila, maar vernietig die tempel van Dagon

Drie verdere verhale word oor Simson vertel. Op die oppervlak word hy aangedryf deur sy wellus vir die Filistynse vroue. Onder die oppervlak is die Here besig om hom as rigter in te span om die volk van die verdrukking deur die Filistyne te verlos.

Simson en die prostituut van Gasa – Rigters 16:1-3

Op ‘n keer was Simson in nog ‘n belangrike stad in Filistynse gebied, Gasa. Daar het ‘n Filistynse prostituut sy oog gevang en hy het by haar oornag. Die Filistyne wou hom verras by die stadspoort, maar hy het die stadspoort met deure, kosyne en al uitgeruk en tot by ‘n berg regoor Hebron in Judese gebied gedra.

Die verhaal dien eintlik maar net om sy legendariese krag ten toon te stel. Die heldedaad het niemand se lewe gekos nie.

Simson en die Filistynse Delila van die Sorekvallei – Rigters 16:4-22

‘n Ruk later het Simson verlief geraak op Delila van die Sorekvallei. Sy word omgekoop met ‘n reuse bedrag om die bron van sy krag vas te stel. Drie keer vertel hy vir haar ‘n storie en elke keer blyk dit dat hy haar mislei.

‘n Mens wonder hoe sy dit reggekry het om hom vas te bind, behalwe as dit deel van hulle liefdespel was. Sewe klam boogsnare en nuwe toue kan hom nie vasgebind hou nie. Selfs nie om sy sewe haarlokke in die materiaal van haar weefstoel vas te weef, slaag daarin om hom te beteuel nie.

Dit is eers wanneer hy haar sy lewensgeheim vertel dat hy aan God gewy is en sy krag van hom sal wyk as sy hare afgeskeer word, dat hulle hom kan oorrompel nadat sy hom op haar skoot aan die slaap gemaak, en sy sewe haarlokke afgeskeer het.

Dié keer kon hy homself nie verdedig teen die Filistyne nie, want die Here het hom verlaat. Hulle het hom gevange geneem, sy oë uitgesteek en hom met ’n dubbele bronsketting in die tronk in Gasa vasgebind waar hy die meul moes draai.

Die enigste stukkie hoop van dié tragiese gebeurtenis was dat – soos dit maar met hare gaan – sy hare wat afgeskeer was, weer begin groei het …

Simson vernietig die tempel van die Filistynse god Dagon – Rigters 16:23-31

Die Filistyne het ‘n groot fees gevier vir hulle god Dagon en met Simson die spot gedryf. Min wetende dat die Here ook in dié gebeure teenwoordig was. Tussen die sentrale twee tempelpilare in die tempel arena het hy ‘n laaste gebed gebid tot die Here: “Here my God, dink tog aan my! Maak my tog net hierdie een keer sterk, o God, dat ek my met een daad op die Filistyne kan wreek oor my twee oë!

Die Here het hom verhoor en dié dag het Simson die Filistyne ‘n gevoelige slag toegedien nie net met die feit dat 3 000 mense doodgemaak is dié dag nie, maar omdat dit ‘n klomp van hulle leiers en hooggeplaastes ingesluit het. Die onmag van Dagon is daarmee gewys, soos dit in die tyd van Samuel ook deur die ark gewys sou word (1 Sam 5).

Op ‘n manier verrig Simson dus sy grootste verlossingsdaad toe hy op sy swakste is, in die tronk, sonder oë. Maar, in sy laaste doodskreet, met sy arms soos aan ‘n kruis om die pilare gevou, raak hy ‘n Christusfiguur. En wys sy offerdood op die ware Christus wat deur sy dood eeue later ook die oorwinning sou behaal. Dié keer nie net oor ‘n groepie Filistyne nie, maar oor die grootste vyand van almal, die sonde en die dood.

Simson kry uiteindelik rus in sy pa se graf. Hy was twintig jaar lank ‘n rigter van die Israeliete.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Rigters


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda