Skip to main content

Rigters 21 – Die gruwelike ontvoering

Die derde verhaal wat ons lees in hierdie sage, is dié van Israel wat terug by Bet-El tot die aand toe in die teenwoordigheid van God sit en huil. Hulle kon dit net nie klein kry dat só ‘n geweldige tragedie hulle tref dat een van die stamme van Israel nou uitgewis is nie.

Met hulle brandoffers en maaltydoffers die volgende môre doen hulle versoening vir hulle sondes en vier hulle gemeenskap in die teenwoordigheid van die Here. Let egter op dat hulle in die teenwoordigheid van die Here sit en huil, offers vir Hom bring, maar Hom nie vra om ‘n oplossing nie. Hoe hartseer.

En dan tref dit hulle dat hulle nou eintlik met ‘n probleem sit, want hulle het ‘n ondeurdagte eed afgelê in die hitte van die stryd by Mispa dat hulle nooit van hulle dogters met Benjaminiete sal laat trou nie. Wat nou van die 600 jongmanne by die Rimmonrots?

Hulle het egter ook by Mispa ‘n eed afgelê dat die lede van die volk wat nie vir die oorlog teen Benjamin sou opdaag nie, doodgemaak sou word. Dit sou vir hulle nou die misplaaste motivering gee om ‘n besluit te kan misbruik tot hulle voordeel.

Hulle bring dié twee besluite by mekaar en besluit, sonder om hulle eed oor hulle dogters te verbreek, sal hulle vir Benjamin voorsien deur die ander eed na te kom, die een gemik teen, in hulle oë, die verraaiers van Jabes in Gilead.

Dat dit die beste plan is waarmee hulle vorendag kan kom, laat ‘n mens jou hande saam slaan, want jou deernis met een groep mense moet jou nie verlei om dwase dinge met ‘n ander groep mense aan te vang nie!

Hulle plan is om nou van die vroue van Jabes in Gilead te gaan ontvoer. Só sou hulle dié mense van Jabes straf wat nie saamgestaan het teen Benjamin nie en tegelykertyd voorsien vir die stam Benjamin deur hulle vroue te steel en vir die Benjaminiete te gee.

Hulle het nog nie geweet dat die doel nie die middele heilig nie …  en 400 meisies word vir die 600 vlugtelinge by die Rimmonrots gevange geneem.

En toe dít ook nog nie genoeg is nie, want daar was nog 200 jongmans sonder vroue, laat hulle die Benjaminiete toe om by die jaarlikse fees in Silo, noord van Bet-El en oos van Sigem, vir hulle die res van die vroue te steel: “Gaan kruip weg in die wingerde en kyk mooi: wanneer die meisies van Silo uitkom om te dans, moet julle uit die wingerde opspring en elkeen moet vir hom ’n vrou gryp onder die meisies van Silo.

Pa’s en broers word aangesê om hulle familie verpligting,die  om hulle kinders te beskerm, te versaak, en die jong meisies letterlik vir die wolwe van Benjamin te gooi. Dit sou nie teen hulle gehou word nie. Jô! Watter belaglike en grusame oplossing.

Geen wonder die boek sluit af met die opmerking waarin die frustrasie van die skrywer ook gevoel word: “In daardie tyd was daar nog nie ’n koning in Israel nie, en elkeen het gedoen wat reg is in sy eie oë.” Inderdaad.

Dit sou ‘n Rut en ‘n Samuel kos om die Messiaanse geslag van Juda te herstel ná hierdie drie ongelooflik grusame verhale.

  • Rut, ‘n Moabitiese weduwee wat met haar verbintenis aan die Here haar plek in die Godsvolk verkry en met Boas, die oupagrootjie van Dawid trou.
  • Samuel, ‘n bobaas rigter wat van geboorte tot begrafnis nie net die volk verenig het onder die heerskappy van die Here nie, maar “die man na God se hart” as koning gesalf het, Dawid, die een uit wie die Messias gebore is.

Dit is dan ook die volgende twee boeke in die reeks: Rut en 1 en 2 Samuel.

Sela.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Rigters


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda