Skip to main content

Romeine 4 – Die genade van geloof

Paulus roep drie OT figure op as bevestiging van sy standpunt dat God se vryspraak, sy genade (4:16), deur geloof ontvang word: Abraham, Dawid en Moses.

4:1-12: In die eerste perikoop fokus hy op Abraham en Dawid.

Met die aanhaling uit Gen 15:6 bevestig Paulus dat Abraham God se vryspraak gekry het deur die geloof.  Hy het nie daarvoor gewerk nie, en kon ook nie staatmaak op sy wetsonderhouding nie – dié is immers eers in die woestyntyd aan die volk gegee.  “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” Die besnydenis was ’n teken van die vryspraak deur die geloof en nie andersom nie (4:11).

Net so haal Paulus vir Dawid in Ps 32:1-2 aan om vryspraak buite wetsonderhouding om te bevestig.  Dié uitspraak het betrekking op dié wat besny is, sowel as dié wat nie besny is nie.

4:13-25: In die tweede perikoop fokus Paulus op Abraham se nalatenskap (vgl Galasiërs waar hy net so ’n belangrike rol speel) in kontras met dié van Moses.

Let op hoe Paulus hier nie net oor die vryspraak praat nie, maar oor die gevolge daarvan: Abraham en sy nageslag het die belofte ontvang dat hulle die wêreld as besitting (“erfgenaam van die kosmos”) sou ontvang.  Dit is ’n droom-belofte, dié visie waaraan gelowiges, veral in swaar tye, vasgehou het, ’n visie op ’n nuwe volkome werklikheid waar die vryspraak in sy volle konsekwensies geniet kan word, en waar die sonde en die gevolge van die sonde geen invloed meer sal hê nie.

Paulus wys egter weereens onomwonde enige verdienste vir hierdie belofte op grond van wetsonderhouding af, en daarmee ’n lewe gebaseer op die nalatenskap van die wet van Moses.  Vryspraak sowel as die belofte word uit genade gegee, deur die geloof (4:16). Geloof is ’n leë hand wat na God uitgesteek word, waarmee die genade van vryspraak uit God se hand ontvang word. Anders sou geloof sy betekenis verloor en die belofte sy krag.  Daarmee staan hy direk teenoor die werkheiligheid van die Joodse interpretasie van Abraham.

Maar daar is meer.  Daardeur kon Abraham die vader van baie nasies word (Gen 17:5) en kon hulle deel in die genade van geloof.  Let op hoe die beskrywings van God gekoppel word aan Abraham se geloof.  Dit is asof die openbaring van God net sigbaar is vir die geloofsoog.

Nog dieper: Abraham se geloof kom ooreen met die beskrywings van God.  God maak dooies lewend; Hy bring dinge uit niks uit (ex nihilo) tot stand.  Net so het Abraham aan die belofte van God dat hy ’n kind sou hê vasgehou, al was sy liggaam gedaan en Sara al te oud (vgl Hebr 11:11-12).  Dit is asof hy ’n kind uit die niks uit in aanskyn geglo het, omdat hy aan die God vasgehou het wat juis sulke dinge kan doen!  (Dieselfde is natuurlik eintlik waar van die land as gawe van God en wat uiteindelik uitmond in die hemelse stad – vgl Hebr 11:8-10)

Let op hoe Paulus, anders as wat hy tot dusvêr gedoen het (Rom 3:25-26), in vers 25 die vryspraak aan Jesus se opstanding verbind, eerder as aan sy kruisdood.  Dit is dus nie net die offerdood van Jesus wat die vryspraak bewerk nie, maar ook sy opstandingslewe.  Dit is betekenisvol, omdat dit die opgestane Here is wat ’n teenswoordige krag in ons word om in die vryspraak te kan lewe (vgl Rom 8:10-11 – “Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak … die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is”).

Twee goed bly my by: 1) geloof wat vashou aan God, “toe daar geen hoop meer was nie” en 2) die belofte van die kosmos wat opnuut by my ’n verlange na God se toekoms vir ons aangesteek het.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Abraham, Geloof, genade, Romeine


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…