Romeine 4 – Die genade van geloof

Paulus roep drie OT figure op as bevestiging van sy standpunt dat God se vryspraak, sy genade (4:16), deur geloof ontvang word: Abraham, Dawid en Moses.

4:1-12: In die eerste perikoop fokus hy op Abraham en Dawid.

Met die aanhaling uit Gen 15:6 bevestig Paulus dat Abraham God se vryspraak gekry het deur die geloof.  Hy het nie daarvoor gewerk nie, en kon ook nie staatmaak op sy wetsonderhouding nie – dié is immers eers in die woestyntyd aan die volk gegee.  “Abraham het in God geglo, en God het hom vrygespreek.” Die besnydenis was ’n teken van die vryspraak deur die geloof en nie andersom nie (4:11).

Net so haal Paulus vir Dawid in Ps 32:1-2 aan om vryspraak buite wetsonderhouding om te bevestig.  Dié uitspraak het betrekking op dié wat besny is, sowel as dié wat nie besny is nie.

4:13-25: In die tweede perikoop fokus Paulus op Abraham se nalatenskap (vgl Galasiërs waar hy net so ’n belangrike rol speel) in kontras met dié van Moses.

Let op hoe Paulus hier nie net oor die vryspraak praat nie, maar oor die gevolge daarvan: Abraham en sy nageslag het die belofte ontvang dat hulle die wêreld as besitting (“erfgenaam van die kosmos”) sou ontvang.  Dit is ’n droom-belofte, dié visie waaraan gelowiges, veral in swaar tye, vasgehou het, ’n visie op ’n nuwe volkome werklikheid waar die vryspraak in sy volle konsekwensies geniet kan word, en waar die sonde en die gevolge van die sonde geen invloed meer sal hê nie.

Paulus wys egter weereens onomwonde enige verdienste vir hierdie belofte op grond van wetsonderhouding af, en daarmee ’n lewe gebaseer op die nalatenskap van die wet van Moses.  Vryspraak sowel as die belofte word uit genade gegee, deur die geloof (4:16). Geloof is ’n leë hand wat na God uitgesteek word, waarmee die genade van vryspraak uit God se hand ontvang word. Anders sou geloof sy betekenis verloor en die belofte sy krag.  Daarmee staan hy direk teenoor die werkheiligheid van die Joodse interpretasie van Abraham.

Maar daar is meer.  Daardeur kon Abraham die vader van baie nasies word (Gen 17:5) en kon hulle deel in die genade van geloof.  Let op hoe die beskrywings van God gekoppel word aan Abraham se geloof.  Dit is asof die openbaring van God net sigbaar is vir die geloofsoog.

Nog dieper: Abraham se geloof kom ooreen met die beskrywings van God.  God maak dooies lewend; Hy bring dinge uit niks uit (ex nihilo) tot stand.  Net so het Abraham aan die belofte van God dat hy ’n kind sou hê vasgehou, al was sy liggaam gedaan en Sara al te oud (vgl Hebr 11:11-12).  Dit is asof hy ’n kind uit die niks uit in aanskyn geglo het, omdat hy aan die God vasgehou het wat juis sulke dinge kan doen!  (Dieselfde is natuurlik eintlik waar van die land as gawe van God en wat uiteindelik uitmond in die hemelse stad – vgl Hebr 11:8-10)

Let op hoe Paulus, anders as wat hy tot dusvêr gedoen het (Rom 3:25-26), in vers 25 die vryspraak aan Jesus se opstanding verbind, eerder as aan sy kruisdood.  Dit is dus nie net die offerdood van Jesus wat die vryspraak bewerk nie, maar ook sy opstandingslewe.  Dit is betekenisvol, omdat dit die opgestane Here is wat ’n teenswoordige krag in ons word om in die vryspraak te kan lewe (vgl Rom 8:10-11 – “Omdat Christus in julle is, gee die Gees aan julle die lewe op grond van God se vryspraak … die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is”).

Twee goed bly my by: 1) geloof wat vashou aan God, “toe daar geen hoop meer was nie” en 2) die belofte van die kosmos wat opnuut by my ’n verlange na God se toekoms vir ons aangesteek het.

Abraham, Geloof, genade, Romeine


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d