Skip to main content

Beoefen vandag Lectio Divina

Vanoggend wil ek voorstel dat jy ‘n teks kies uit die vier hoofstukke van Romeine wat ons klaar gelees het en wat vir jou die meeste beteken het.  Die teks wat vir my die meeste beteken het, was:

Rom 4:18: “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte.”

Gebruik nou die Lectio Divina metode om die teks te lees wat jou die meeste getref het:

  1. Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar in gebed die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te lewe – sit gemaklik en spandeer 3-5 minute hieraan.
  2. Lectio – lees die teks hardop 2 of 3 keer en fokus op die vers of selfs net ‘n gedagte wat jou daarin tref – gee ruim tyd hiervoor.
  3. Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe
  4. Oratio – antwoord God in gebed daarop
  5. Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat – probeer om 3-5 minute net stil te wees voor die Here
  6. Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê – laat die teks jou deur die dag begelei.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lectio Divina, Romeine


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar