Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie

Dit help baie om die volgende in gedagte te hou om sin te maak uit Paulus se gedagtegang in hoofstuk 7-8:

  • Let op dat Paulus in die eerste perikoop 7:1-6 van die gemeenskap van gelowiges praat in die meervoud (julle, ons).  Hy kontrasteer hier die mens onder die wet met die mens onder beheer van die Gees wat ’n inleiding is op wat gaan volg.
  • In die tweede perikoop 7:7-25 praat hy van homself (outobiografies) in die enkelvoud as voorbeeld van ‘n mens onder die wet (ek).
  • In 8:1-3 gebruik hy ook aanvanklik die enkelvoud (jou) om te korrespondeer met 7:7-25 en te wys dat die wet van die Gees jou (hom) vrygemaak het van die wet van sonde en die dood.  Hy is nou onder beheer van die Gees.
  • Daarna praat hy in 8:4-17 verder in die meervoud, waar hy van die effek van die heerskappy van die Gees op die gemeenskap van gelowiges (julle, ons) praat.

Die tweede perikoop 7:7-25 is dus ’n beskrywing van die ongelukkige posisie van iemand wat nog onder die wet lewe, dws voordat die verlossing in Christus en die heerskappy van die Gees ’n totale verandering bring.  En hoofstuk 8 skryf oor die gelukkige posisie van iemand wat in Christus en onder die heerskappy van die Gees lewe.

Ek kies hier in 7:7-21 vir die meer outobiografiese standpunt – Paulus wat van sy lewenstryd teen die sonde praat – teenoor die ander twee breë standpunte wat dit sien as ’n beskrywing van 1) die onverloste mens en sy verslawing aan die sonde en 2) die reeds verloste mens en sy stryd teen die sonde is.  Maar aldrie standpunte kan met reg gemotiveer word.

Sommige sê daarom dat die gedeelte eintlik die effek van die wet op mense beskryf, en dat dit van toepassing bly op elkeen wat nog verslaaf is aan die sonde, sowel as almal wat reeds die Here leer ken het, maar steeds volgens die wet probeer leef.  Daarteenoor word die vryheid van die heerskappy van die Gees beskryf wat vir beide groepe ’n verlossing sal wees.

’n Paar ander opmerkings:

  • Paulus werk in die eerste perikoop met die beginsel van die wet van Moses wat gesag het oor ’n mens terwyl jy lewe.
  • Hy gebruik ’n voorbeeld uit die huwelikslewe – ’n vrou is gebonde aan haar man terwyl hy lewe.  Met sy dood is sy vry om aan ’n ander te behoort.
  • Met sy toepassing van hierdie voorbeeld op ons verbintenis met Christus (6:3-4), draai hy egter die beeldspraak om, en beskryf ons (die vrou) as dood vir die wet (die man) en lewend vir God (Christus as die nuwe eggenoot).  Dit is ’n gedagte wat Paulus al vroeër gebruik het in die brief aan die Korintiërs (2 Kor 11:2) en verder op sal uitbrei in sy brief aan die Efesiërs (5:25).
  • Dit plaas ons onder ’n verpligting om ’n vrugbare lewe in diens van God te voer.
  • Ons kan nou dien in die nuwe bedeling van die Gees waarop hy in hoofstuk 8 verder sal uitbrei.
  • In die tweede perikoop wil Paulus keer dat die wet as minderwaardig of selfs sondig gesien word.  Die wet wys die sonde onomwonde uit.  Anders sou ’n mens nie weet wat alles sonde sou wees en watter nie.  Maar, in die nuwe bedeling word daardie funksie nou deur die Gees vervul.
  • Die skuld vir die oortredinge wat mense begaan lê in die “sonde-siekte”, nie in die wet nie.  Die skrikwekkendheid van die sonde kom juis na vore dat ten spyte van die goeie aard van die wet, die wet weens die “sonde-siekte” eintlik sonde aanblaas.  Die wil om die goeie te doen is nie genoeg nie.  En die wet kan nie daarmee help nie.  Iets meer is nodig.  Jesus Christus moet ’n mens verlos, waarop hoofstuk 8 nou gaan uitbrei.

Wat my tref is dat dié gedeelte baie helder sê dat die Gees die wet vervang het as die agent van verandering.  Die wet kon in elk geval nooit slaag nie, weens my sondige aard.  Maar die Gees sal slaag omdat Hy die sonde binne my kom oorwin.  Hy word dus die stem van God binne my, waar die wet altyd die stem van God buite my sou bly.

Heilige Gees, Romeine


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: