Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig
Verandering kom deur die werk van die Gees. Dit het ons geleer in hoofstuk 7 en 8. ’n Wet kan jou nie verander nie, net ’n verhouding met God waarin die Gees ons lei om nee te sê vir die sonde en ja te sê vir God.
En die belangrikste plek waar ons moet verander, is in ons denke. Let op, dit is nie net in ons hart (geloof) en ons mond (getuienis) nie, soos hoofstuk 10 op die tafel gesit het, waar die verandering kom nie. Ons het ook ’n kopskuif (nuwe denke) nodig waar ons waak daarteen dat die wêreld se druk op konformering ons lewens só in beslag neem, en so in sy vorm druk, dat ons nie meer ’n lewende offer is en vir God lewe nie.
Let op hoe Paulus die nuwe lewe hier in 12:1-8 uitspel.
- Ons moet anders dink oor die sondige wêreld en nie konformeer aan die manier van leef wat die media en vermaaklikheidswêreld aan ons opdis nie (12:2).
- Ons moet anders dink oor onsself en nie meer dink van onsself as wat ons behoort nie (12:3). Ons moet ’n kopskuif na beskeidenheid maak.
- Ons moet ook anders dink oor die gemeenskap van gelowiges (12:4):
o Ons is een al het ons verskillende funksies (12:5). Ons verskillende gawes kom immers van dieselfde God af (12:6).
o Ons moet die gawes met vernuwende denke aanwend:
§ Profesie moet in lyn wees met ons geloofsbelydenis (12:6).
§ Ons gawes moet sonder bybedoelings wees (12:8).
§ Ons leierskap moet met toewyding wees (12:8).
§ Ons hulp aan ander moet met blymoedigheid wees (12:8).
En dan spel Paulus ’n lang lys van kenmerke van só ’n nuwe lewe/denkwyse uit. Dit is só ’n omvattende lysie dat dit die moeite werd is om dit uit te druk en op jou motor se stuurwiel te plak sodat jy dit kan lees voor jy ry, en as jy by die robot stilhou (hou net die robot ook dop!) en as jy by jou bestemming aankom (Deut 6:6-9 vir vandag!).
En let op hoe dit van hoek tot kant met verhoudings te make het, hier in die eerste plek met medegelowiges (12:10,13,15,16), maar selfs ook met vervolgers (12:14) en vyande (12:19-21), kortom alle mense (12:17,18). Vers 11-12 bring ook die verhouding met God in spel waarin toewyding en gebed ’n belangrike rol speel. En die laaste paar verse 12:19-21 verbind dit aan ’n vertroue op God wat regverdig sal oordeel (Deut 32:35) en transformerend sal optree in ons verhouding met vyande (Spreuke 25:21-22).
Veral hierdie laaste paar kopskuiwe maak my gerus – God is regverdig EN kan die kwaad deur die goeie oorwin.
View all posts in this series
- Die brief aan die Romeine - Oct 20, 2010
- Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo - Oct 21, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte - Oct 22, 2010
- Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo - Oct 25, 2010
- Romeine 4 – Die genade van geloof - Oct 26, 2010
- Beoefen vandag Lectio Divina - Oct 27, 2010
- Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang - Oct 28, 2010
- Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie - Oct 29, 2010
- Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie - Nov 1, 2010
- Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is - Nov 2, 2010
- Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees - Nov 3, 2010
- Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word - Nov 4, 2010
- Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig - Nov 5, 2010
- Romeine 13 – Julle moet mekaar liefhê - Nov 8, 2010
- Romeine 14 – Aanvaarding eerder as argumente - Nov 9, 2010
- Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het - Nov 10, 2010
- Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake - Sep 9, 2017
- Word verander deur die vernuwing van julle gemoed - Jun 13, 2018
- Uitverkiesing en die eindoordeel - Sep 6, 2018
Christine
Hi, kopskuiwe in ons verhouding met die Here is ook nodig. Vir lank in my omgang met die Here het die klem geval op wat Hy vir my kan doen en gee en wat ek moet doen – veral in die Danie se langdurige siekte. En die Here het wonderlik gesorg en gegee. Geleidelik het ek in my gebedslewe en Bybellees almeer begin fokus op wie en hoe God is. My behoefte om te vra en te verwag het begin afskaal in die al groter wordende besef van Sy grootheid, almag, liefde en genade. Die “doen” het ook begin plek maak vir “wees”. om, soos Paulus sê, ‘n lewende en heilige offer te wees.
dederik Robbertse
More Chris. Baie dankie vir inligting. Hoe kan ek effektief mediteer op al die inligting.
Chris van Wyk
Hi Dederik. Ek het ‘n kursus oor geloofsgewoontes geskep op die webtuiste: Reisgenote in geloofsvorming Jy kan daardeur werk. Die eerste geloofsgewoonte is die Daaglikse Ondersoek wat jou sal help om op die regte manier voor die Here na te dink. Gebruik Romeine 12:1-2 vir die volgende twee weke volgens die metodiek wat ek daar gee: Stop, Neem waar, Luister. Hoop dit help.
dederik Robbertse
More Chris. Baie dankie ek gaan die 18 weke van geloofsvorming volg. Chirs kan jy asb. my meer vertel van die doel van vas.
Chris van Wyk
Calvyn het drie doelstellings aan die vas gekoppel:
Vas was vir Calvyn meer ‘n saak vir die geloofsgemeenskap as ‘n persoonlike saak, en dit gaan daarom met openbare gebed saam (bv die voorbeeld van Antiogië in Handelinge 13). Vas is ook nie net weerhouding van kos nie, maar kan ook beteken dat jy min en lig eet, om te kan bid.
Calvyn het ook op drie gevare van vas gewys: