Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte
Let op hoe Paulus in verskeie verbeeldingsgesprekke (diatribes) met ’n Joodse gespreksgenoot gaan (2:1-5; 2:17-24; 2:25-29) om aan die een kant God se werk in alle mense uit te spel en aan die ander kant die gebrekkige rol wat die wet en die besnydenis in die lewe van die Jode speel aan die Romeinse gemeente te verduidelik.
Hy wil in 2:1-11 aantoon dat niemand homself kan verontskuldig voor God nie, want almal is sondig. Die feit dat die Jode die wet besit en die besnydenis aanhang gee hulle geen voorrang of voordeel bo die heidene nie (vgl hfst. 3 waar hy hierop gaan uitbrei).
Let op dat God op 2 maniere geteken word: 1) as ryk in goedheid, verdraagsaam en geduldig wat deur sy goedheid mense tot bekering wil lei (2:4); 2) as een wat regverdig oordeel en elkeen vergeld volgens sy dade (2:6). Dit sluit sy toornige straf in. Maar Hy trek niemand voor nie. Hy hanteer Jood en nie-Jood op dieselfde manier.
Albei is kante van God wat ons moet raaksien en erken. Ons kan nie net aan die een vashou nie. God gee en Hy neem.
In drie perikope in 2:12-29 waarsku hy die Joodse gesprekgenoot dat:
1. die besit van die wet hulle niks in die sak sal bring, as hulle nie ook doen wat die wet sê nie. Die besit van die wet stel jou immers nie vry van straf nie, eerder die doen van dit wat die wet sê (2:12-16).
2. Die kennis van die wet hulle ook niks in die sak sal bring nie, al leer hulle selfs ander daarvan, want as hulle self nie doen wat die wet sê nie, sal hulle verag word deur heidene en tot ’n belastering van God aanleiding gee (2:17-24).
3. die besnydenis daarom net waarde het as die hele wet van Moses onderhou word (2:25-29).
Die slotsom van die hoofstuk is dat dié een wat doen wat God vra, sal gereken word asof hy besnede is, al is hy nie letterlik besny nie. Maar dit gaan nie oor ’n werkheiligheid nie. Dit gaan oor dade wat vanuit ’n innerlike gesteldheid van die hart gedoen word, ’n ingesteldheid wat deur die Gees bewerk word. Dit gaan verseker nie oor die besit, kennis of handhawing van een deel van die wet, die besnydenis, nie (2:29).
View all posts in this series
- Die brief aan die Romeine - Oct 20, 2010
- Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo - Oct 21, 2010
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Romeine 2 – Die innerlike lewe lei na goeddoen eerder as die wetsvoorskrifte - Oct 22, 2010
- Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo - Oct 25, 2010
- Romeine 4 – Die genade van geloof - Oct 26, 2010
- Beoefen vandag Lectio Divina - Oct 27, 2010
- Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang - Oct 28, 2010
- Romeine 6 – Om vir God te lewe en nie vir die sonde nie - Oct 29, 2010
- Romeine 7 – Die Gees is die agent van verandering, nie die wet nie - Nov 1, 2010
- Romeine 8:1-17 – Die Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is - Nov 2, 2010
- Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees - Nov 3, 2010
- Romeine 9-11 – Die Jode se volle getal sal gelowig word - Nov 4, 2010
- Romeine 12 – Ons het ’n paar kopskuiwe nodig - Nov 5, 2010
- Romeine 13 – Julle moet mekaar liefhê - Nov 8, 2010
- Romeine 14 – Aanvaarding eerder as argumente - Nov 9, 2010
- Romeine 15-16 – Aanvaar mekaar soos Christus julle aanvaar het - Nov 10, 2010
- Die fundamentele vertrekpunt in etiese sake - Sep 9, 2017
- Word verander deur die vernuwing van julle gemoed - Jun 13, 2018
- Uitverkiesing en die eindoordeel - Sep 6, 2018
Elza Vosloo
n Wonderlike geleentheid om die Bybel beter te verstaan en uit te leef! Dankie vir die advertensie, RSG…dis presies wat ek nodig het op die oomblik!