Die 4de Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word.
So lui die eerste vers van Isaac Watts se parafrase van hierdie Psalm reeds in 1719 n.C. wat steeds wêreldwyd in die Christelike kerk gesing word. Hy het nege verse geskryf; die eerste vers het aanvanklik begin met “Our God …”, maar is deur John Wesley verander na “O God”.
Hy het die essensie van hierdie Psalm op ’n besondere raak manier vasgevang. God was ’n toevlug (skuilplek – 2014 vertaling) van geslag tot geslag (vers 1): “in ages past”, sowel as die hoop “for years to come”. Om die waarheid te sê, Hy is “our eternal home.” Want, is Hy dan nie van ewigheid tot ewigheid God nie? (vers 2)
Dit is asof Psalm 91 eenvoudig die gedagtegang van Psalm 90 voorsit, beide in terme van die fokus op die idee dat God ons toevlug is, asook in terme van die feit dat daar nie ’n opskrif vir dié Psalm is nie. Die Griekse vertaling, die LXX, het wel ’n opskrif “’n Loflied van Dawid”.
Corrie ten Boom
Dit is ook ’n Psalm wat van besondere betekenis vir Corrie ten Boom en haar familie was. In hulle huis in Haarlem, Nederland, wat intussen in ’n museum verander is, lê haar pa, Casper, se Bybel oop by Psalm 91. Met hulle inhegtenisneming deur die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog, omdat hulle Jode in hulle huis weggesteek het, het hy vers 1 en 2 uit dié Psalm vir sy familie aangehaal, en sonder vrees die beproewing van die aanhouding aanvaar: “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Allerhoogste geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’”
Die titel val op – ”n Lied vir die sabbatdag” – die enigste Psalm in die Hebreeuse grondteks wat só ‘n titel het.
In die Griekse vertaling van die Psalms is daar egter sewe Psalms wat só aangedui word, in volgorde vir die “sabbatsweek” of “Fees van die weke”. Ons lees daarvan in Eks. 34:22, Deut. 16:10,16, Num. 28:26, en Lev. 23:15. Dit is gehou sewe weke ná die Paasfees, wat gelei het daartoe dat die naam van “Pinkster” (die woord beteken “vyftig”) mettertyd aan dié fees gekoppel is. Dit is natuurlik ook die dag wat die Heilige Gees in die NT tyd uitgestort is.
By dié feesgeleentheid is die sewe Psalms voorgeskryf: Psalm 24; 48; 82; 94; 81; 93; 92. Ek gee hier die skakels na dié Psalms:
Kies dus gerus vir jou hierdie jaar ‘n week in Julie om jou eie “sabbatsweek” te hou en lees agtereenvolgens die sewe Psalms van Sondag tot Saterdag (tradisioneel die sabbatsdag). elke dag ‘n volgende een. Volgende jaar kan jy dit miskien doelbewus in die Pinksterweek doen!
Hierdie Psalm vier God se heerskappy oor die chaosmagte wat stabiliteit gebring het oor die wêreld (vers 1–4) sowel as sekuriteit in die geloofsgemeenskap (vers 5). Dit resoneer met die gedagte van die rus waarvan Gen. 2:1 praat wat beide ’n Goddelike dimensie as ’n menslike dimensie het. Dit is waarom dié Psalm dan ook met die “sabbatsweek” geassosieer is (vgl. my bydrae oor Psalm 92).
perfectly57edc75df4onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteDankie, Matteus het deurgekom. Was eers 'n dag laat, maar nou daagliks op tyd. Sover kry ek 'n paar interessante gedagtes wat mens maklik miskyk as jy net lees v/d geboorte en nie na die mesnlike aspekte kyk nie. Dankie and Vrede.
sparklybc467b2e69onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
originalblizzard19aaa84c56onJosef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
Philip VermaakonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
Chris van WykonPsalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
perfectly57edc75df4onPsalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
Doreen SnydersonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
johannes buhrmannonPsalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
originalblizzard19aaa84c56onInleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar