Die 4de Psalmboek , Psalms 90-106, fokus op die feit dat Jahwe reg deur die eeue getrou gebly het aan die volk van Israel ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis en die volk se voortdurende ongehoorsaamheid. Dit eindig met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem, soos dit in Ps. 106:47 uitgespel word.
So lui die eerste vers van Isaac Watts se parafrase van hierdie Psalm reeds in 1719 n.C. wat steeds wêreldwyd in die Christelike kerk gesing word. Hy het nege verse geskryf; die eerste vers het aanvanklik begin met “Our God …”, maar is deur John Wesley verander na “O God”.
Hy het die essensie van hierdie Psalm op ’n besondere raak manier vasgevang. God was ’n toevlug (skuilplek – 2014 vertaling) van geslag tot geslag (vers 1): “in ages past”, sowel as die hoop “for years to come”. Om die waarheid te sê, Hy is “our eternal home.” Want, is Hy dan nie van ewigheid tot ewigheid God nie? (vers 2)
Dit is asof Psalm 91 eenvoudig die gedagtegang van Psalm 90 voorsit, beide in terme van die fokus op die idee dat God ons toevlug is, asook in terme van die feit dat daar nie ’n opskrif vir dié Psalm is nie. Die Griekse vertaling, die LXX, het wel ’n opskrif “’n Loflied van Dawid”.
Corrie ten Boom
Dit is ook ’n Psalm wat van besondere betekenis vir Corrie ten Boom en haar familie was. In hulle huis in Haarlem, Nederland, wat intussen in ’n museum verander is, lê haar pa, Casper, se Bybel oop by Psalm 91. Met hulle inhegtenisneming deur die Nazi’s tydens die Tweede Wêreldoorlog, omdat hulle Jode in hulle huis weggesteek het, het hy vers 1 en 2 uit dié Psalm vir sy familie aangehaal, en sonder vrees die beproewing van die aanhouding aanvaar: “Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind en die beskerming van die Allerhoogste geniet, hy sê vir die Here: ‘U is my toevlug en my veilige vesting, my God op wie ek vertrou.’”
Die titel val op – ”n Lied vir die sabbatdag” – die enigste Psalm in die Hebreeuse grondteks wat só ‘n titel het.
In die Griekse vertaling van die Psalms is daar egter sewe Psalms wat só aangedui word, in volgorde vir die “sabbatsweek” of “Fees van die weke”. Ons lees daarvan in Eks. 34:22, Deut. 16:10,16, Num. 28:26, en Lev. 23:15. Dit is gehou sewe weke ná die Paasfees, wat gelei het daartoe dat die naam van “Pinkster” (die woord beteken “vyftig”) mettertyd aan dié fees gekoppel is. Dit is natuurlik ook die dag wat die Heilige Gees in die NT tyd uitgestort is.
By dié feesgeleentheid is die sewe Psalms voorgeskryf: Psalm 24; 48; 82; 94; 81; 93; 92. Ek gee hier die skakels na dié Psalms:
Kies dus gerus vir jou hierdie jaar ‘n week in Julie om jou eie “sabbatsweek” te hou en lees agtereenvolgens die sewe Psalms van Sondag tot Saterdag (tradisioneel die sabbatsdag). elke dag ‘n volgende een. Volgende jaar kan jy dit miskien doelbewus in die Pinksterweek doen!
Hierdie Psalm vier God se heerskappy oor die chaosmagte wat stabiliteit gebring het oor die wêreld (vers 1–4) sowel as sekuriteit in die geloofsgemeenskap (vers 5). Dit resoneer met die gedagte van die rus waarvan Gen. 2:1 praat wat beide ’n Goddelike dimensie as ’n menslike dimensie het. Dit is waarom dié Psalm dan ook met die “sabbatsweek” geassosieer is (vgl. my bydrae oor Psalm 92).
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Onlangse kommentaar