Skip to main content

Bybelskool oor die 3de en 4de Psalmboek – 2de kwartaal 2014

Ek gaan ‘n maand later begin met die Bybelskool oor die 3de en 4de Psalmboek.  Dit is vanweë my werksprogram en die baie vakansiedae in April.  Die eerste bydrae as inleiding oor die 3de Psalmboek – Ps. 73-89 – word op 7 Mei geplaas en die laaste bydrae op 25 Junie.  Daar is ook net 5 byeenkomste in Somerstrand gemeente weens dieselfde faktore, asook verkiesingsdag.  Jammer vir diegene wie se beplanning hierdeur geraak word.

Hier is my voorgestelde program vir die 2de kwartaal:

Continue reading

Inleiding op die Psalms

Die Psalms beklee ’n baie besondere plek in die Bybel.  Dit is omdat die Psalms die taal van die hart gebruik.  Dit sal jou binneste  roer, en jou verbeelding  wakker maak om ‘n ruimte te skep waarin jou eie gesprek met God kan verdiep.

Een van die belangrikste lewenslesse wat die Psalms my geleer het, is dat ons gesprek met God nooit losgemaak kán of hóéf te word van ons lewensomstandighede nie.

Continue reading

Vorige bydraes

Inleiding op die 3de Psalmboek: Psalms 73-89

Die derde boek van die Psalms (Psalms 73-89) veronderstel meesal die ballingskap en val van Jerusalem – 6de eeu v.C. – met die vrae en dreigende wanhoop wat dit in die lewe van die volk opgeroep het.  Dit is diep en donker wroeginge oor die toekoms, waarin die voorspoed van die onregverdiges en goddeloses tot baie vrae en worstelinge aanleiding gee.  Ons vind hier dus meesal Klaagpsalms met Psalm 73 die inleiding wat die tema van twyfel eerlik op die tafel sit, weliswaar met die uiteindelike boodskap dat twyfel in die nabye teenwoordigheid van God tot rus kan kom (vers 23-28).

Die vierde Psalmboek (Psalms 90-106) fokus weer op Jahwe se koningskap ten spyte van die problematiek van die Dawidiese koningshuis wat aan God ongehoorsaam was, met ’n appèl aan Jahwe om die ballinge weer terug te bring na Jerusalem (vgl. Ps 106:47).  Psalm 90 – die Psalm van Moses – wat waarskynlik vroeër gedateer kan word, lei die tema van God as toevlug van geslag tot geslag in.  Hier is dus veral Lofpsalms.

Hierdie twee Psalmboeke gee dus vir ons woorde vir ons gebede wat ons kan bid beide in die donker tye wat ons ervaar as in die tye van hoop en verwagting.


by Chris van Wyk

Indeling van die 3de Psalmboek

Die eerste Psalm in dié Psalmboek, Psalm 73, begin met die stelling: “God is vir Israel baie goed.” Dít is die stelling van die Psalmis wat deeglik getoets gaan word in die res van die derde Psalmboek, want die vraag is of die stelling waar is in die lig van die voorspoed van die goddeloses en die dilemma van die ballingskap wat aan God se straf toegeskryf word.  Hoekom laat God dit so goed gaan met die goddeloses as dit so swaar gaan met die regverdiges wat ly onder die oordeel van God oor die ongehoorsaamheid van die res van die volk?

Die antwoord wat die derde Psalmboek verskaf, lê onder andere opgesluit in die boodskap van Psalm 82 (en 88) dat die hoop by God self lê en sy ingrype, “want al die nasies behoort aan U.” (82:8)  Hy sal uitspraak lewer sodat daar reg kan geskied regoor die hele aarde (vers 3-4).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda