Prediker 1:1-11 – Alles kom tot niks. Daar is niks blywends nie.
Lees vir feite, onveranderlikhede en vreugdes
‘n Handige manier om Prediker te lees, is aan die hand van drie aspekte van die Prediker se wysheid, soos RBY Scott dit in sy kommentaar opsom (Anchor Bible):
- One must face facts;
- One must learn to live with what cannot be changed;
- One must develop the capacity to find enjoyment in work and wisdom and in the very experience of living.
Probeer dus, soos jy lees, die dele in die teks te merk wat vir jou tref as:
- feite waarmee jy rekening moet hou (bv regverdiges word nie noodwendig meer as goddeloses beloon nie – 8:14),
- onveranderlikhede wat jy moet leer om te aanvaar (bv korrupsie is deel van enige burokrasie – 5:7-8), en
- vreugdes wat jy deel van jou lewe moet maak (bv geniet die lewe met die vrou/man wat jy liefhet – 9:9).
Kies dan een van dié feite, onveranderlikhede of vreugdes om (losweg gebaseer op Lectio Divina):
- diep daaroor na te dink, veral oor die praktiese betekenis vir jou lewe,
- met die Here daaroor te gesels in gebed, en
- jou lewe daarop te baseer of daaraan toe te wy.
Dit kan (en sal!) jou lewe verander.
Onlangse kommentaar