Tien jaar se werk voltooi by Bybelskool.com

www.taemen.co.kr

Ek voel bevoorreg. Ek het vandag tien jaar se werk voltooi. Met die boek Rigters het ek vandag my hoofstuk-vir-hoofstuk deurlees van die Bybel voltooi. Dit was Geduld en Genade, soos my titel vir die boek van Rigters dit sê. En dit is ook hoe ek voel oor dié geseënde tyd!

Die bydraes sal nog kom soos dit moet tot en met die 20ste Maart 2018. Jy sal dit dus nog op die regte tyd elke weeksdag ontvang.

Ek wil net graag baie dankie sê vir die ondersteuning deur die jare. Dit was nie net van onskatbare waarde vir my nie, maar ‘n onontbeerlike deel van dié pad waarop die Here my geplaas het.

Daar is nie regtig woorde om te beskryf hoe ek voel nie. Net dankbaar. Tevrede. ‘n Bietjie oorstelp.

Groete en tot aan die einde julle metgesel in Christus​.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (20)

  • Baie geluk en geluk dr Chris. Ek het Bybelskool se webwerf eers onlangs ontdek, maar wat ‘n voorreg om op hierdie webwerf tyd te spandeer in Bybelstudie en saam met ons Skepper. So dankbaar vir al u harde werk en tyd wat u hier insit. Mag die Here u seën op die pad vorentoe. Liefde in Christus. Johann de Beer.

  • Ds Chris, baie dankie vir al die harde werk deur al die jare. U werk is vir my ñ groot sëen en ek glo ook vir baie ander wat ook ingeteken is en is van uitstaande gehalte. Mag God u nog verder sëen in u werk. Groete

  • Dit was en is nog steeds vir my n baie besonderse voorreg om deel te wees van u bybelskool. Baie baie dankie vir al die ure se harde werk. Ek neem aan die website sal altyd beskikbaar wees. Ek het al ook dit aanbeveel by ander.

  • Dr Chris van Zyl

    Ek het groot waardering en bevrediging uit die bydraes hiermee ervaar. Doen so voort… deur te dien bereik mens andere. Seën vir jou toegebid vir jou voortgesette bydraes om skille van oë te verslap en insig te voorsien.
    Chris uit Windhoek

  • Retha van Graan

    Goeiemôre Chris – bietjie laat begin volg maar groot waardering vir die insig en wysheid wat jy met ons gedeel het! Verseker beplan ek om voort te gaan elke dag met die hoofstukke wat ek voorheen gemis het!!

    Kan ek voorstel dat jy weer daagliks voortgaan met die deel van voltooide hoofstukke vir nuwelinge wat nie vooraf gevolg het nie!!

    Baie baie dankie en mag die Here jou ryklik seën!

    Groete uit Montana, Pretoria
    Retha

    • Alles is natuurlik beskikbaar, maar jy bedoel waarskynlik om die stukke weer te stuur op ‘n daaglikse basis. Sal dink daaroor. Ek oorweeg egter om dit uit te gee in boekvorm. Sal kyk waarvoor ek tyd het en waar die behoefte lê.

  • Ek is baie dankbaar dat ek kon deel wees as ‘n lesende/oordenkende reisiger. Onder is my vraag beantwoord – dat jy dit oorweeg om ‘n boek uit te gee. Ons sien uit daarna.

  • Baie geluk! Vir my was (is) dit altyd goed gewees om verdere perspektief op n gedeelte te lees, soos onlangs bv. met Josua, waar ons as Bybelstudiegroep ook die boek behandel het. Sal graag die boek op my rak wil he.

  • Baie Baie dankie Chris. Dit wat ek het van jou is van ontskatbare waarde. Dankie vir jou gehoorsaamheid. Ek het ongelukkig nie al die boeke saam deurgewerk nie en sal graag die ander studies ook wil bekom indien moontlik. Is daar ‘n webtuiste vir dit asb.

  • Andre Kritzinger

    Dankie Chris. Ek het groot waardering, agting en “vertroue” in jou werk. Wanneer ek ‘n gedeelte wil gebruik, is Bybelskool.com een van my eerste parkeerplekke.
    Jy is ‘n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die Here

    Vrede vir jou toegebid

  • Ek kan net beaam wat Andre Kritzinger sê.
    Jy is ‘n besondere instrument met besondere gawes vir die Liggaam van die Here

  • Francois Conradie

    Ds,
    Eerstens dankie aan God dat Hy u die besondere gawes, gesondheid en energie gee. Tweedes, dankie dat u soveel van u tyd opgeoffer het om hierdie juweel vir Afrikaanse Bybellesers te skep.
    Derdes, dankie aan die Kerkraad van Somerstrand Gemeente vir hulle wysheid om u toe te laat om soveel van u tyd aan hierdie erfstuk te wy.
    Die Here seën u en u dierbares.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: