Drie vaste gebedstye – met Bybelteks
Die Jode het drie gebedstye gehad, soos ons in Daniël se lewe geïllustreer sien. Hy het drie maal per dag voor God gekniel en Hom geprys, aanbid en gedank (Dan 6:11). In die Joodse tradisie is daar mettertyd ’n uitgebreide aantal voorskrifte vir dié gebede ontwikkel wat vandag nog nagevolg word. Lees my bydrae oor drie vaste gebedstye hier.
Jy kan egter hierdie vaste gebedstye inrig soos jy wil. Ek gee hier my eie drie voorbeelde daarvan met die volledige Bybelteks wat jy kan gebruik. Jy kan dit in hierdie bydrae op jou selfoon lees of die pdf aflaai om uit te druk.
Laai dit hier af in pdf formaat: Drie vaste gebedstye.pdf
Die oggendgebed (Shacharit)
1. Loof die Here vir sy wese en sy werke.
Bid een van die Hallel Psalms: Psalm 113-118.
Psalm 1131Halleluja! Diensknegte van die HERE, loof, ja, loof die Naam van die HERE. 2Die Naam van die HERE moet geprys word, van nou af tot in ewigheid. 3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die HERE geloof word. 4Hoog bo al die nasies is die HERE; bo die hemel is sy majesteit. 5Wie is soos die HERE, ons God, wat hoog woon, 6wat moet afbuk om na die hemel en die aarde te kyk — 7Hy wat hulpeloses uit die stof laat opstaan, van die ashoop af behoeftiges verhef 8om hulle by vooraanstaande mense te laat sit, by die vooraanstaande mense van sy volk, 9wat aan die onvrugbare vrou van die huis ‘n tuiste gee — ‘n gelukkige ma van kinders. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 113)
Psalm 1141Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met ‘n vreemde taal, 2het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied. 3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins. 4Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers. 5Wat gaan met jou aan, see, dat jy vlug, Jordaan, dat jy terugdeins, 6berge, dat julle soos ramme bokspring, heuwels, soos lammers? 7Krimp ineen, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob, 8wat die rots verander het in ‘n bron van water, die vuursteen in ‘n waterfontein. (Bydrae oor Psalm 114)
Psalm 1151Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, vanweë u troue liefde, vanweë u bestendigheid. 2Waarom sê die nasies: “Waar is hulle God dan?” 3Ons God is in die hemel; alles wat Hom behaag, doen Hy. 4Hulle afgode is silwer en goud, die werk van mensehande. 5Hulle het monde, maar kan nie praat nie, oë, maar kan nie sien nie. 6Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, neuse, maar kan nie ruik nie, 7hande, maar kan nie voel nie, voete, maar kan nie loop nie; met hulle kele maak hulle geen geluid nie. 8Hulle makers sal net soos hulle word — ja, elkeen wat op hulle vertrou. 9Israel, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 10Huis van Aäron, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 11Wie vir die HERE ontsag het, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 12Die HERE dink aan ons. Hy sal seën: Hy sal die huis van Israel seën; Hy sal die huis van Aäron seën; 13Hy sal hulle wat vir die HERE ontsag het, seën — die kleintjies saam met die grotes. 14Mag die HERE julle meer maak, julle en julle kinders. 15Mag julle geseën word deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het. 16Die hemel is die HERE se hemel, maar die aarde het Hy vir mensekinders gegee. 17Die dooies sal die HERE nie loof nie, nie enige van hulle wat na die stilte afdaal nie. 18Maar ons, ons sal die HERE prys, van nou af en vir altyd. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 115)
Psalm 1161Ek het die HERE lief, want Hy luister na my smeekgebed; 2ja, Hy draai sy oor na my, en solank ek leef, sal ek Hom aanroep. 3Bande van die dood het my omstrengel; angste van die doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar. 4Toe het ek die Naam van die HERE bly aanroep: “Ag HERE, red tog my lewe!” 5Genadig is die HERE en regverdig; ons God is barmhartig. 6Die HERE beskerm eenvoudiges; ek is nietig, maar Hy het my verlos. 7Kom weer tot rus, my siel, want die HERE het goed gedoen aan jou. 8Ja, U het my lewe van die dood gered, my oë van trane, my voete van struikeling. 9Ek mag leef in die teenwoordigheid van die HERE, in die land van die lewendes. 10Ek het bly glo, selfs toe ek gesê het: “Ek is platgeslaan.” 11Ek is die een wat oorhaastig gesê het: “Alle mense is leuenaars.” 12Hoe kan ek die HERE vergoed vir al sy goeie dade aan my? 13Die beker van verlossing sal ek oplig en die Naam van die HERE aanroep. 14My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk. 15Vir die HERE is die dood van sy troue volgelinge ‘n duur verlies. 16Ag HERE, omdat ek u dienskneg is — ja, ek is u dienskneg, die seun van u diensmeisie — het U my boeie losgemaak. 17Aan U sal ek ‘n dankoffer bring en die Naam van die HERE aanroep. 18My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk, 19in die voorhowe van die huis van die HERE, in jou midde, Jerusalem. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 116)
Psalm 1171Loof die HERE, alle nasies, besing Hom, alle volke, 2want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die HERE is vir ewig. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 117)
Psalm 1181Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. 2Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 3Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 4Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 5In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. 6Die HERE is vir my; ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen? 7Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. 8Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. 9Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaande mense te vertrou. 10Alle nasies het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 11Hulle het op my toegesak, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 12Hulle het op my toegesak soos bye, maar hulle is geblus soos ‘n vuur in doringtakke. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 13Ek is hard gestamp om my tot ‘n val te bring, maar die HERE het my gehelp. 14My krag en my sterkte was die HERE; Hy het tot my redding gekom. 15Hoor die geluid van juigkrete, van redding in die tente van die regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 16Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 17Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. 18Die HERE het my swaar gestraf, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie. 19Maak vir my die poorte na geregtigheid oop; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. 20“Hier is die poort na die HERE — regverdiges mag daardeur ingaan.” 21Ek wil U loof, omdat U my geantwoord en tot my redding gekom het. 22Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword. 23Van die HERE het dit gekom; dit is ‘n wonder in ons oë. 24Dit is die dag wat die HERE tot stand gebring het; laat ons juig en ons in Hom verheug. 25Ag HERE, verlos ons tog! Ag HERE, gee tog voorspoed! 26“Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE.” “Ons seën julle uit die huis van die HERE.” 27Die HERE is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die sirkeldans uit tot by die horings van die altaar. 28U is my God en ek loof U! My God, ek wil U verheerlik. 29Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. (Bydrae oor Psalm 118)
2. Dank die Here vir sy sorg.
Bid Psalm 136 in jou eie woorde. Jy kan dit in vyf dele opdeel as dit te lank is. Eerste dag: vers 1-9 (skepping). Tweede dag: vers 10-15 (verlossing). Derde dag: vers 16-22 (oorwinning). Vierde en vyfde dag: vers 23-26 (voorsiening).
Psalm 1361Loof die HERE, want Hy is goed — want vir ewig duur sy troue liefde — 2loof die God van die gode — want vir ewig duur sy troue liefde — 3loof die Heer van die here — want vir ewig duur sy troue liefde. 4Loof Hom, die enigste wat groot wonders doen — want vir ewig duur sy troue liefde — 5wat met vernuf die hemel gemaak het — want vir ewig duur sy troue liefde — 6wat die aarde oor die waters uitgespan het — want vir ewig duur sy troue liefde — 7wat die groot ligte gemaak het — want vir ewig duur sy troue liefde — 8die son om te heers in die dag — want vir ewig duur sy troue liefde — 9die maan en sterre om te heers in die nag — want vir ewig duur sy troue liefde. 10Loof Hom wat Egipte getref het deur hulle eersgeborenes — want vir ewig duur sy troue liefde — 11en Israel uit hulle midde gelei het — want vir ewig duur sy troue liefde — 12met ‘n sterk hand en uitgestrekte arm — want vir ewig duur sy troue liefde. 13Loof Hom wat die Rietsee in twee gesny het — want vir ewig duur sy troue liefde — 14en Israel in die middel laat deurtrek het — want vir ewig duur sy troue liefde — 15maar die farao en sy leër in die Rietsee afgeskud het — want vir ewig duur sy troue liefde. 16Loof Hom wat sy volk deur die woestyn gelei het — want vir ewig duur sy troue liefde — 17groot konings verslaan het — want vir ewig duur sy troue liefde — 18magtige konings gedood het — want vir ewig duur sy troue liefde — 19Sihon, die koning van die Amoriete — want vir ewig duur sy troue liefde — 20en Og, die koning van Basan — want vir ewig duur sy troue liefde. 21Loof Hom wat hulle land as erfdeel gegee het — want vir ewig duur sy troue liefde — 22as erfdeel aan Israel sy dienskneg — want vir ewig duur sy troue liefde — 23wat in ons vernedering aan ons gedink het — want vir ewig duur sy troue liefde — 24en ons van ons teenstanders weggeruk het — want vir ewig duur sy troue liefde — 25wat kos gee aan alles wat leef — want vir ewig duur sy troue liefde. 26Loof die God van die hemel — want vir ewig duur sy troue liefde! (Bydrae oor Psalm 136)
3. Aanbid die Here vir wie Hy is.
Bid Deuteronomium 6:4-6 in jou eie woorde.
Deuteronomium 64Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. 6En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; 7en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. (Bydrae oor Deuteronomium 6)
4. Bely jou skuld voor die Here.
Bid Psalm 51:11-15 in jou eie woorde.
Psalm 5111Sluit u oë vir my sonde, en al my skuld, wis dit uit. 12Skep ‘n rein hart vir my, o God, vernuwe ‘n bestendige gees in my binneste. 13Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u heilige Gees nie van my wegneem nie. 14Laat my weer jubel oor u verlossing, laat ‘n gewillige gees my ondersteun. 15Ek wil oortreders u paaie leer, dat sondaars na U kan terugkeer. (Bydrae oor Psalm 51)
5. Doen voorbidding.
Gebruik beloftes van die Here in jou gesprek met Hom oor dít wat die Here op jou hart lê, bv Lukas 11:9-13. Skryf dit neer in ’n joernaal sodat jy die antwoorde kan byvoeg soos dit gebeur.
Lukas 119En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 10Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 11En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom ’n klip gee; of ook ’n vis, en hy sal hom in plaas van ’n vis ’n slang gee; 12of ook as hy ’n eier vra, hom ’n skerpioen gee? 13As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? (Bydrae oor Lukas 11)
6. Bid om God se seën.
Bid Numeri 6:24-26 in jou eie woorde.
Numeri 624Die Here seën jou en beskerm jou. 25Die Here se gesig skyn oor jou en Hy is jou genadig. 26Die Here lig sy gesig op na jou en Hy gee aan jou vrede. (Bydrae oor Numeri 6)
7. Sluit af met die belydenis dat die Here alleen God is.
Bid Deuteronomium 4:39 in jou eie woorde.
Deuteronomium 439Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. (Bydrae oor Deuteronomium 4)
Die middaggebed (Mincha)
1. Loof die Here vir sy wese en sy werke.
Bid een van die Hallel Psalms: Psalm 113-118.
Psalm 1131Halleluja! Diensknegte van die HERE, loof, ja, loof die Naam van die HERE. 2Die Naam van die HERE moet geprys word, van nou af tot in ewigheid. 3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die HERE geloof word. 4Hoog bo al die nasies is die HERE; bo die hemel is sy majesteit. 5Wie is soos die HERE, ons God, wat hoog woon, 6wat moet afbuk om na die hemel en die aarde te kyk — 7Hy wat hulpeloses uit die stof laat opstaan, van die ashoop af behoeftiges verhef 8om hulle by vooraanstaande mense te laat sit, by die vooraanstaande mense van sy volk, 9wat aan die onvrugbare vrou van die huis ‘n tuiste gee — ‘n gelukkige ma van kinders. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 113)
Psalm 1141Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met ‘n vreemde taal, 2het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied. 3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins. 4Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers. 5Wat gaan met jou aan, see, dat jy vlug, Jordaan, dat jy terugdeins, 6berge, dat julle soos ramme bokspring, heuwels, soos lammers? 7Krimp ineen, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob, 8wat die rots verander het in ‘n bron van water, die vuursteen in ‘n waterfontein. (Bydrae oor Psalm 114)
Psalm 1151Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, vanweë u troue liefde, vanweë u bestendigheid. 2Waarom sê die nasies: “Waar is hulle God dan?” 3Ons God is in die hemel; alles wat Hom behaag, doen Hy. 4Hulle afgode is silwer en goud, die werk van mensehande. 5Hulle het monde, maar kan nie praat nie, oë, maar kan nie sien nie. 6Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, neuse, maar kan nie ruik nie, 7hande, maar kan nie voel nie, voete, maar kan nie loop nie; met hulle kele maak hulle geen geluid nie. 8Hulle makers sal net soos hulle word — ja, elkeen wat op hulle vertrou. 9Israel, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 10Huis van Aäron, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 11Wie vir die HERE ontsag het, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 12Die HERE dink aan ons. Hy sal seën: Hy sal die huis van Israel seën; Hy sal die huis van Aäron seën; 13Hy sal hulle wat vir die HERE ontsag het, seën — die kleintjies saam met die grotes. 14Mag die HERE julle meer maak, julle en julle kinders. 15Mag julle geseën word deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het. 16Die hemel is die HERE se hemel, maar die aarde het Hy vir mensekinders gegee. 17Die dooies sal die HERE nie loof nie, nie enige van hulle wat na die stilte afdaal nie. 18Maar ons, ons sal die HERE prys, van nou af en vir altyd. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 115)
Psalm 1161Ek het die HERE lief, want Hy luister na my smeekgebed; 2ja, Hy draai sy oor na my, en solank ek leef, sal ek Hom aanroep. 3Bande van die dood het my omstrengel; angste van die doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar. 4Toe het ek die Naam van die HERE bly aanroep: “Ag HERE, red tog my lewe!” 5Genadig is die HERE en regverdig; ons God is barmhartig. 6Die HERE beskerm eenvoudiges; ek is nietig, maar Hy het my verlos. 7Kom weer tot rus, my siel, want die HERE het goed gedoen aan jou. 8Ja, U het my lewe van die dood gered, my oë van trane, my voete van struikeling. 9Ek mag leef in die teenwoordigheid van die HERE, in die land van die lewendes. 10Ek het bly glo, selfs toe ek gesê het: “Ek is platgeslaan.” 11Ek is die een wat oorhaastig gesê het: “Alle mense is leuenaars.” 12Hoe kan ek die HERE vergoed vir al sy goeie dade aan my? 13Die beker van verlossing sal ek oplig en die Naam van die HERE aanroep. 14My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk. 15Vir die HERE is die dood van sy troue volgelinge ‘n duur verlies. 16Ag HERE, omdat ek u dienskneg is — ja, ek is u dienskneg, die seun van u diensmeisie — het U my boeie losgemaak. 17Aan U sal ek ‘n dankoffer bring en die Naam van die HERE aanroep. 18My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk, 19in die voorhowe van die huis van die HERE, in jou midde, Jerusalem. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 116)
Psalm 1171Loof die HERE, alle nasies, besing Hom, alle volke, 2want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die HERE is vir ewig. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 117)
Psalm 1181Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. 2Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 3Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 4Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 5In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. 6Die HERE is vir my; ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen? 7Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. 8Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. 9Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaande mense te vertrou. 10Alle nasies het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 11Hulle het op my toegesak, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 12Hulle het op my toegesak soos bye, maar hulle is geblus soos ‘n vuur in doringtakke. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 13Ek is hard gestamp om my tot ‘n val te bring, maar die HERE het my gehelp. 14My krag en my sterkte was die HERE; Hy het tot my redding gekom. 15Hoor die geluid van juigkrete, van redding in die tente van die regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 16Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 17Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. 18Die HERE het my swaar gestraf, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie. 19Maak vir my die poorte na geregtigheid oop; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. 20“Hier is die poort na die HERE — regverdiges mag daardeur ingaan.” 21Ek wil U loof, omdat U my geantwoord en tot my redding gekom het. 22Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword. 23Van die HERE het dit gekom; dit is ‘n wonder in ons oë. 24Dit is die dag wat die HERE tot stand gebring het; laat ons juig en ons in Hom verheug. 25Ag HERE, verlos ons tog! Ag HERE, gee tog voorspoed! 26“Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE.” “Ons seën julle uit die huis van die HERE.” 27Die HERE is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die sirkeldans uit tot by die horings van die altaar. 28U is my God en ek loof U! My God, ek wil U verheerlik. 29Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. (Bydrae oor Psalm 118)
2. Loof die Here vir sy grootheid en goedheid.
Bid Psalm 145 in jou eie woorde.
Psalm 1451‘n Loflied. Van Dawid. אALEF Ek wil U verheerlik, o Koning, my God; ek wil u Naam prys vir altyd en ewig. בBET 2Elke dag wil ek U prys en u Naam loof vir altyd en ewig. גGIMEL 3Groot is die HERE en baie lofwaardig; sy grootheid is ondeurgrondelik. דDALET 4Geslag ná geslag besing u werke; u magtige dade verkondig hulle. הHE 5Oor die glans van u luisterryke majesteit en die woorde van u wonders wil ek nadink. וWAW 6Oor die krag van u ontsagwekkende dade praat mense; van u grootheid wil ek vertel. זZAJIN 7Oor herinneringe aan u groot goedheid sal hulle uitwei; oor u regverdige optrede sal hulle juig. חGET 8Genadig en barmhartig is die HERE, geduldig en groot in troue liefde. טTET 9Die HERE is goed vir almal, en sy barmhartigheid strek oor al sy werke. יJOD 10HERE, al u werke loof U, en u troue volgelinge prys U. כKAF 11Oor die majesteit van u koningskap praat hulle en u mag verkondig hulle; לLAMED 12sodat die mensdom kan kennis neem van u magtige dade, van die majesteit van u glansryke koningskap. מMEM 13U koningskap strek oor alle ewighede, u heerskappy duur deur al die komende geslagte. סSAMEK 14Die HERE ondersteun almal wat val, en help almal op wat terneergedruk is. עAJIN 15Alle oë kyk vol verwagting na U, en U gee vir hulle kos op tyd. פPE 16Wanneer U u hand oopmaak, versadig U al wat lewe met wat hulle wil hê. צTSADE 17Regverdig is die HERE in al sy weë en getrou aan alles wat Hy gemaak het. קKOF 18Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in waarheid aanroep. רRESJ 19Hy vervul die wens van dié wat vir Hom ontsag het; hulle hulpgeroep hoor Hy, en Hy verlos hulle. שׁSJIN 20Die HERE beskerm almal wat Hom liefhet, maar al die goddelose mense vernietig Hy. תTAW 21My mond sal die lof van die HERE verkondig; alle mense moet sy heilige Naam prys vir altyd en ewig.
3. Aanbid die Here vir wie Hy is.
Bid Deuteronomium 6:4-6 in jou eie woorde.
Deuteronomium 64Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. 6En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; 7en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. (Bydrae oor Deuteronomium 6)
4. Sluit af met die belydenis dat die Here alleen God is.
Bid Deuteronomium 4:39 in jou eie woorde.
Deuteronomium 439Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. (Bydrae oor Deuteronomium 4)
Die aandgebed (Maariv)
1. Loof die Here vir sy wese en sy werke.
Bid een van die Hallel Psalms: Psalm 113-118.
Psalm 1131Halleluja! Diensknegte van die HERE, loof, ja, loof die Naam van die HERE. 2Die Naam van die HERE moet geprys word, van nou af tot in ewigheid. 3Van waar die son opkom tot waar dit ondergaan, moet die Naam van die HERE geloof word. 4Hoog bo al die nasies is die HERE; bo die hemel is sy majesteit. 5Wie is soos die HERE, ons God, wat hoog woon, 6wat moet afbuk om na die hemel en die aarde te kyk — 7Hy wat hulpeloses uit die stof laat opstaan, van die ashoop af behoeftiges verhef 8om hulle by vooraanstaande mense te laat sit, by die vooraanstaande mense van sy volk, 9wat aan die onvrugbare vrou van die huis ‘n tuiste gee — ‘n gelukkige ma van kinders. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 113)
Psalm 1141Toe Israel uit Egipte weggetrek het, die huis van Jakob weg van die volk met ‘n vreemde taal, 2het Juda God se heiligdom geword, Israel sy magsgebied. 3Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het teruggedeins. 4Die berge het gebokspring soos ramme, die heuwels soos lammers. 5Wat gaan met jou aan, see, dat jy vlug, Jordaan, dat jy terugdeins, 6berge, dat julle soos ramme bokspring, heuwels, soos lammers? 7Krimp ineen, aarde, voor die Heer, voor die God van Jakob, 8wat die rots verander het in ‘n bron van water, die vuursteen in ‘n waterfontein. (Bydrae oor Psalm 114)
Psalm 1151Nie aan ons nie, HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, vanweë u troue liefde, vanweë u bestendigheid. 2Waarom sê die nasies: “Waar is hulle God dan?” 3Ons God is in die hemel; alles wat Hom behaag, doen Hy. 4Hulle afgode is silwer en goud, die werk van mensehande. 5Hulle het monde, maar kan nie praat nie, oë, maar kan nie sien nie. 6Hulle het ore, maar kan nie hoor nie, neuse, maar kan nie ruik nie, 7hande, maar kan nie voel nie, voete, maar kan nie loop nie; met hulle kele maak hulle geen geluid nie. 8Hulle makers sal net soos hulle word — ja, elkeen wat op hulle vertrou. 9Israel, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 10Huis van Aäron, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 11Wie vir die HERE ontsag het, vertrou op die HERE! Hy is hulle hulp en hulle skild. 12Die HERE dink aan ons. Hy sal seën: Hy sal die huis van Israel seën; Hy sal die huis van Aäron seën; 13Hy sal hulle wat vir die HERE ontsag het, seën — die kleintjies saam met die grotes. 14Mag die HERE julle meer maak, julle en julle kinders. 15Mag julle geseën word deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het. 16Die hemel is die HERE se hemel, maar die aarde het Hy vir mensekinders gegee. 17Die dooies sal die HERE nie loof nie, nie enige van hulle wat na die stilte afdaal nie. 18Maar ons, ons sal die HERE prys, van nou af en vir altyd. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 115)
Psalm 1161Ek het die HERE lief, want Hy luister na my smeekgebed; 2ja, Hy draai sy oor na my, en solank ek leef, sal ek Hom aanroep. 3Bande van die dood het my omstrengel; angste van die doderyk het my oorval; benoudheid en bekommernis het ek ervaar. 4Toe het ek die Naam van die HERE bly aanroep: “Ag HERE, red tog my lewe!” 5Genadig is die HERE en regverdig; ons God is barmhartig. 6Die HERE beskerm eenvoudiges; ek is nietig, maar Hy het my verlos. 7Kom weer tot rus, my siel, want die HERE het goed gedoen aan jou. 8Ja, U het my lewe van die dood gered, my oë van trane, my voete van struikeling. 9Ek mag leef in die teenwoordigheid van die HERE, in die land van die lewendes. 10Ek het bly glo, selfs toe ek gesê het: “Ek is platgeslaan.” 11Ek is die een wat oorhaastig gesê het: “Alle mense is leuenaars.” 12Hoe kan ek die HERE vergoed vir al sy goeie dade aan my? 13Die beker van verlossing sal ek oplig en die Naam van die HERE aanroep. 14My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk. 15Vir die HERE is die dood van sy troue volgelinge ‘n duur verlies. 16Ag HERE, omdat ek u dienskneg is — ja, ek is u dienskneg, die seun van u diensmeisie — het U my boeie losgemaak. 17Aan U sal ek ‘n dankoffer bring en die Naam van die HERE aanroep. 18My geloftes aan die HERE sal ek betaal, daar voor sy hele volk, 19in die voorhowe van die huis van die HERE, in jou midde, Jerusalem. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 116)
Psalm 1171Loof die HERE, alle nasies, besing Hom, alle volke, 2want magtig oor ons is sy troue liefde, ja, die trou van die HERE is vir ewig. Halleluja! (Bydrae oor Psalm 117)
Psalm 1181Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. 2Laat Israel sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 3Laat die huis van Aäron sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 4Laat dié wat vir die HERE ontsag het, sê: “Vir ewig duur sy troue liefde.” 5In my angs het ek geroep: “HERE!” Hy het my geantwoord; die HERE het vir my ruimte gemaak. 6Die HERE is vir my; ek is nie bang nie. Wat kan ‘n mens aan my doen? 7Die HERE is vir my, as my helper; en ek, ek sal op my haters neersien. 8Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou. 9Dit is beter om by die HERE te skuil as om op vooraanstaande mense te vertrou. 10Alle nasies het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 11Hulle het op my toegesak, ja, hulle het op my toegesak; in die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 12Hulle het op my toegesak soos bye, maar hulle is geblus soos ‘n vuur in doringtakke. In die Naam van die HERE kon ek hulle waarlik afweer. 13Ek is hard gestamp om my tot ‘n val te bring, maar die HERE het my gehelp. 14My krag en my sterkte was die HERE; Hy het tot my redding gekom. 15Hoor die geluid van juigkrete, van redding in die tente van die regverdiges. Die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 16Die regterhand van die HERE is hoog gelig; die regterhand van die HERE doen kragtige dade. 17Ek sal nie sterf nie, maar ek sal lewe en vertel van die dade van die HERE. 18Die HERE het my swaar gestraf, maar aan die dood het Hy my nie oorgegee nie. 19Maak vir my die poorte na geregtigheid oop; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. 20“Hier is die poort na die HERE — regverdiges mag daardeur ingaan.” 21Ek wil U loof, omdat U my geantwoord en tot my redding gekom het. 22Die klip wat die bouers afgekeur het, het die hoeksteen geword. 23Van die HERE het dit gekom; dit is ‘n wonder in ons oë. 24Dit is die dag wat die HERE tot stand gebring het; laat ons juig en ons in Hom verheug. 25Ag HERE, verlos ons tog! Ag HERE, gee tog voorspoed! 26“Geseënd is hy wat kom in die Naam van die HERE.” “Ons seën julle uit die huis van die HERE.” 27Die HERE is God; Hy het vir ons lig laat skyn. Voer met gevlegte takke die sirkeldans uit tot by die horings van die altaar. 28U is my God en ek loof U! My God, ek wil U verheerlik. 29Loof die HERE, want Hy is goed; ja, vir ewig duur sy troue liefde. (Bydrae oor Psalm 118)
2. Bid vir die Here se bystand en beskerming.
Bid Psalm 121 in jou eie woorde. Jy kan ook Psalm 27 as alternatief gebruik. Die Ons Vader sal ook goed hier pas (Matt 6).
Psalm 1211‘n Pelgrimslied. Ek kyk op na die berge: Waar sal my hulp vandaan kom? 2My hulp is van die HERE, wat hemel en aarde gemaak het. 3Hy sal nie toelaat dat jou voet struikel nie; jou Beskermer sal nie insluimer nie. 4Kyk, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie en Hy slaap nie. 5Die HERE is jou Beskermer; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. 6Bedags sal die son jou nie dodelik tref nie, en snags ook nie die maan nie. 7Die HERE sal jou beskerm teen elke onheil; Hy sal jou lewe beskerm. 8Die HERE sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd.
Psalm 271Van Dawid. Die HERE is my lig en my redding; vir wie sal ek bang wees? Die HERE is die toevlug van my lewe; vir wie sal ek skrik? 2As kwaaddoeners op my toesak om my lewendig te verslind, ja, my teenstanders en my vyande, struikel hulle self en val. 3Al sou ‘n leër teen my laer opslaan, sal my hart nie bang wees nie; al sou ‘n oorlog teen my uitbreek, sal ek bly vertrou. 4Een ding het ek van die HERE gevra en dit sal ek bly nastreef: om my lewe lank in die huis van die HERE te woon, om die lieflikhede van die HERE te aanskou en daaroor na te dink in sy tempel. 5Ja, Hy steek my weg in sy skuilplek op ‘n dag van onheil; Hy verberg my in die beskutting van sy tent; Hy tel my hoog op ‘n rots. 6Daarom is my kop hoog bo my vyande rondom my. Ek wil met uitroepe van vreugde offers bring in sy tent, ek wil sing, met begeleiding sing, vir die HERE. 7Luister tog, HERE, na my stem wanneer ek roep, wees my genadig en antwoord my! 8My hart eggo u woorde: “Julle moet my teenwoordigheid opsoek!” U teenwoordigheid, Here, soek ek op. 9Moet u gesig nie vir my verberg nie, moet u dienskneg nie in woede wegwys nie. U was my Helper, moet my nie verstoot of verlaat nie, God wat my red. 10Selfs al verlaat my pa en my ma my, die HERE sal my aanneem. 11HERE, leer my u pad, lei my op ‘n gelyk pad, omdat ek vyande het. 12Moet my nie aan my teenstanders uitlewer nie, want vals getuies het teen my opgestaan, en hulle blaas geweld aan. 13As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal beleef in die land van die lewendes nie. 14Wag op die HERE! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die HERE!
Matteus 69Ons Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. 10Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde. 11Gee ons vandag ons daaglikse brood. 12En vergeef ons ons skulde soos ons ook hulle vergeef het wat teenoor ons skuldig staan. 13En bring ons nie in versoeking nie, maar red ons van die Bose. Aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
3. Aanbid die Here vir wie Hy is.
Bid Deuteronomium 6:4-6 in jou eie woorde.
Deuteronomium 64Hoor, Israel, die Here onse God is ’n enige Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. 6En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees; 7en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. (Bydrae oor Deuteronomium 6)
4. Sluit af met die belydenis dat die Here alleen God is.
Bid Deuteronomium 4:39 in jou eie woorde.
Deuteronomium 439Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie. (Bydrae oor Deuteronomium 4)
Aanhalings meesal uit die Bybel Direkte Vertaling (2014)
View all posts in this series
- Inleiding: Daaglikse ondersoek - June 14, 2018
- Daaglikse ondersoek: Stop, Neem waar, Luister
- Gebed van die hart - June 28, 2018
- Drie vaste gebedstye vir elke dag - July 1, 2018
- Daaglikse of weeklikse tye van afsondering en stilte - July 12, 2018
- Eenvoud - July 26, 2018
- Drie vaste gebedstye – met Bybelteks - August 1, 2018
- Selfbeheersing - August 9, 2018
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.