Gebed van die hart

Die gebed van die hart – centering prayer of breath prayer – help jou om voor God tot rus te kom.  Dit help jou om al hoe meer “sonder ophou te bid” (1 Tess. 5:17).  Dit help veral om nie net op die inhoud (verwagtings, versoeke) van jou verhouding met God te fokus nie, maar om regtig in gemeenskap met Hom te kom.   Só kan jy in gemeenskap met God bly regdeur jou lewe.

Dit behels meesal die herhaling van ’n eenvoudige een-sin gebed – baie keer ’n sin of frase uit die Bybel – wat jou behoefte aan God uitdruk en jou help om op Hom te fokus.  Jy kan jou eie teksvers kies om in jou gebed van die hart te gebruik (Ps. 37:4-5 of Matt. 11:28 bv.).

Die gebed wat egter tradisioneel die meeste gebruik word, is die Jesus gebed: “HereJesus Christus, Seun van God …  wees my genadig, ’n sondaar.”  Die eerste frase word baie keer gebid terwyl jy inasem.  Die tweede frase word dan gebid terwyl jy uitasem.

Hier is ʼn paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel:

  • Kies ’n tyd van die dag wat vir jou die beste sal werk.  ’n Kwartier is ’n goeie tyd om mee te begin.
  • Kies ’n plek waar jy nie onderbreek sal word deur telefone of jou huismense nie.
  • Gebruik simboliekom jou te herinner dat dit ’n spesiale tyd met die Here is.  Steek bv. ’n kers aan of hang vir jou ’n mooi skildery.
  • Stel miskien ’n wekker vir die tyd wat jy gaan besig wees – bv. ’n kwartier – sodat jy glad nie op die tyd hoef te fokus nie.
  • Sit gemaklik met jou voete plat op die grond, jou knieë nie hoër as jou heupe nie en laat rus jou hande gemaklik in jou skoot.
  • Raak bewus van watter gevoelens daar in jou hart is. Erken dit. Gee dit aan die Here (draai simbolies jou handpalms onder toe) sodat jy volledig dáár kan wees.
  • Kyk na jouself deur die oë van God (draai simbolies jou handpalms na bo). Dink daaroor dat God bly is oor jou. Geniet die ervaring van God se rus en vrede.
  • Bid dan die Jesus gebed. Bid: “Here Jesus Christus, Seun van God,” terwyl jy inasem. Bid: “Wees my genadig, ’n sondaar,”  terwyl jy uitasem.
  • Hou daarmee voltot aan die einde van die tyd wat jy daarvoor afstaan.
  • Gedagtes sal opkom by jou wat jou aandag wil wegneem van jou gefokusde gebed. Hou net aan met die Jesus gebed.  Dit sal help om dié indringer gedagtes te laat vervaag.
  • Baie spesifieke gedagtes oor iemand of ‘n saak sal ook soms opkom by jou, veral later in jou gebed, waarvan jy sal besef dat dit belangriker is as die indringer gedagtes. Gee dit vir die Here terwyl jy steeds aanhou met die Jesus gebed.  Skryf dit na die gebedstyd neer en hanteer dit verder.  Jy kan of verder daaroor bid, of kontak maak met die persoon, of beplan hoe jy gaan optree.
  • In jou gebed sal jy tye van eenheid met die Here beleef — ‘n diep vrede en tevredenheid; ‘n ervaring van veiligheid en rus; ‘n gevoel van liefde en eenheid met God in sy teenwoordigheid — wat met tyd langer en intenser sal word. Dit is die doel van die Jesus gebed wat jou al hoe meer in sy teenwoordigheid sal intrek.
  • Jy kan die gebed ook aanvul deur vir ander mense of ’n saak wat die Here op jou hart lê te bid. Bid eers dat die Here jou lei wat om te bid.  Formuleer dit in een-sin wat jy as die gebed van die hart kan bid.  Maak dié gebed dan jou eie deur dit te gebruik op dieselfde wyse as die Jesus gebed.

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: