Getuienis

Die Christelike lewe begin by die getuienis oor Jesus as die Verlosser. Ons leef die Christelike lewe deur te getuig van sy lewende teenwoordigheid by ons deur sy opstanding en deur te vertel van die impak daarvan op alle fasette van ons lewe.

Getuienis is hoe ons Jesus se Groot Opdrag (Matt 28:20) uitvoer. Dit is hoe ons die hele wêreld bereik (Hand 1:8). Dit sluit in dat ons die werklikheid van Jesus se opstanding en teenwoordigheid sal verkondig; dat ons grense na mense wat anders as ons glo, sal oorsteek om ons geloof met hulle te deel – altyd met ’n diep respek vir hulle verstaansraamwerke; dat ons reis saam met Christus dikwels die aanknopingspunt vir ons getuienis sal wees, en dat ons gasvry sal wees in ons lewe saam met ander mense.

Hier is ’n paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel:

  • Skryf op ’n bladsy neer wat jou vandag getref het in jou stiltetyd. Kies iemand wat ’n oortuigde gelowige is en gaan deel dit met hom of haar.
  • Skryf op ’n bladsy neer wat jou ervaring van Jesus Christus die afgelope jaar was. Deel dit met ’n goeie vriend of vriendin of met iemand wat saam met jou in die gemeente is.
  • Trek op ’n bladsy vir jou ’n lewenslyn en merk die hoogtepunte en laagtepunte van jou reis met die Here daarop. Deel dit met iemand wat jy vertrou.
  • Begin bid vir iemand wat nog nie die blydskap van ’n verhouding met Jesus ontdek het nie. Dink aan iemand by jou werk, in die gemeenskap of selfs in jou vriendekring.
View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: