Skip to main content

Daaglikse of weeklikse tye van afsondering en stilte

In ons gejaagde lewe is dit eintlik noodsaaklik om tye van “afsondering en stilte” opsy te sit om tyd met die Here alleen te spandeer. Dit is die oorspronklike bedoeling van “stiltetyd”.  Ons volg hierin die voorbeeld van die Here Jesus wat ‘n gewoonte daarvan gemaak het: “Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.” (Luk. 5:16; vgl. ook Mark. 1:35; Luk. 4:42).

Sonder dat ons egter doelbewus moeite doen om genoeg tyd te maak daarvoor – tyd waarin ons nie onderbreek word deur enigiets nie – sal ons nie hierin slaag nie.  Die wonder is egter dat as ons dit reg kry om tyd te vind om gereeld “afsondering en stilte” te beoefen, ons nie net sal vind dat dit ‘n tyd raak waarin ons van die ander geloofsgewoontes kan beoefen nie, maar dat ons inderdaad die Here daar sal ontmoet.

Hier is ‘n paar voorstelle om jou gedagtes te prikkel en jou eie tyd van “afsondering en stilte” te skep:

  • Begin om óf daagliks (vyftien minute of langer) óf weekliks (‘n halwe dag of meer)  tyd opsy te sit vir “afsondering en stilte”.   Hou daarby sodat jy in ‘n gereelde ritme kan kom.
  • Moet veral aanvanklik nie die tyd spandeer om te lees of selfs te luister na musiek nie. Dit sal jou steeds oorlaai met inligting.  Jou fokus is om stil te raak voor die Here en in sy teenwoordigheid te kom. Gemeenskap met Hom is die mikpunt van “afsondering en stilte”.
  • Fokus op die gedagtes en gevoelens wat God in dié tyd by jou losmaak, beide die verontrustende ervarings sowel as die bevestigende ervarings. Luister na wat God daardeur vir jou wil sê.
  • Laat jou gebede uit die gedagtes en gevoelens van hierdie stilword voor die Here voortvloei. Van die diepste werk wat God in ons binneste doen, gebeur in sulke tye van “afsondering en stilte”.
  • Indien daar in jou omgewing moontlikhede is om ‘n retraitete onderneem, kan dit baie help om dié proses te begin.
  • Mettertyd kan jy ander geloofsgewoontes deel van hierdie stiltetyd maak– daaglikse ondersoek, joernaal, geestelike lees ensomeer.  Maar as jy dit te gou doen, sal die voordeel van stilwees vir jou verlore raak.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.