Inleiding: Daaglikse ondersoek

Die eerste geloofsgewoonte fokus op selfondersoek. Dit lê jou diepste motiverings en bedoelings in die lewe bloot sodat jy deur God se krag daarvan verlos kan word.  Dit word veral verbind aan Ignatius van Loyola, ʼn Jesuïet wat ’n hele paar verskillende maniere van daaglikse ondersoek ontwikkel het wat gelowiges persoonlik en in ’n groep kan gebruik.

Deur die daaglikse ondersoek soek jy om God se teenwoordigheid in die alledaagse gebeure in jou lewe en in ander mense se lewe te sien (Fil. 1:9-10; Kol. 1:9).  Dit sluit in om van God se teenwoordigheid bewus te word; om die gebeure van die afgelope dag te deurdink; om te let op jou emosies oor hierdie gebeure – sowel die positiewe as die negatiewe gevoelens; om te let op wat jou getroos en wat jou geruk het; om te vra na God se perspektief daarop; om na te dink oor waar jy die sterkste verbintenis met God beleef het – en waar nie; om jou begeertes deur gebed en smeking na God toe te bring sodat sy vrede jou hart en gedagtes tot rus kan bring (Fil. 4:6-7).

Deur die eeue is daar drie basiese dinge geïdentifiseer wat veral in dié proses gebeur.  Jy raak bewus van jou hoogmoed, wellus en gierigheid en word daarvan verlos.

  • Eerstens raak jy bewus van hoogmoed (pride). Dit gaan hier oor ’n beheptheid met jouself, jou vermoëns en jou mag. Dit gaan veral oor die gewoonte om jou belange voortdurend bo ander mense s’n te stel, ook in jou verhoudings. Jy raak bewus daarvan dat jy geneig is om jou status en vermoëns net tot jou eie voordeel te gebruik.
  • Tweedens raak jy bewus van wellus (lust). Hier gaan dit oor ʼn beheptheid met ervarings en genot, en nie net seksueel nie, maar met enigiets wat ten diepste ’n obsessie met ervarings of genot weerspieël. Dit gaan oor genot ter wille van die genot self.
  • Derdens raak jy bewus van gierigheid (greed). Dit gaan hier nie net oor ʼn beheptheid met jouself, jou genot en jou ervarings nie, maar ook oor ’n obsessie met besittings en die mag wat daarin opgesluit lê, wat die teenoorgestelde van selfontlediging is. Lees meer hieroor in Richard Foster se boek Money, sex, and power.

Soos jy van dié dinge verlos word, raak jy al hoe meer bewus van God se leiding in jou lewe en kan jy Hom met baie meer volharding gehoorsaam.

Jy kan hierdie geloofsgewoonte deur die volgende geloofspraktyke beoefen (die skakels sal mettertyd op die webtuiste bygevoeg word, soos ek dit publiseer – jy sal dit ook in jou Inbox kry). Onthou, werk eers vir twee weke met die eerste een, Stop, Neem waar, Luister. Daarna die gebed van die hart ensovoorts:

  1. Stop, Neem waar, Luister
  2. Gebed van die hart
  3. Daaglikse of weeklikse tye van afsondering en stilte
  4. Eenvoud
  5. Selfbeheersing

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d