Daaglikse ondersoek: Stop, Neem waar, Luister

Hier is nou die eerste manier om dié geloofsgewoonte te beoefen. John Ackerman se bekende weergawe: Stop … Look … Listen:

Stop: Hou op met die dinge waarmee jy besig is en begin dink.

Probeer só sit dat jy deur ʼn venster kan kyk of gaan sit of stap buite. Jy kan ook kniel. Om jou te help stil word, kan jy op jou asemhaling fokus. Wanneer jy jou asem uitblaas, herhaal hierdie woorde in jou gedagtes: “Ek gee my aan U oor.” Wanneer jy jou asem intrek, herhaal hierdie woorde in jou gedagtes: “Ek wil luister.

Neem waar: Dink terug aan die gebeure van die afgelope dag.

Het jy iets ontvang wat goed of onverwags was? Dink rustig hieroor na en waardeer dit. Probeer om, ten spyte van al die slegte nuus wat jy elke dag hoor en ervaar, die goeie in jou buurt, jou gemeenskap, jou land en in die wêreld raak te sien. Herinner jouself daaraan dat jy nie die middelpunt van die heelal is nie. Dink ook aan die pyn wat jy al ervaar het. Jy was soms self hiervoor verantwoordelik. Vra vergifnis. Ondersoek die aard van jou pyn. Gaan dit regtig oor jou? Is dit regtig so belangrik? Of is jy vasgevang in iets waarvan die Here jou moet vrymaak? As iemand jou te na gekom het, bid dat jy hom of haar sal kan vergewe. Dink ook aan die pyn in die wêreld. Bid vir dié wat daardeur geraak word.

Luister: Fokus op insig, ingewings of gewaarwordings wat jy ervaar het of op ʼn prentjie, ʼn lied of ʼn gedig wat by jou opkom.

Vra jou af of dit jou troos, seën of ontstel. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê. Bid om helderheid, oortuiging en vrede te ontvang. Skryf jou gedagtes in jou joernaal neer sodat jy mettertyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou deur herhalende insigte en ingewings te lei. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang. Gaan leef dit!

Dit is die geloofsgewoonte wat jy nou vir die volgende twee weke getrou gaan beoefen.

Opmerkings hieroor

​Iemand vertel oor sy ervaring met dié geloofsgewoonte:

“Ek het ‘n interessante ervaring ​gehad ​die afgelope tyd​ met my daaglikse ondersoek​.   ​Ek het een oggend wakker ​geword ​met die woord ​​heilig​ in my gedagtes​.  Dit ​het gou ‘n refrein ​geword ​wat my lewe rig , soos ek daaroor nagedink het in my daaglikse ondersoek​​.  Ek ​lees dit ​nou ​oral​s​, in ​die ​Psalms​ (hy gebruik Bybelskool.com se materiaal)​, ​en in my ​Bybelstudie​ (hy volg die gemeente se preekprogram).

Dit raak ​vir my ​’n soort lewensreël. ​Dit help my ook ​om ​bewus ​te ​bly van die Here, elke keer as ek ​deur die dag ​daaraan dink. Dit help my ​selfs ​op ‘n vreemde manier om ander goed reg te doen, bv. ​terwyl ek h​erstelwerk​ doen in my huis en die meenthuis kompleks waar ek woon​. Ek ​het nou ‘n paar keer ervaar hoe ek, terwyl ek besig is met iets en daarmee sukkel, gedagtes ​kry ​hoe ​ek dit anders  kan doen, en dan werk dit​!​ Ek ​begin nou ​selfs wag ​daarvoor ​en beplan vir sulke ingewings​.  Ek lewe ​net al hoe ​meer bewus. ​

Dit het my laat dink aan ‘n sokkerafrigter onderwyser wat my jare gelede geleer het: ​‘stop, think, kick.’​ Dit is ​hoe ‘n mens in sokker sorg dat jy nie net die bal ​beheer​ nie (stop), maar sorg dat jy die bal op die beste manier (think) hanteer, hetsy deur self te dribbel of na ‘n spanmaat in ‘n beter posisie uit te gee (kick)” ! ​En dit is nog maar twee weke!​”​


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d