Skip to main content

Tag: Wie is God?

Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9

Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig. Sion het dit gehoor en is bly, en die stede van Juda juig oor u oordele, Here! Want U, Here, is hoog verhewe bo die hele aarde; U is verhewe ver bo alle gode. (NLV)

1. Die Here se koningskap word in die Psalm op twee maniere beskryf.  Dit word eerstens in metaforiese terme as ’n kosmiese gebeure geteken: die aarde juig, die afgeleë eilande is bly, wolke en duisternis omring Hom, vuur gaan voor Hom uit en verbrand sy teenstanders. Die Here se koningskap word tweedens steeds op metaforiese wyse as ’n kommunikasie gebeure geteken: die hemele verkondig sy geregtigheid sodat al die volke Sy Majesteit kan sien. Hoe laat dit jou dink oor God? 

2. Hierdie getuienis oor God het twee uitkomste.  Aan die eenkant staan almal wat afgodsbeelde dien, beskaamd, want dié afgode moet in aanbidding voor Hom buig!  Aan die ander kant hoor die Godstad, Jerusalem, dit en het ’n groot blydskap en juig oor God se posisie as die Allerhoogste oor die hele aarde wat ver verhewe is bo alle gode. Hoe laat dit jou voel oor God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God regtig Koning is en self die feit aan alle mense kommunikeer.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 97 en my bydrae daaroor: Psalm 97 – Verbly julle, liefhebbers van die Here.

Wat is afgodery? – Levitikus 19:4

Moenie op afgode vertrou of vir julleself gode van metaal maak nie. Ek, die Here, is julle God. (NLV)

1. Levitikus 19 bevat 32 riglyne wat met elke gebod in die Tien Gebooie verbind kan word. Vers 4 kan met die eerste twee gebooie verbind word: 1) geen ander gode; 2) geen afbeelding van God mag aanbid word nie. Hoekom dink jy is dit steeds só ‘n belangrike voorskrif?

2. Jesus sluit by hierdie gebod aan in die eerste liefdesgebod: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.” (Matt 22:37). Hoe kan ‘n mens dit positief nakom?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat die Here jou God is, en geen kompetisie in jou lewe duld nie.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Levitikus 19 en my bydrae daaroor:Levitikus 19 – Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig.

Vraag 16: Wat is afgodery?

1. Wat is afgodery? Wat sluit dit alles in? Hoe kan ‘n mens jou daaraan skuldig maak?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Afgodery is om God se werke eerder as God self te aanbid; om my vertroue te stel in iets wat ek uitdink of besit. Afgodery is om die verering van die onsterflike God met sterflike afbeeldings, menslike uitdinksels of aardse besittings te vervang en betekenis en blydskap, hoop en sekerheid daarin te soek. Daarmee word die ware kennis van God verkwansel vir die dwaasheid van die leuen.

3.Ons is geneig om afgodery met beelde en heidense godsdienste te assosieer. Calvyn het ons herinner dat die hart voortdurend ‘n fabriek van afgode is. Ook allerlei bygelowe het hy as afgodery beskou. Hy het selfs kerke wat nie by die waarheid van die Skrif bly nie, beskou as tempels van afgode, omdat hulle valse leringe die plek van die waarheid van die ware God ingeneem het. Hoe dink jy daaroor?

4. Lees die verhaal van Gideon in Rigters 6:1-32. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het hulle toe aan die Midianiete onderwerp. Toe die Israeliete by die Here soebat, het Hy ’n profeet na hulle toe gestuur. Die Here wou nie hê dat hulle afgode soos Baäl vertrou nie. Die Engel van die Here het aan Gideon verskyn en hom moed ingepraat. Hy het sy pa se altaar vir Baäl afgekap. Hy het ’n stewige altaar vir die Here gebou en aan Hom alleen geoffer. Met net 300 man het die Here Gideon gebruik om die Midianiete te verslaan. Baäl was hulpeloos, want afgode is nutteloos.

6. Gideon se verhaal demonstreer die hulpeloosheid van afgode as ‘n hoopvolle boodskap aan die hele volk van Israel. Maar, dit is terselfdertyd ‘n waarskuwende boodskap aan enigeen wat iets anders as God se waarheid bevorder of sy of haar sekerheid daarin soek. Watter “afgode” is daar nog in jou lewe waarop jy eerder vertrou as op God?

Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood

As ‘n mens oor die sonde nadink kan ‘n mens nie anders as om by die verhale van Genesis 3 en 4 te begin nie. Die sonde van Adam en Eva deurbreek die verhouding met God. Die sonde van Kain deurbreek die verhouding met sy broer Abel. Jy kan gerus vandag albei bydraes daaroor by Bybelskool lees:

Hier is ‘n uittreksel van die boodskap van Genesis 4

Hoewel ‘n mens steeds bewus is van die werklike karakters wat die skrywer teken, is dit ook duidelik dat hierdie verhale paradigmaties is.  Dit beskryf op ‘n baie diepsinnige manier die wyse waarop die voorgeskiedenis van die mens verloop het. Die stryd wat daar tussen die lig en die duisternis in die skepping teenwoordig was (Gen. 1), kan ook gesien word in die wyse waarop die mens in sy kultuur en godsdiens ontwikkel het (Gen. 4).

Hierdie verhaal help ons ook verstaan dat God se goeie bedoeling met die skepping en die mens nie net deur die ongehoorsaamheid aan God(Adam en Eva – Genesis 3) bedreig word nie, maar ook deur die geweld teenoor medemense(Kain wat Abel doodmaak – Gen 4).  Geen wonder dat Jesus se opsomming van die wet baie eeue later sou wees: om God lief te hê en jou naaste soos jouself, presies die oplossing vir die twee goed wat die verhouding met God en ons naaste bedreig.

Hoofstuk 4 is dus ‘n noodsaaklike aanvulling van die boodskap van hoofstuk 3.  Sonde is nie net iets wat teenoor God gepleeg word nie.  Dit het ook alles te make met hoe ons teenoor mense optree.

Hierna sal Genesis ons van nog ‘n derde bedreiging vertel, die bedreiging wat kom deurdat die mense die aarde aan homself oorlaat.  Dit sou een van die gevolge wees van die poging om in die vlakte van Sinar ’n tuiste vir almal te vind (Genesis 11).  Die hele aarde sou gevolglik nie bewoon, bewerk en bewaar kon word nie. Die taalverwarring was dus ’n doelbewuste manier om ’n tuiskoms te verseker, vir mense, plante en diere, oor die hele aarde.

Wat is sonde? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 15, die Westminster Korter Kategismus 14 sowel as die Westminster Geloofsbelydenis Hoofstuk 6 hieronder. Wat leer jy van wat sonde is? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 15

DIE ERFSONDE

Ons glo dat die erfsonde deur die ongehoorsaamheid van Adam oor die hele menslike geslag uitgebrei het. Dit is ‘n verdorwenheid van die hele natuur en ‘n oorgeërfde gebrek waarmee selfs die klein kindertjies in die moederskoot besmet is. Dit is hierdie wortel wat in die mens allerhande sondes laat uitspruit. Dit is daarom so afskuwelik en gruwelik voor God dat dit rede genoeg is om die menslike geslag te verdoem. Dit word selfs nie deur die doop geheel en al tot niet gemaak of volkome uitgeroei nie, aangesien die sonde aanhoudend uit hierdie verdorwenheid opborrel soos water uit ‘n giftige fontein. Dit word die kinders van God ewenwel nie tot verdoemenis toegereken nie maar deur sy genade en barmhartigheid vergewe. God vergewe nie sodat die gelowiges in die sonde gerus sou slaap nie maar wel sodat die besef van hierdie verdorwenheid hulle dikwels sou laat sug in die verlange om van hierdie liggaam van die dood verlos te word, Ons verwerp hiermee die dwaling van die Pelagiane, wat sê dat hierdie sonde uit niks anders as uit navolging ontstaan nie.

Ps. 51:7; Rom. 3:10; Joh. 3:6; Gen. 6:3; Ef. 2:5; Job 14:4; Rom. 5:14; 7:18-19.

Westminster Korter Kategismus 14

Q. 14. What is sin?

A. Sin is any want of conformity unto, or transgression of, the law of God.

Lev 5:17

Westminster Geloofsbelydenis 6

The Fall of Man, Sin, and the Punishment for Sin

1. Our first parents were led astray by the cunning temptation of Satan and sinned in eating the forbidden fruit.1 It pleased God to allow them to sin, because in his wisdom and holiness he planned to order their sin to his own glory.2

1. Gn 3.13, 2 Cor 11.3, Gn 3.1-14.

2. Rom 11.32, 5.19-21.

2. By this sin they fell from their original righteousness and fellowship with God,3 and so became dead in sin4 and completely polluted in all their faculties and parts of body and soul.5

3. Gn 3.6-8, Eccl 7.29, Rom 3.23, Gn 2.17.

4. Gn 2.17, Eph 2.1-3, Rom 5.12,

5. Ti 1.15, Gn 6.5, Jer 17.9, Rom 3.10-19, 8.6-8, Ps 58.1-5.

3. Since Adam and Eve are the root of all mankind, the guilt for this sin has been imputed to all human beings,6 who are their natural descendants and have inherited the same death in sin and the same corrupt nature.7

6. Gn 1.27-28, 2.16-17, Rom 5.12,15-19, Acts 17.26, 1 Cor 15.21-22,45,49.

7. Ps 51.5, Gn 5.3, Jb 14.4, 15.14, Jn 3 and 6, Rom 3.10-18.

4. This original corruption completely disinclines, incapacitates, and turns us away from every good, while it completely inclines us to every evil.8 From it proceed all actualized sins.9

8. Rom 5.6, 7.18, 8.7, Col 1.21, Jn 3.6, Gn 6.5, 8.21, Rom 3.10-19.

9. Jas 1.14-15, Eph 2.2-3, Mt 15.19.

5. During life on earth this corrupt nature remains in those who are regenerated,10 and, although it is pardoned and deadened in Christ, yet it and all its impulses are truly and properly sinful.11

10. 1 Jn 1.8,10, Rom 7.14, 17-18, 21-23, Jas 3.2, Prv 20.9, Eccl 7.20.

11. Rom 7.5, 7-8, 25, Gal 5.17.

6. Every sin, both original and actual, transgresses the righteous law of God and brings guilt on the sinner.12 Every sinner is consequently subjected to the wrath of God,13 the curse of the law,14 and death,15 with all the resultant miseries, spiritual, temporal, and eternal.16

12. 1 Jn 3.4, Rom 2.15, 3.9,19.

13. Eph 2.3, Rom 5.12.

14. Gal 3.10.

15. Rom 6.23, Gn 2.17.

16. Eph 4.18, Rom 8.20, Lam 3.39, Mt 25.41, 2 Thes 1.9, Rom 1.21-28, Lv 26.14ff, Dt 28.15ff.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor wat sonde is en die effek daarvan.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…