Skip to main content

Tag: Wie is God?

Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?

1. Is God se straf nie in konflik met sy genade nie? Hoe hou dit verband met mekaar? Wat dink jy?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Nee, God se woede oor sonde en afgodery is verskriklik. Hy straf dit in hierdie lewe en die lewe hierna. Sonde en afgodery bring God se soewereiniteit, heiligheid en goedheid in gedrang. Hy vereis onverdeelde lojaliteit aan Hom. Ek kan net van die straf van hierdie regverdige oordeel van God bevry en in genade aangeneem word as daar aan God se geregtigheid voldoen word.

3. Sonde en afgodery is ten diepste ‘n minagting van en dislojaliteit aan God. Sy genade is daarom nie goedkoop nie. Sy genade kan net uitgedeel word as iemand die straf vir die sonde en afgodery dra. Hoe laat dit jou voel oor God se genade?

4. Lees die verhaal van Noag in Genesis 6:1-8. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die Here het die boosheid van die mensdom op aarde raakgesien. Hy het opgemerk dat hulle gedagtes gedurig sleg was. Die Here was spyt dat Hy die mens gemaak het. Hy was diep hartseer. Daarom het Hy gesê: “Ek sal die mensheid wat Ek gemaak het heeltemal uitwis van die aarde.” Sy woede oor hulle sonde was verskriklik. Hy moes hulle sonde straf. Maar die Here was Noag goedgesind. Hy het hom en sy familie saam met ’n klomp diere gered in die ark. Ná die vloed het Hy die reënboog gegee as teken van sy genade.

6. Noag se verhaal demonstreer dat God regverdig is. Hy straf die mensdom vir hulle sonde. Omdat hulle sy waarskuwing geïgnoreer het, kom hulle om in die sondvloed. Die verhaal demonstreer ook dat God barmhartig is. Hy red Noag-hulle van die sondvloed, omdat hulle Hom vertrou het. Watter boodskap het dit vir ons vandag?

Gideon verruil God vir afgode

Om die aantrekkingskrag van sowel as die afvalligheid wat afgodery veroorsaak, te verstaan, is Gideon ‘n goeie gevallestudie. Ek nooi jou dus uit om my bydraes te lees oor die drie hoofstukke waarin sy verhaal vertel word:

Dit is verstommend dat God se aanvanklike geduld met Gideon hom in staat stel om nie net met die afgod Baäl af te reken nie, maar ook met die bedreiging van die Midianiete. Sy klein bende van 300 verdryf hulle sodat hulle nie meer ‘n bedreiging vir Israel sou inhou nie.

Maar Jerubbaäl – Gideon se bynaam – se gierigheid kry die oorhand oor hom, en as hy ‘n enorme hoeveelheid goud as betaling kry, maak hy daarmee ‘n efodbeeld, waarskynlik as ‘n soort simbool van die soeke na God se wil.

Die efodbeeld word egter vir hom ‘n strik deurdat hy uiteindelik die efodsbeeld self aanbid as ‘n afgodsbeeld. Die beeld het dus vir Gideon self en vir sy mense ‘n valstrik geraak en hulle ontrou aan die Here gemaak.

Sy voorbeeld was aansteeklik. Die Israeliete het ná sy dood begin om die Baäls te vereer en Baäl-Berit as god aanvaar. “Berit” is die woord wat vir “verbond” gebruik word, wat aandui dat die Israeliete Baäl letterlik in die plek van Jahwe, die Verbondsgod wat hulle uit Egipte verlos het, aanbid het.

Op die koop toe het Gideon sewentig seuns gehad by ‘n hele aantal vrouens. Een van hulle, Abimelek, ‘n seun by ‘n byvrou uit Sigem, dws ‘n Kanaäniet, sou vir groot onrus sorg ná Gideon se dood.

Die familie van Gideon het daarby ook in diskrediet geraak wat die tafel dek vir die onverkwiklike gebeure rondom Abimelek in die volgende hoofstuk.

Afgodery sit onafwendbaar ‘n proses van afvalligheid aan die gang wat die lig van God uitdoof in die lewe van ‘n volk.

Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 29 en 36 (let op na die voorskrif rondom afgodery), die Heidelbergse Kategismus 95 sowel as die Westminster Geloofsbelydenis Hoofstuk 23 hieronder. Wat leer jy van wat afgodery is? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 29

DIE KENMERKE VAN DIE WARE EN DIE VALSE KERK

Ons glo dat ons sorgvuldig en met groot oplettendheid uit die Woord van God behoort te onderskei watter kerk die ware kerk is, aangesien al die sektes wat daar vandag in die wêreld is, hulle ten onregte die naam kerk toeeien. Ons praat hier nie van die huigelaars wat in die kerk met die goeies vermeng is en tog nie aan die kerk behoort nie alhoewel hulle uiterlik daarin is; maar ons sê dat `n mens die liggaam en die gemeenskap van die ware kerk moet onderskei van al die sektes wat beweer dat hulle die kerk is. Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende:

Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf – kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken. Hieraan kan ons met sekerheid die ware kerk uitken, en niemand het die reg om hom daarvan af te skei nie.

Vervolgens, aangaande die lidmate van die kerk: Ons kan hulle uitken aan die kenmerke van die Christene, naamlik hulle geloof dat hulle die enigste Verlosser Jesus Christus aangeneem het en dat hulle daarna die sonde ontvlug, die geregtigheld najaag, die ware God en hulle naaste liefhet, nie na regs of links afwyk nie en hulle sondige natuur met sy werke kruisig. Hiermee sê ons nie dat daar nie nog groot swakheid in hulle is nie; inteendeel, deur die Gees stry hulle juis al die dae van hulle lewe daarteen, terwyl hulle altyd weer hulle toevlug neem tot die bloed, die dood, die lyding en gehoorsaamheid van die Here Jesus Christus, in wie hulle deur die geloof in Hom vergewing van hulle sondes het.

Wat die valse kerk betref: dit skryf aan homself en sy besluit meer mag en gesag toe as aan die Woord van God; dit wil homself nie aan die juk van Christus onderwerp nie; dit bedien die sakramente nie soos Christus dit in sy Woord beveel het nie, maar neem weg en voeg by na eie goeddunke; dit vertrou meer op mense as op Christus, en dit vervolg hulle wat volgens die Woord van God heilig lewe en wat die valse kerk oor sy euwels, gierigheid en afgodery bestraf.

Herdie twee kerke kan maklik uitgeken en van mekaar onderskei word.

Matt. 13; 2 Tim. 2:18-20; Rom. 9:6; Ef. 2:20; Joh. 10:4, 14; Matt. 28:20; Gal. 1:8; 1 Kor. 11:20; Kol 1:23; Hand. 17:11; Joh. 18:37; Ef. 1; Joh. 8:47; 17:20;1 Joh. 4:2 (en 3:9); Rom. 6:2; Gal. 5:17, 24; Rom. 7:5; Kol. 1:12; 2:18-19; Ps. 2:3; Op. 2:9; 17:3; Joh. 16:2.

Nederlandse Geloofsbelydenis 36

DIE BURGERLIKE OWERHEID

Ons glo dat ons goeie God vanweë die verdorwenheid van die menslike geslag konings, vorste en owerhede aangestel het. Dit is immers sy wil dat die wêreld deur middel van wette en regerings geregeer moet word, sodat die losbandigheld van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop. Vir dié doel het Hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom 13:4) en die deugsames te beskerm. En dit is nie alleen hulle taak om aan die staatsbestuur aandag te gee en daaroor te waak nie maar ook om die heilige Woordbediening te beskerm, om sodoende alle afgodery en valse godsdiens teen te gaan en uit te roei, die ryk van die antichris te vernietig en die koninkryk van Jesus Christus te bevorder, die Woord van die evangelie orals te laat verkondig, sodat God deur elkeen geëer en gedien word soos Hy in sy Woord beveel.

Verder is elkeen verplig, van watter hoedanigheid, rang of stand hy ook al mag wees, om hom aan die owerhede te onderwerp, belasting te betaal, aan hulle eer en onderdanigheid te bewys, hulle te gehoorsaam in alles wat nie met die Woord van God in stryd is nie, en vir hulle voorbidding te doen dat die Here hulle in al hulle handelinge mag bestuur, sodat ons in alle godsvrug en eerbaarheid ‘n rustige en stil lewe kan lei (1 Tim. 2:2). Hierin verfoei ons die Wederdopers en ander oproerige mense en in die algemeen almal wat die owerheidsgesag en regeerders wil verwerp en die regsorde omver wil stoot, terwyl hulle die gemeenskaplike besit van goedere invoer en die eerbaarheid wat God onder die mense ingestel het, versteur.

Eks. 18:20; Rom. 13:1; Spr. 8:15; Jer. 22:3; Ps. 82; Deut. 1:16; 16:19; 17:16; 2 Kor. 10:6; Ps. 101; Jer. 21:12; Rig. 21:25; Jer. 22:3; Dan. 2:21-22; (5:8); Jes. 49:23; 2 Kron. 23; 1 Kron. 15:12; Rom. 13:1; Luk 22:1; 1 Pet. 2:17; Tit. 3; Matt. 17:27; Hand. 4:17-19; Hand. 2, 5; Hos. 5:11; Jer. 27:5; 2 Pet. 2:10; Jud. 1:10; 1 Tim. 2:2.

Heidelbergse Kategismus

95 Vraag: Wat is afgodery?

Antwoord: Dit is om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar, het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel (a).

(a) Ef 5:5; 1 Kron 16:26; Fil 3:19; Gal 4:8; Ef 2:12; 1 Joh 2:23; 2 Joh 9; Joh 5:23.

Westminster Geloofsbelydenis 23

Civil Authorities

1. God, the supreme Lord and King of the whole world, has ordained civil authorities to be over people under him for his own glory and the public good. For this purpose he has armed civil authorities with the power of the sword to defend and encourage those who are good and to punish wrongdoers.1

1. Rom 13.1-4, 1 Pt 2.13-14

2. It is lawful for Christians to accept and execute offices of civil authority when that is their calling.2 In the administration of such offices they should take care to support true religion, justice, and peace, according to the beneficial laws of each government,3and in so doing they may lawfully under the New Testament wage war on just and necessary occasions.4

2. Prv 8.15-16, Rom 13.1-4; see citations under Section 1 above.

3. Ps 2.10-12, 1 Tm 2.2, Ps 82.3-4, 2 Sm 23.3, 1 Pt 2.13, Ps 101; see citations under Section 1 above.

4. Lk 3.14, Rom 13.1-4, Mt 8.9-10, Acts 10.1-2, Rv 17.14,16.

3. Civil authorities may not take on themselves the ministering of God’s word and the sacraments, the administration of spiritual power, or any interference with matters of faith.5Nevertheless it is the duty of civil authorities to protect the church of our Lord, without giving preference to any denomination of Christians, so that every person with church affiliations or duties will be able to function with complete and unquestioned freedom. Since Jesus Christ has directed the establishment of regular government and discipline in his church, no law of any civil government should interfere with, abridge, or hinder the proper exercise of church government among the voluntary members of Christian denominations, acting in accordance with their own professed beliefs. It is the duty of civil authorities to protect the person and good name of everyone so that none are abused, injured, or insulted on account of religious faith or lack of it.6It is also their duty to see to it that all religious and ecclesiastical assemblies are held without disturbance.7

5. 2 Chr 26.18, Mt 18.17, 16.19, 1 Cor 12.28-29, Eph 4.11-12, 1 Cor 4.1-2, Rom 10.15, Heb 5.4, Jn 18.36, Acts 5.29.

6. Is 49.23, Ps 122.9, Ezr 7.23-28, Lv 24.16, Dt 13.5-6,12, 2 Kgs 18.4, 1 Chr 13.1-9, 2 Kgs 23.1-26, 2 Chr 34.33, 15.12-13, Rom 13.1-6, Ps 105.15, Acts 18.14-16.

7. 2 Chr 19.8-11, 29 and 30, Mt 2.4-5, 2 Sm 23.3, Rom 13.4; see General Note.

4. It is people’s duty to pray for those in authority,8to honor them,9to pay them taxes and whatever is owed them,10to obey their lawful commands, and to be subject to them for conscience’s sake.11Unbelief or different religious views on the part of civil authorities does not mean that they are to be disobeyed by believers, including clergymen,12in the legitimate pursuit of their duties.13The Pope, of course, has no power or jurisdiction over civil authorities or the people under them in secular affairs. The Pope never has any right to usurp secular authority, particularly capital punishment in cases of what is judged to be heresy or any other fault.14

8. 1 Tm 2.1-3.

9. 1 Pt 2.17.

10. Rom 13.6-7, Mt 22.21.

11. Rom 13.5, Ti 3.1.

12. Rom 13.1, 1 Kgs 2.35, Acts 25.9-11, 2 Pt 2.1, 10-11, Jude 8-11.

13. 1 Pt 2.13-14, 16; this is an inference from the duties just stated.

14. 2 Thes 2.4, Rv 13.15-17, 2 Tm 2.24, 1 Pt 5.3; this is an inference from the doctrine of the civil magistrate, and from duties incumbent on believers with respect to him.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor wat afgodery is en die effek daarvan.

Wat is afgodery? – Handelinge 15:20

Ons moet vir hulle skryf om weg te bly van dinge wat deur afgode besoedel is, van seksuele sondes, asook van iets wat verwurg is, en van bloed. (NLV)

1. Hierdie uitkoms van die vergadering van gelowiges in Jerusalem is merkwaardig. Twee breë voorskrifte uit die wet is op alle gelowiges van toepassing gemaak. Hulle moet eerstens wegbly van enige kontak met afgodery. Dit sluit diere wat verwurg is en die drink van bloed in. Hulle moet tweedens wegbly van seksuele sondes. Wat dink jy van hierdie uitkoms? Wat beteken dit vir ons vandag?

2. Dit is interessant hoe gereeld afgodery en seksuele sondes aan mekaar verbind word in die Skrif. Ook in gister se gedeelte in Romeine 1. Waarom dink jy is die twee dinge só ‘n kritiese kwessie vir God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die noodsaak om afgodery en seksuele sondes voortdurend en volhardend te vermy.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Handelinge 15 en my bydrae daaroor: Handelinge 15:1-35 – Gesamentlike geloofsonderskeiding oorbrug dreigende verskille.

Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25

Ja, hulle het ’n Godsbesef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan. Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval – in so ’n mate dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld. Om hierdie rede het God hulle aan hulle eie sondige hartstogte oorgegee, met die gevolg dat hulle onsedelikheid begin bedryf het deur oor en weer immorele praktyke met mekaar se liggame te beoefen. Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. (NLV)

1. Paulus is duidelik daaroor dat afgodediens nie net bestaan in die afbeeldings wat van afgode en hulle begeerlikheid gemaak word nie, maar dat dit ook sigbaar is in die verheerliking van die mens en sy begeerlikheid. Hoe dink jy daaroor? 

2. God se reaksie op die verheerliking van die mens – skepsels in plaas van die Skepper – is om hulle aan hulle eie sondige hartstogte oor te gee sodat hulle onsedelikheid met mekaar in immorele praktyke bedryf. Hoe dink jy oor hierdie tipe “oorgee”-aksie van God? Hoe laat dit jou dink oor seksualiteit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God bó alles gedien moet word, selfs in die wyse waarop jy jou seksualiteit uitleef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…