God wil ons heilig maak

Ons het dié week gefokus op die vraag hoekom God ons aan die wet hou al kan niemand dit volmaak hou nie. Die antwoord wat vir my die meeste sin maak, is antwoord 115 van die Heidelbergse Kategismus.
God wil ons heilig maak.
Daarom het ons 1 ) nodig om ons sondige natuur hoe langer hoe beter te leer ken (Rom 3:20; 1 Joh 1:9; Ps 32:5) sodat ons 2) met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek (Matt 5:6; Rom 7:24, 25). Dit is net wanneer ‘n mens weet hoe verdorwe jou eie sondige natuur regtig is, dat jy die absolute noodsaak van verlossing besef.
Daardie sondebesef, saam met die dankbaarheid vir die verlossing, is 3) die kragte wat God in ons loslaat om ons te beweeg om sonder ophou ons te beywer en vir God te bid dat Hy die genade van die Heilige Gees vir ons sal gee, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (1 Kor 9:24; Fil 3:12-14).
Onlangse kommentaar