Prediker 6:10-7:29 – Die soeke na selfverwesentliking
Vers 10-12 kan ook as ‘n skarnier gedeelte beskou word. Dit sluit die vorige perikoop af waarin die Prediker die soeke na welvaart beskryf het. Dit begin egter ook ‘n nuwe deel waar die soeke na selfverwesentliking beskryf word, en ‘n aantal feite, onveranderlikhede, maar hierdie keer bitter min vreugdes genoem word, behalwe die relatiewe waarde van wysheid, veral as dit met ‘n bietjie besit kan saamgaan!
6:10-12 – Wie weet wat vir die mens goed is?
Die mens se relatiewe onmag om iets aan sy lot te verander, word onomwonde gestel, veral in vergelyking met God en in terme van die wagtende dood. “Wie weet wat vir die mens goed is …?
Wat goed is
Van die goeie goed wat die Prediker noem, waarin jy jouself kan vind, is die volgende:
- ‘n Goeie naam, wat natuurlik eers na jou dood regtig ongeskonde kan wees – 7:1
- Vermaning deur ‘n wyse – 7:5
- ‘n Voltooide taak, want dit is beter as een wat pas begin is – 7:8
- Geduld, want dis beter as hoogmoed – 7:8
- Wysheid saam met besittings, want dit is ‘n baie groot voordeel – 7:11-12
- Blydskap oor voorspoed sowel as aanvaarding van teëspoed wat ‘n wyse manier van lewe met erkenning van God se beheer is – 7:14
- Wysheid, want dit is mag – 7:19
Onlangse kommentaar