Prediker 5:7-6:9 – Die soeke na welvaart
Hierna fokus die Prediker op die lewe van die individu, veral die sug en soektog na welvaart en die relatiwiteit en onsekerheid daarvan. Die eerste klem val op die onvermydelikheid van verydeling en korrupsie in die burokrasie in die soeke na welvaart. Die tweede klem val op die onvermydelike problematiek van welvaart as sodanig en die derde klem val op die relatiewe voordeel daarvan, teen die agtergrond (ongelukkig) van die teendeel wat sommige ervaar.
Die korrupsie van die Burokrasie – 5:7-8
Die Prediker laat sy oog val op die burokrasie van die publieke sektor wat die regte van die armes in die grond vertrap. Moenie verbaas wees daaroor nie, sê hy, want korrupsie word van bo af in stand gehou. Die hiërargie van gesag beskerm die laer amptenary ter wille van die hoër amptenary se eie korrupte optredes. Ek dink elkeen van ons sal voorbeelde kan opnoem uit ons eie konteks …
Onlangse kommentaar