Prediker 4:17-5:6 – Om met ontsag na God te luister
Dit is ook die eerste keer dat hy die leser aanspreek: “Wees baie versigtig …”. Hy sal dit hierna meer gereeld begin doen, waarmee hy sy self-nagevorsde lewenswysheid in die vorm van onderrig begin uitdeel (Pred 5:7; 7:9-10, 13-14, 16-18, 21; 8:2-3; 9:7-10; 10:4, 20; 11:1-2, 6, 9-10; 12:1-8, 12-14).
Sy oorwoë mening is dat luister in die tempel meer waarde het as praat – iets wat Jakobus in die NT eintlik in alles situasies aanbeveel (Jak1:19 –“elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie …”). Luister het meer waarde as offers, veral die offers wat met min nadenke gebring word. Die rede is dat die fokus op offers jou fokus kan verskuif van die Een oor wie dit in die tempel gaan, na die ritueel waarmee jy besig is. En dan is jy besig met alles behalwe met God, en om van Hom te leer. “Enter to learn” vertaal Peterson in The Message.
Onlangse kommentaar