Beoefen vandag Lectio Divina
Vanoggend wil ek voorstel dat jy ‘n teks kies uit die vier hoofstukke van Romeine wat ons klaar gelees het en wat vir jou die meeste beteken het. Die teks wat vir my die meeste beteken het, was:
Rom 4:18: “Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte.”
Gebruik nou die Lectio Divina metode om die teks te lees wat jou die meeste getref het:
- Silencio – kom tot rus voor God en aanvaar in gebed die uitnodiging om in Sy teenwoordigheid te lewe – sit gemaklik en spandeer 3-5 minute hieraan.
- Lectio – lees die teks hardop 2 of 3 keer en fokus op die vers of selfs net ‘n gedagte wat jou daarin tref – gee ruim tyd hiervoor.
- Meditatio – oordink die praktiese impak daarvan op jou lewe
- Oratio – antwoord God in gebed daarop
- Contemplatio – geniet God se teenwoordigheid sonder om te praat – probeer om 3-5 minute net stil te wees voor die Here
- Incarnatio – wees gehoorsaam aan wat God sê – laat die teks jou deur die dag begelei.
Onlangse kommentaar