Skip to main content

Tag: Kronieke

1 Kronieke 23-24 – Dawid reël die priesterlike en Levitiese bediening

In die volgende vier hoofstukke fokus die Kronis op die wyse waarop Dawid die diens van die priesters en die Leviete gereël het.  Dit is interessant dat dit nie die hoëpriesters is wat dié funksie vervul het nie, maar die een wat God gekies het om die hele volk te lei, Dawid.  Hy doen dit wel met die hulp van Sadok (1 Kron. 24:3), maar neem die oorhoofse verantwoordelikheid.

In die eerste twee hoofstukke kom die funksies van die priesters aan die orde (hfst. 23), sowel as die drie breër Levitiese diensgroepe , waarna die twee priesterlike diensgroepe aan die orde kom, sowel as die Levitiese familiehoofde (hfst. 24).  In die laaste twee hoofstukke kom die Levitiese sangbediening (hfst. 25) sowel as die poortwagte, die toesig oor die tempelskatte en die regsfunksies aan die beurt (hfst. 26).

Continue reading

1 Kronieke 22 – Dawid berei Salomo nougeset voor vir die bou van die tempel

Dawid se visie was vir ‘n tempel wat indrukwekkend groots sal wees, ‘n roem en ‘n sieraad vir alle lande.  Maar sy seun Salomo was nog “jonk en sag”.

Daarom doen Dawid drie goed wat ook die kleiner dele vorm waaruit die hoofstuk opgebou is:

Continue reading

WEEK 3: 1 Kronieke 22-29

Die laaste deel van 1 Kronieke fokus op Dawid en sy reëlings rondom die tempeldiens van die priesters en Leviete.  Dit sluit af met die bevestiging van Salomo se koningskap met die insluiting van die opdragte om die tempel te bou.  Daar is nie parellelle gedeeltes in Samuel hieroor nie.

Ons lees dit soos volg:

  • Dag 1 – 1 Kronieke 22 – Dawid en die voorbereidings vir die tempel
  • Dag 2 – 1 Kronieke 23-24 – Dawid en die priesterlike bediening
  • Dag 3 – 1 Kronieke 25-26 – Dawid en die drie Levitiese bedieningsgroepe
  • Dag 4 – 1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens
  • Dag 5 – 1 Kronieke 28-29 – Dawid se laaste opdragte oor die tempel en Salomo se koningskap

1 Kronieke 18-21 – Die Here help Dawid net waar hy gaan

Die Kronis sit Dawid se verhaal voort in 1 Kron. 18-20 met ‘n fokus op sy oorloë.  Let op hoe wyd die gebied is wat Dawid aan homself en Israel onderhorig maak.  Trouens dit strek tot aan die Eufraat.

Let egter ook op dat agter dit alles dit die “hand” van die Here was wat Dawid se koninkryk, sy huis, uitgebrei het, presies soos die vorige hoofstuk aan hom belowe het: “Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het.”  Agter Dawid se hand in oorlog was die Here met Sy hand in die geskiedenis besig om Sy belofte aan Dawid te vervul. En dit is wat die Kronis vir sy geslag wil onderstreep, sodat hulle God sal vertrou om op dieselfde wyse in hulle tyd op te tree.

Daarna vertel hy tog een van Dawid se groot sondes met die volkstelling in 1 Kron. 21 wat ’n noodsaaklike stuk agtergrond vir die res van Dawid se verhaal rondom die voorbereidings vir die bou van die tempel is.

Continue reading

1 Kronieke 16-17 – Dawid vier die tuiskoms van die ark en ontvang omvattende seën van God

Die Kronis fokus vervolgens eerstens op die feesviering met die tuiskoms van die ark, die simbool van God se teenwoordigheid, in Jerusalem.  Hy gebruik ‘n deel van die verhaal in 2 Sam. 6 daarvoor en voeg daarby ‘n keurspel uit drie Psalms (Ps. 105:1–15; 96:1–13; 106:47–48) met die titel “Loof die Here”, wat Dawid Asaf en sy ampsgenote vir die eerste keer laat uitvoer het by die geleentheid.

Tweedens neem hy die verhaal uit 2 Sam. 7 oor wat vertel van Dawid se behoefte om ‘n huis vir die Here te bou wat lei tot die allesomvattende belofte van die Here om inteendeel Dawid se huis te bou en sy koningskap vir altyd te bevestig.

Continue reading

Onlangse kommentaar