Bybelskool oor Kronieke
Ons lees 1 en 2 Kronieke in die Bybelskool in tandem met dieselfde verhale in Samuel en Konings, sowel as ‘n paar ander verwante Skrifgedeeltes. Ek het ‘n dokument voorberei waarin die belangrikste ooreenstemmende Skrifgedeeltes langs dié van Kronieke geplaas is, sodat dit in die leeswerk met mekaar vergelyk kan word. Laai dit hier af:
Só sal julle kan sien dat Kronieke deurgaans materiaal van Samuel en Konings gebruik, aangevul met geslagsregisters uit die Pentateug, liedere uit die Psalms, en ‘n paar toesprake om die aaneenlopende verhaal van Israel van Adam af tot ná die ballingskap te beskryf.
Die fokus is in Kronieke deurgaans op ‘n waarderende blik op dié veelbewoë verhaal waardeur die volk Israel ná die ballingskap weer kon ontdek watter ryk erfenis hulle het en dat hulle daarmee ‘n nuwe pad met God in die hede kon begin loop. Hy skryf dus nie ‘n nuwe geskiedenis van Israel nie, maar verwoord die ou verhale op waarderende wyse as ‘n nuwe boodskap vir die hede.
Onlangse kommentaar