Skip to main content

Tag: Kronieke

WEEK 4: 2 Kronieke 1-9

Ons fokus dié week op die regering van Salomo soos dit in 2 Kronieke 1-9 beskryf word.  Daarna volg die verhaal van die res van die 20 konings van die suidelike ryk soos dit ontvou het na die skeuring van die ryk van Salomo, met terloopse verwysing na die konings van die noordelike ryk Israel.  Altesame was daar 24 konings van Juda oor die 500 jaar van Saul tot by Sedekia.Ek sal ter aanvang van volgende week se leeswerk ook ‘n oorsig van al die konings gee wat ’n handige sinopsis van die res van Kronieke sal gee.

Ons lees Salomo se verhaal as volg:

  • Dag 1 – 2 Kronieke 1 – Salomo se wysheid
  • Dag 2 – 2 Kronieke 2-5 – Salomo bou die tempel
  • Dag 3 – 2 Kronieke 6 – Salomo praat met die mense en met God
  • Dag 4 – 2 Kronieke 7 – Salomo wy die tempel in
  • Dag 5 – 2 Kronieke 8-9 – Salomo se nasionale en internasionale invloed

1 Kronieke 28-29 – Dawid motiveer en mentor Salomo vir sy roeping om die tempel te bou

Aan die einde van die eerste boekrol waarop 1 Kronieke geskryf is, word Dawid se laaste opdragte oor die bou van die tempel en Salomo se koningskap weergegee.  Dit is in die vorm van:

  1. Dawid se oorleg met al die gesagdraers van die hele Israel (28:1),
  2. twee toesprake aan die leiers (28:2-8; 29:1-9) en twee gesprekke met Salomo (28:9-10; 28:20-21),
  3. die voorsiening van ’n model van die tempel aan Salomo (28:11-19) en
  4. ’n lofprysing aan die Here in die teenwoordigheid van die hele vergadering van leiers (29:10-20).

Die Kronis sluit die verhaal van Dawid en die tempel af met ’n beskrywing van die volk se feesvieringe en ’n eed van getrouheid aan Salomo (29:21-25) sowel as ’n laaste oorsig oor die koningskap van Dawid (29:26-30).

Continue reading

1 Kronieke 27 – Dawid en die leiers in sy diens

Hierdie hoofstuk beskryf vier groepe leiers wat in Dawid se diens was.  Dit was die leëraanvoerders uit die familiehoofde (vers 1-15), die stamhoofde  van die verskillende stamme (vers 16-24), die opsigters oor Dawid se uitgebreide besittings (vers 25-31) en al sy raadgewers (vers 32-34).

Hulle verantwoordelikhede gee ons ’n kykie in die groei van die koninkryk van Dawid en sy finesse met die administrasie en bestuur daarvan.  Dit wys ook dat daar nie ’n waterdigte skeiding was tussen godsdiens en die staat nie.

Continue reading

Spreek in tale

Ek het ‘n navraag gekry oor die belangrikheid van die spreek in tale al dan nie.  ‘n Paar opmerkings:

Die Bybel sê almal praat nie in tale nie. 

Lees bv. die vrae van Paulus in 1 Korintiërs 12:29-30 waarop die antwoord ‘n duidelike nee is: “Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?”

Continue reading

1 Kronieke 25-26 – Dawid se reëlings vir ’n omvattende Levitiese bediening

Hierdie twee hoofstukke fokus op Dawid se reëlings in terme van die liturgiese en profetiese funksies van die drie Levitiese bedieningsgroepe (hfst. 25) en die Leviete se funksies as poortwagte, toesighouers oor die tempelskatte en handhawers van die orde en regspraak (hfst. 26).  Die Leviete het regtig ’n omvattende bediening gehad wat selfs sekere meer “sekulêre” funksies ingesluit het.

Continue reading

Onlangse kommentaar