1 Kronieke 13-15 – Dawid raadpleeg die volk en God in die proses om die ark na Jerusalem te bring
Die Kronis fokus vervolgens op Dawid en die ark. Dawid se eerste mislukte poging om die ark na Jerusalem te bring (1 Kron. 13:1-14) – waarvoor die Kronis die eerste deel van die verhaal in 2 Sam 6 gebruik – word opgevolg deur drie verhale uit 2 Sam 5, oor:
- die bouwerk aan Dawid se paleis met internasionale erkenning en hulp – 1 Kron. 14:1-2,
- die uitbreiding van sy gesin – 1 Kron. 14:3-7 – en
- die duidelike leiding van die Here in twee van sy veldslae teen die Filistyne – 1 Kron. 14:8-17.
Al drie hierdie verhale bevestig aan Dawid dat die Here dit goed bedoel met hom en vir hom op drie vlakke van sy lewe begelei, voorsien en beskerm: as koning in sy paleis, as pa in sy gesin en as gerekende leier onder die nasies.
Dít gee Dawid die moed om die ark uiteindelik suksesvol terug te bring na Jerusalem terwyl hy uitvoerige voorsorgmaatreëls tref om dit volgens die wil van die Here te doen – 1 Kron. 15 – waarvoor die Kronis die tweede deel van die verhaal in 2 Sam 6 inspan.
Onlangse kommentaar