Skip to main content

Tag: Kronieke

2 Kronieke 13 – Abia bevestig Juda se steun op die Here se leierskap

Continue reading

2 Kronieke 11-12 – Rehabeam tree met groot oorleg op, maar faal in sy primêre verhouding met God

Rehabeam se verhaal as koning van die verkleinde ryk van Juda en Benjamin word in 6 episodes vertel, waarvan net die helfte van die verhale uit 1 Kon. 12 en 14 kom.  Die res kom uit ander bronne, waarskynlik Die Verhale van die Profeet Semaja, wat ‘n groot rol in sy koningstyd speel, asook Die Verhale van die Siener Iddo, wat spesifiek oor die geslagsregisters gehandel het (2 Kron. 12:15):

Continue reading

2 Kronieke 10 – Die ryk skeur weens die domastrantheid van Rehabeam

Die Kronis neem die verhaal van 1 Kon. 12 en vertel dit met enkele uitbreidings en veranderings van sy eie.  Interessant genoeg word net een seun van Salomo in die Bybel genoem, Rehabeam.  En dit is betekenisvol dat hy die seun van Naäma was, ’n Ammoniet (1 Kon. 14:21; 1 Kron. 12:13), een van die volke uit Noordwes Arabië waarteen die Here hulle gewaarsku het (Deut.23:6 ).

Continue reading

Oorsig oor die konings waarvan die Kronis skryf

Die Kronis vertel in die res van 2 Kronieke die verhaal van die oorblywende 20 konings  van die suidelike ryk soos dit ontvou het na die skeuring van die ryk van Salomo, met terloopse verwysing na die konings van die noordelike ryk Israel.  Altesame was daar dus 24 konings wat oor ’n tydperk van 500 jaar vir Juda regeer het van ongeveer 1097 v.C. tot met die ballingskap in 586 v.C.

Continue reading

WEEK 5: 2 Kronieke 10-16

Ons lees die verhaal van die skeuring van die ryk onder Rehabeam weens sy domastrantheid teenoor die leiers en sy ontrou aan die Here asook die 2 verhale van sy seun Abia en kleinseun Asa, wat twee goeie konings was, soos Asa se seun Josafat ook was, waarvan ons volgende week gaan lees.

Onlangse kommentaar