Skip to main content

Tag: Kronieke

Leesmetode vir Kronieke

Jy kan uiteraard jou eie metode kies om Kronieke saam met my deur te lees.

’n Uitstekende manier wat ek altyd aanbeveel, is om die Bybel met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

  • Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die hoofstuk(ke) in Kronieke – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
  • Oordink die betekenis van Kronieke – kies ’n vers of woord uit die gedeelte wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed  – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
  • Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God  – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

by Chris van Wyk

Program vir leeswerk vir Kronieke

Hier is die indeling van die hoofstukke volgens die weke waarin ons dit gaan lees.  Let op dat daar geen bydraes in die week van 16-22 Mei gaan wees nie, weens Pinkster wat by ons in die gemeente Somerstrand gehou gaan word (‘n week later as wat dit op die almanak aangedui word).  Daar is daarom ook geen byeenkoms in die gemeente die 22ste Mei, sowel as op die 12de Junie, aangesien ek dan uitstedig is.
Week Kronieke Byeenkoms
11-17 April 1 Kronieke 1-9 17 April Somerstrand 18:30
18-24 April 1 Kronieke 10-21 24 April Somerstrand 18:30
25-1 Mei 1 Kronieke 22-29 2 Mei Somerstrand 18:30
2-8 Mei 2 Kronieke 1-9 8 Mei Somerstrand 18:30
9-15 Mei 2 Kronieke 10-16 15 Mei Somerstrand 18:30
16-22 Mei PINKSTER Geen byeenkoms
23-29 Mei 2 Kronieke 17-24 29 Mei Somerstrand 18:30
30 Mei – 5 Junie 2 Kronieke 25-32 5 Junie Somerstrand 18:30
6-12 Junie 2 Kronieke 33-36 Geen byeenkoms

by Chris van Wyk

Kaarte vir Kronieke

Dit kan jou baie help in jou leeswerk om met ‘n paar kaarte langs jou te lees.  Só kan jy die verspreiding van die stamme en volkere plot terwyl jy lees, sowel as die plekke en streke nagaan waarvan Kronieke praat om só ‘n globale prentjie te kry van die tydvak en konteks waarvan hy skrywe.

Ek beveel sterk aan dat jy die volgende stuk uitdruk om die geslagsregisters geografies te plaas terwyl jy die eerste 9 hoofstukke lees (dit is gratis):

Kaart van 12 stamme

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Continue reading

Geslagsregisters in Kronieke

Continue reading

Inleiding op Kronieke

1 en 2 Kronieke is eintlik een boek wat met die vertaling uit Hebreeus in Grieks in twee boekrolle verdeel is, omdat dit te lank was vir een boekrol.  Die Hebreeuse titel dibrê hayyâmîm beteken letterlik “woorde van die dae” wat vertaal kan word met “Kronieke van gebeure”.

Omdat Kronieke se taal en teologie so volledig met Esra en Nehemia ooreenkom, word gewoonlik aanvaar dat al 4 boeke deur een persoon geskryf is.  Die skrywer word daarom gewoonlik aangedui met die naam van die Kronis.  Die 4 boeke word ook meesal met die titel die Kronistiese Geskiedwerk aangedui en op die laatste in 400 v.C. gedateer onder andere weens die datering van die laaste name in die geslagsregisters en die voorkoms van ’n aantal Persiese woorde (en die afwesigheid van Griekse woorde wat op ‘n later tydvak sou kon dui).

Continue reading

Onlangse kommentaar