Skip to main content

Tag: Kronieke

Leesmetode vir Kronieke

Jy kan uiteraard jou eie metode kies om Kronieke saam met my deur te lees.

’n Uitstekende manier wat ek altyd aanbeveel, is om die Bybel met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

  • Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die hoofstuk(ke) in Kronieke – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
  • Oordink die betekenis van Kronieke – kies ’n vers of woord uit die gedeelte wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed  – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
  • Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God  – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

by Chris van Wyk

Program vir leeswerk vir Kronieke

Hier is die indeling van die hoofstukke volgens die weke waarin ons dit gaan lees.  Let op dat daar geen bydraes in die week van 16-22 Mei gaan wees nie, weens Pinkster wat by ons in die gemeente Somerstrand gehou gaan word (‘n week later as wat dit op die almanak aangedui word).  Daar is daarom ook geen byeenkoms in die gemeente die 22ste Mei, sowel as op die 12de Junie, aangesien ek dan uitstedig is.
Week Kronieke Byeenkoms
11-17 April 1 Kronieke 1-9 17 April Somerstrand 18:30
18-24 April 1 Kronieke 10-21 24 April Somerstrand 18:30
25-1 Mei 1 Kronieke 22-29 2 Mei Somerstrand 18:30
2-8 Mei 2 Kronieke 1-9 8 Mei Somerstrand 18:30
9-15 Mei 2 Kronieke 10-16 15 Mei Somerstrand 18:30
16-22 Mei PINKSTER Geen byeenkoms
23-29 Mei 2 Kronieke 17-24 29 Mei Somerstrand 18:30
30 Mei – 5 Junie 2 Kronieke 25-32 5 Junie Somerstrand 18:30
6-12 Junie 2 Kronieke 33-36 Geen byeenkoms

by Chris van Wyk

Kaarte vir Kronieke

Dit kan jou baie help in jou leeswerk om met ‘n paar kaarte langs jou te lees.  Só kan jy die verspreiding van die stamme en volkere plot terwyl jy lees, sowel as die plekke en streke nagaan waarvan Kronieke praat om só ‘n globale prentjie te kry van die tydvak en konteks waarvan hy skrywe.

Ek beveel sterk aan dat jy die volgende stuk uitdruk om die geslagsregisters geografies te plaas terwyl jy die eerste 9 hoofstukke lees (dit is gratis):

Kaart van 12 stamme

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Continue reading

Geslagsregisters in Kronieke

Continue reading

Inleiding op Kronieke

1 en 2 Kronieke is eintlik een boek wat met die vertaling uit Hebreeus in Grieks in twee boekrolle verdeel is, omdat dit te lank was vir een boekrol.  Die Hebreeuse titel dibrê hayyâmîm beteken letterlik “woorde van die dae” wat vertaal kan word met “Kronieke van gebeure”.

Omdat Kronieke se taal en teologie so volledig met Esra en Nehemia ooreenkom, word gewoonlik aanvaar dat al 4 boeke deur een persoon geskryf is.  Die skrywer word daarom gewoonlik aangedui met die naam van die Kronis.  Die 4 boeke word ook meesal met die titel die Kronistiese Geskiedwerk aangedui en op die laatste in 400 v.C. gedateer onder andere weens die datering van die laaste name in die geslagsregisters en die voorkoms van ’n aantal Persiese woorde (en die afwesigheid van Griekse woorde wat op ‘n later tydvak sou kon dui).

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda