Skip to main content

Tag: Kronieke

1 Kronieke 6-7 – Die prioriteit van geestelik-godsdienstige leiding

Hierdie twee hoofstukke beslaan die geslagsregisters van Levi (80 verse) en die res van die seuns van Jakob (40 verse).  Levi geniet dus dubbeld soveel aandag as die oorblywende 6 stamme in die beoordeling van die Kronis.

Vir die herbou van die godsdienstige lewe van die volk na die ballingskap sou die nageslag van Levi kardinaal belangrik wees.  Alle priesterlike funksies is immers deur die Here self aan dié drie stamme uit die nageslag van Levi toegeken (Num. 1 vv.).  Soos die nageslag van Juda sosiaal-polities leiding moes neem, só moes die nageslag van Levi geestelik-godsdienstig leiding neem.

Dit het drie funksies ingesluit: priesterlik (6:49), liturgies (6:31-32) en administratief (6:48) – nie ‘n te slegte model om selfs vandag na te volg in die kerk nie!

Continue reading

1 Kronieke 4:24-5:26 – Verspilde verhouding met God lei tot wegvoering

Hierdie een en ‘n half hoofstukke beslaan die volgende geslagsregisters wat fokus op die feit dat dié stamme nie in Israel voortbestaan het nie, onder andere omdat hulle nie hulle verhouding met God in ere gehou het nie:
  • Die stam Simeon – 4:24-43
  • Die stam Ruben – 5:1-10
  • Die stam Gad – 5:11-17
  • Die oorlog van God teen die Hagareërs (nakomelinge van Ismael) – 5:18-22
  • Die halwe Manassestam – 5:23-24
  • Die wegvoering van die stamme oos van die Jordaan – 5:25-26

Continue reading

1 Kronieke 2:1-4:23 – Identiteit gewortel in Juda en Dawid

Ons lees vandag twee en ‘n halwe hoofstukke:

  • Die geslagsregister van die stamvaders en die nageslag van Juda – 2:1-55.  Die interessante verhale van Genesis 36 en 38, sowel as Rut 4, vorm die agtergrond waarteen ‘n mens dié geslagsregister kan lees.
  • Die geslagsregister van die nageslag van Dawid – 3:1-24.  Die gegewens van 2 Samuel 3 en 5 lê ten grondslag van dié nageslag, hoewel dit baie meer uitgebreid vertel word.
  • Die stam van Juda – 4:1-23.  Die lys van hoofstuk 2 word uitgebrei vanuit ‘n “ou oorlewering”.

Continue reading

1 Kronieke 1 – Identiteit gewortel in Adam en Abraham

Fokus op Dawid en die Joodse volk van Juda

Onthou dat die geslagsregisters van 1 Kronieke 1-9 dien om veral die persoon en betekenis van Dawid binne die geskiedenis van die mensdom (Adam-Noag-Abraham) en die Joodse volk (Israel [Jakob]-Juda-Dawid) te plaas. Die Nuwe Testament skrywers, Matteus en Lukas, doen dieselfde met hulle beskrywing van Jesus Christus as gebore uit die nageslag van Adam (Lukas) en Abraham en Dawid (Matteus).

Continue reading

WEEK 1: 1 Kronieke 1-9

Hier is ’n oorsig van die eerste 9 hoofstukke, die geslagsregisters wat die teruggekeerde ballinge verbind aan Adam en Noag, Abraham en die volk van God.  Dit sal jou help om die breë prentjie van die lang geskiedenis wat hiermee beskryf word, in gedagte te hou:

Continue reading

Onlangse kommentaar