Tag: Kronieke
Die volgende vier hoofstukke handel oor die verhaal van Josafat, die seun van Asa, wat “sy voorvader Dawid se vroeëre lewe” nagevolg het. Ons lees vandag hoofstukke 17-18. Dit trek twee groot perspektiewe oor sy lewe:
WEEK 6: 2 Kronieke 17-24
Ons lees die verhale van 5 verdere konings van Juda: Josafat, Joram, Ahasia en Joas, met Atalia wat geskiedenis maak deur as koninginmoeder Juda vir 6 jaar te regeer.
Ons lees dit soos volg:
2 Kronieke 16 – Asa ignoreer die Here se hulp vir dié wat Hom vertrou en sterf aan siekte
In hierdie hoofstuk werk die Kronis met 3 episodes van Asa se lewe waarvan ons 2 ook in 1 Konings 15 vind, wel met beduidende verskille.
2 Kronieke 14-15 – Asa doen wat reg is in die oë van die Here
Die Kronis gee ’n baie meer uitgebreide weergawe van die regering van Asa as die skrywer van Konings. Uit die 6 episodes uit sy lewe in 2 Kronieke 14-16 het net 2 raakpunte met dié van Konings 15 en die Kronis vertel dié verhale met meer detail.

Onlangse kommentaar