Skip to main content

Tag: Behoeftes

Hooglied 5:2-8 – Verskillende behoeftes bring maklik verwydering

Na die vervulling van die seksuele liefde in die vorige hoofstuk, tref hierdie gedig ‘n mens ‘n bietjie met ‘n skok.  Seks kan deur ‘n liefdesmaat as vanselfsprekend aanvaar word of ter wille van eie bevrediging gebruik word, en kan misverstand en verwydering bring.  Seks kan ook deur ‘n liefdesmaat geweier word of weens verskillende behoeftes onvervuld bly, en dit kan eweneens misverstand en verwydering bring.

Maar, dit is juis die trefkrag van Hooglied, dat dit nie net die hoogtepunte van die seksuele liefde besing nie, maar ook van die teleurstellings en verwyderings vertel, selfs die ongelykheid wat daar in die proses van seksuele vervulling kan ontstaan.

En dit is die essensie van die wysheid, en waarom dié boek in die Bybel ingesluit is – dat die liefde in al sy dimensies beskrywe word, om te dien as motivering vir ‘n interafhanklike wedersydse ontvanklikheid vir en ontwikkeling van die seksuele liefdesverhouding tussen die man en vrou.  Liefhê is ‘n kuns wat nie net op ‘n onderlinge aantrekkingskrag gebaseer kan word nie, maar ook op ‘n emosionele volwasse ontwikkeling van die verhouding in terme van albei partye se behoeftes en begeertes.

Continue reading

Onlangse kommentaar