Thabiti Anyabwile | Gospel Freedom, Gospel Fruit | Galatians 5
Thabiti Anyabwile het by die onlangse internasionale konferensie “Geen Ander Evangelie” die volgende praatjie gelewer oor Gospel Freedom, Gospel Fruit. Dit handel oor Galasiërs 5. Jy kan dit hier luister. Ek gee ‘n kort opsomming daarvan.
Paulus begin om prakties te raak en die toepassing van sy uitleg van die evangelie uit te spel.
Moenie deur die wet gevang word om bv. die besnydenis as ‘n praktiese geestelike dissipline na te volg nie, want dan sal jy van die genade van die Here afvallig raak. Self net een klein dingetjie soos die besnydenis kan jou terugplaas in ‘n mindset om jouself te regverdig voor God. En dit sal die gemeenskap van gelowiges van die pad af trek, want ‘n klein bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
Let op dat Paulus die leiers sterker aanvat as die volgelinge, en dat hy die punt sterk maak dat hy eerder die pad van die kruis volg as wat hy ‘n valse evangelie sal verkondig sodat hy vervolging kan vermy.
Maar, hy waarsku hulle ook dat ‘n valse evangelie altyd verdeling bring en mense in kampe jaag waar hulle eerder mekaar aanvat as die sonde wat hulle ewige bestemming in gedrang bring.
Die oplossing vir die valse lering oor die wet is om in die Christelike vryheid vas te staan. Vryheid triomfeer oor legalisme.
- Omhels die vryheid wat Christus vir jou gebring het van die wet sowel as van die sonde. Ons moet ons vryheid geniet.
- Ons is vry van die vloek van die wet.
- Ons is vry van die skuld van Adam.
- Ons is vry van veroordeling.
- Ons is vry van die skuld, die mag en die slawerny van sonde.
- Ons is vry van die mag van Satan.
- Ons is vry om God se erfenis in besit te neem.
- Beskerm jou vryheid. Moenie weer aan die wet gehoorsaam word nie, ook nie aan die sonde nie. Vryheid moet nooit ‘n aanleiding wees vir die begeertes van jou sondige self nie, maar jou aanmoedig om in die liefde te leef soos die Gees jou lei.
- Ontgin (express) jou vryheid. Dit sluit die verwagting en hoop op God se werk in jou lewe in, maar ook die aanmoediging om jou vryheid in dade van geloof in liefde uit te druk. Ons is vry om lief te hê.
- Gebruik jou vryheid. Jou vryheid is nie gemik op jou eie behoeftes en begeertes nie. Jou vryheid is gemik op diens aan medegelowiges onder leiding van die Heilige Gees. Moenie in sonde val nie, maar dien mekaar in liefde. Ons is geroep tot vryheid en moet dié kosbare roeping uitleef! Vryheid is nie rebellie teen God se wil nie. Die interessante is dat jy dan sal uitvind dat jy die wet nakom, nie in die spesifieke detail van die rituele daarvan nie, maar in die intensie daarvan, om God lief te hê en ander soos jouself.
- Ontwikkel (expand) jou vryheid. Laat die Gees jou lei dat jy nie swig voor die begeertes en versoekings van die vlees nie en jy die vrug van die Gees kan dra. Die wat aan Christus behoort het immers hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig! Daarvan moet ons vlug van seksuele, godsdienstige en sosiale kategorieë van begeertes van die vlees soos Paulus dit in vyftien aspekte uitspel, en dan ook nog byvoeg: “en dergelike dinge”. Ons kan nie bekostig om die vlees, die dier in ons, te voed nie. Ons kan die mag daarvan net ontvlug as ons vasstaan in die vryheid waartoe Christus ons geroep het deur te fokus op die Gees, om op die akker van die Gees te saai, soos hfst. 6 gaan sê.
Aan wie se kant veg jy in die lewe? Aan die kant van die Gees wat jou in die vryheid wil laat vasstaan en sy vrug in jou lewe wil dra? Of aan die kant van jou sondige natuur wat jou sal laat vasval in seksuele, godsdienstige en sosiale sondige begeertes.
As jy sukkel om vas te staan in jou stryd teen die sonde, sal ‘n navolging van die wet jou nie help nie, net die vlug na die vryheid wat Christus jou gee met die vergifnis bewerk vir jou aan die kruis. En om dan die Gees toe te laat om jou lewe skoon te maak en vas te laat staan in die vryheid van sonde.
View all posts in this series
- Aan die Galasiërs
- Die hart van die Christelike geloof
- Vryspraak, verbondsgemeenskap en vryheid
- Lees, Luister, Leef
- Paulus en sy briewe
- Leesplan
- Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef
- Galasiërs 3:1-4:20 – VRYSPRAAK: dié wat glo, is kinders van Abraham
- Galasiërs 4:21-5:12 – VERBONDSGEMEENSKAP: geloof wat deur dade tot liefde oorgaan
- Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges
- Die wet in die 3 Formuliere van Eenheid
- Thabiti Anyabwile | Gospel Freedom, Gospel Fruit | Galatians 5
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Heinrich, die term apokaliptiek is afgelei van ‘n Griekse woord wat “openbaring” beteken. Dit verwys na literatuur wat geskryf is oor die toekomstige oordeel aan die einde van die tyd. Dit word gekenmerk deur simboliek en hemelse agente wat optree. Apokaliptiese geskrifte verwag dat God die ou onvolmaakte orde sal vernietig en die wêreld na sy oorspronkilke paradys-agtige toestand sal herstel. Dit is Bybelse boeke soos Daniël (hfst 7-12) en Openbaring, asook Bybelgedeeltes soos Jesaja 24-27 en Matteus 24-25.
Heinrich Du Preez
| #
Hi
Ek wil graag weet wat beteken apokapliptiese boeke
Chris van Wyk
| #
Hi Kobie,
Jesus leer dat oud en nuut uit die Skrif belangrik is in die koninkryk van die hemele
Matteus is die enigste wat hierdie gelykenis van Jesus vertel (Matt 13:51-52).
Nuwe en ou skatte
51 “Verstaan julle al hierdie dinge?” “Ja,” het hulle geantwoord. 52 En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat ‘n leerling in die koninkryk van die hemele geword het, soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.” (Bybel 2020-vertaling).
Daarom rond Jesus ‘n gesprek af wat Hy oor sy geestelike familie gehad het (“Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” – Matt 12:50). Hy het in die loop van die gesprek sewe gelykenisse oor die koninkryk van die hemele vertel, die gelykenisse van die saaier, onkruid, mosterdsaad, suurdeeg, verborge skat, pêrel en treknet.
Jesus het hierdie gelykenisse vertel, sodat dié wat ore het om te hoor, kan hoor (Matt 13:9-17). Die ongemaklike waarheid was dat daar talle Jode was wat juis nie wou hoor nie, en daarom was die gelykenisse vir hulle onverstaanbaar. Die gelykenisse was net verstaanbaar vir dié wat ore gekry het van sy Vader om te hoor (Matt 13:11), dié wat bereid was om te doen wat God vra (Matt 12:50).
Jesus vra dan die disspels of hulle regtig verstaan wat Hy deur die gelykenisse geleer het. Hy moet seker maak dat hulle verstaan voor Hy verder die evangelie met hulle deel.
Op hulle positiewe antwoord vertel Jesus dan ‘n verdere gelykenis, die gelykenis van die huiseienaar en sy voorraadkamer, om hulle te bevestig in hulle verstaan van die evangelie. Hulle is soos ‘n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy voorraadkamer haal.
Dit is trouens ‘n beskrywing van wat met elke skrifkenner gebeur wat tot insig kom. Wanneer hy of sy deel word van Jesus se familie, omdat hulle bereid is om die wil van God te doen, word hulle leerlinge in die koninkryk van die hemele. En kry hulle die voorreg om kreatief te werk met beide die nuwe – Jesus se lering – en die oue – die Skrif van die OT. Saam vorm dit die Woord van God.
Boodskap en betekenis
Hierdie gelykenis is ‘n absoluut fundamentele uitspraak oor die relevansie van beide die Skrif – die Ou Testament – en die boodskap van Jesus – die uiteindelike Nuwe Testament. Elkeen wat ‘n leerling word in die koninkryk van die hemele sal nuut kyk na die openbaring van God, sê Jesus.
Aan die een kant sal hulle ‘n nuwe perspektief op die waarde van die oue kry – die OT. Aan die ander kant sal hulle insig kry in die waarde van die nuwe – die NT. Trouens, deur die bril van die openbaring van Jesus – die NT – sal hulle juis die oue nuut kan waardeer – die OT.
Charles Quarles gebruik hierdie gelykenis van Jesus as die invalshoek van sy teologie van Matteus – A Theology of Matthew: Jesus Revealed as Deliverer, King, and Incarnate Creator. Hy sê dat daar ‘n goeie saak uit te maak is daarvoor dat Matteus die gelykenis ook outobiografies verstaan het. Dit is nie net waar van elke skrifkenner nie, maar ook van Matteus wat ‘n kenner van die OT was.
Daarvan getuig die talle aanhalings wat hy uit die OT maak. Onder andere is daar 19 profesieë uit die OT wat Matteus op Jesus van toepassing maak as getuienis dat dit in Hom vervul is.
Vir jou verstaan van die oue en die nuwe en die blywende waarde van albei sal dit die moeite werd wees om die verwysings in hierdie lys na te gaan en te oordink.
Matteus stel Jesus aan ons voor as die vervulling van die volgende OT profesieë:
1. Matteus 1:22-23 sê Jesaja 7:14 is vervul in Jesus dat die Messias uit ‘n maagd gebore sou word.
2. Matteus 2:6 sê Miga 5:2 is vervul in Jesus dat die Messias in Bethlehem gebore sal word.
3. Matteus 2:15 sê Hosea 11:1 is vervul in Jesus dat die Messias uit Egipte geroep sal word.
4. Matteus 2:18 sê Jeremia 31:15 is vervul in Jesus dat ‘n kindermoord in sy tyd sou plaasvind.
5. Matteus 3:3 sê Jesaja 40:3 is vervul in Jesus dat ‘n profeet in die woestyn die koms van die Here sou voorberei.
6. Matteus 4:14-16 sê Jesaja 9:1-2 is vervul in Jesus dat die Messias na die nasies van Galilea sou kom.
7. Matteus 8:17 sê Jesaja 53: 4 is vervul in Jesus dat die Messias ons siektes en swakhede sou dra as ‘n offerlam.
8. Matteus 10: 35-36 sê Miga 7:6 is vervul in Jesus dat die Messias familielede teen mekaar sou draai.
9. Matteus 11: 5 en 15:31 sê Jesaja 26:19; 29:18; 35:5; 42:18; en 61:1 is vervul in Jesus dat die Messias blindes sal laat sien, lammes sal laat loop, die dowes laat hoor, dooies sal opwek en die evangelie aan die armes sal verkondig.
10. Matteus 11:10 sê Eksodus 23:20 en Maleagi 3:1 is vervul in Jesus dat ‘n boodskapper die koms van die Messias sou voorafgaan.
11. Matteus 12:18-21 sê Jesaja 42:1-4 is vervul in Jesus dat die Messias nie luid of pretensieus sou wees nie.
12. Matteus 13:14-15 sê Jesaja 6: 9-10 is vervul in Jesus dat die Messias se leer misverstaan sou word.
13. Matteus 13:35 sê Psalm 78:2 is vervul in Jesus dat die Messias met gelykenisse die mense sal leer.
14. Matteus 15: 8-9 sê Jesaja 29:13 is vervul in Jesus dat God se volk teen hom sou rebelleer en valse dinge oor Hom sal versprei.
15. Matteus 17: 10-13 sê Maleagi 4:5 is vervul in Jesus dat die koms van die Messias voorafgegaan sal word deur die koms van ‘n Elia-figuur.
16. Matteus 21:5 sê Jesaja 62:11 en Sagaria 9: 9 is vervul in Jesus wat die Messias se oorwinning in Jerusalem voorspel.
17. Matteus 26:31 sê Sagaria 13:7 is vervul in Jesus dat die Messias se dissipels hom sou verlaat.
18. Matteus 27: 9 sê Sagaria 11:13 is vervul in Jesus dat die Messias vir dertig silwerstukke verraai sou word.
19. Matteus 27:35,43,46 sê Psalm 22:1-2, 6-8,18 is vervul in Jesus dat mense vir die Messias se klere sou loot en Hom bespot en dat die Vader hom sou verlaat tydens sy lyding vir die kwaad.
Chris van Wyk
| #
Hi Pieter (ek sal nog antwoord oor die doop – net vasgedraai), ek gaan daaroor skryf in my Prontuit die Waarheid reeks vanaf die begin van Julie af.
Pieter
| #
Middag Chris
Jy het nie ‘n skrywe oor Lent wat meer die laaste 40 dae van Jesus na die kruis verduidelik.
Groete
Pieter
Kobie Marais
| #
Verduidelik asb vir my Matteus 13vers 52
Chris van Wyk
| #
Dankie, Jan. Eintlik verstommend hoe diep die Noag-verhaal ingebed is in die hele Bybel. Dit het selfs ‘n invloed op die “sinode”-sitting in Jerusalem (Hand 15) gehad en op ons siening van die doop (1 Pet 3). Noag is nie ‘n liggewig nie. Ons ignoreer hom tot ons skade.
Jan Louw
| #
Baie waardevol. Dankie Chris
Chris van Wyk
| #
Hi Denver, jy kan dit kry by https://bybelskool.com/matteus/
Denver
| #
Ek soek graag meer inligting oor Matteus