Skip to main content

Thabiti Anyabwile | Gospel Freedom, Gospel Fruit | Galatians 5

Thabiti Anyabwile het by die onlangse internasionale konferensie “Geen Ander Evangelie” die volgende praatjie gelewer oor  Gospel Freedom, Gospel Fruit.  Dit handel oor Galasiërs 5.   Jy kan dit hier luister.  Ek gee ‘n kort opsomming daarvan.

Paulus begin om prakties te raak en die toepassing van sy uitleg van die evangelie uit te spel.

Moenie deur die wet gevang word om bv. die besnydenis as ‘n praktiese geestelike dissipline na te volg nie, want dan sal jy van die genade van die Here afvallig raak.  Self net een klein dingetjie soos die besnydenis kan jou terugplaas in ‘n mindset om jouself te regverdig voor God.  En dit sal die gemeenskap van gelowiges van die pad af trek, want ‘n klein bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.

Let op dat Paulus die leiers sterker aanvat as die volgelinge, en dat hy die punt sterk maak dat hy eerder die pad van die kruis volg as wat hy ‘n valse evangelie sal verkondig sodat hy vervolging kan vermy.

Maar, hy waarsku hulle ook dat ‘n valse evangelie altyd verdeling bring en mense in kampe jaag waar hulle eerder mekaar aanvat as die sonde wat hulle ewige bestemming in gedrang bring.

Die oplossing vir die valse lering oor die wet is om in die Christelike vryheid vas te staan.  Vryheid triomfeer oor legalisme.

  1. Omhels die vryheid wat Christus vir jou gebring het van die wet sowel as van die sonde. Ons moet ons vryheid geniet.
  • Ons is vry van die vloek van die wet.
  • Ons is vry van die skuld van Adam.
  • Ons is vry van veroordeling.
  • Ons is vry van die skuld, die mag en die slawerny van sonde.
  • Ons is vry van die mag van Satan.
  • Ons is vry om God se erfenis in besit te neem.
  1. Beskerm jou vryheid. Moenie weer aan die wet gehoorsaam word nie, ook nie aan die sonde nie.  Vryheid moet nooit ‘n aanleiding wees vir die begeertes van jou sondige self nie, maar jou aanmoedig om in die liefde te leef soos die Gees jou lei.
  2. Ontgin (express) jou vryheid. Dit sluit die verwagting en hoop op God se werk in jou lewe in, maar ook die aanmoediging om jou vryheid in dade van geloof in liefde uit te druk.  Ons is vry om lief te hê.
  3. Gebruik jou vryheid. Jou vryheid is nie gemik op jou eie behoeftes en begeertes nie.  Jou vryheid is gemik op diens aan medegelowiges onder leiding van die Heilige Gees.  Moenie in sonde val nie, maar dien mekaar in liefde.  Ons is geroep tot vryheid en moet dié kosbare roeping uitleef!  Vryheid is nie rebellie teen God se wil nie.  Die interessante is dat jy dan sal uitvind dat jy die wet nakom, nie in die spesifieke detail van die rituele daarvan nie, maar in die intensie daarvan, om God lief te hê en ander soos jouself.
  4. Ontwikkel (expand) jou vryheid. Laat die Gees jou lei dat jy nie swig voor die begeertes en versoekings van die vlees nie en jy die vrug van die Gees kan dra. Die wat aan Christus behoort het immers hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig!  Daarvan moet ons vlug van seksuele, godsdienstige en sosiale kategorieë van begeertes van die vlees soos Paulus dit in vyftien aspekte uitspel, en dan ook nog byvoeg: “en dergelike dinge”.  Ons kan nie bekostig om die vlees, die dier in ons, te voed nie.  Ons kan die mag daarvan net ontvlug as ons vasstaan in die vryheid waartoe Christus ons geroep het deur te fokus op die Gees, om op die akker van die Gees te saai, soos hfst. 6 gaan sê.

Aan wie se kant veg jy in die lewe?  Aan die kant van die Gees wat jou in die vryheid wil laat vasstaan en sy vrug in jou lewe wil dra?  Of aan die kant van jou sondige natuur wat jou sal laat vasval in seksuele, godsdienstige en sosiale sondige begeertes.

As jy sukkel om vas te staan in jou stryd teen die sonde, sal ‘n navolging van die wet jou nie help nie, net die vlug na die vryheid wat Christus jou gee met die vergifnis bewerk vir jou aan die kruis.  En om dan die Gees toe te laat om jou lewe skoon te maak en vas te laat staan in die vryheid van sonde.


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…